JESAJA 52:13-53:12

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
JESAJA 52:13-53:12
52:13 “Kyk, my dienskneg
sal suksesvol wees,
hy sal uitstyg, uittroon,
en baie verhewe wees.
14 Soos baie ontsteld was oor hom
– so onmenslik misvormd
was sy voorkoms,
sy gestalte nie meer
dié van ‘n mens nie –
15 net so sal hy baie nasies verbyster;
konings sal oor hom swyg.
Ja, hulle aan wie niks vertel is nie, sien;
en wie nie gehoor het nie, begryp.”
53:1 Wie het geglo wat ons gehoor het?
En die arm van die Here,
aan wie is dit geopenbaar?
2 Hy het soos ‘n jong loot
voor Hom opgegroei,
soos ‘n wortelstok uit droë grond.
Hy het nie ‘n gestalte gehad,
geen glans,
dat ons na hom sou kyk nie,
nie ‘n goeie voorkoms,
dat ons hom sou begeer nie.
3 Hy is verag, deur mense verlaat,
‘n mens van smarte,
bekend met siekte,
soos iemand vir wie ‘n mens
jou gesig verberg.
Hy is verag,
en ons het hom nie geag nie.
4 Nogtans, ons siektes,
hy het dit gedra,
en ons smarte,
hy het dit op hom gelaai.
Maar ons het hom beskou
as iemand wat gekasty word,
geslaan deur God, en verneder.
5 Hy is egter deurboor
oor ons oortredings,
verbrysel oor ons sondeskuld.
Die straf wat ons vrede bewerk,
was op hom,
en deur sy wonde is daar
vir ons genesing.
6 Ons almal het soos kleinvee gedwaal,
elkeen van ons het sy eie koers ingeslaan;
maar die Here het ons almal
se sondeskuld op hom laat neerkom.
7 Hy is mishandel,
maar hy het hom daaraan onderwerp
en nie sy mond oopgemaak nie –
soos ‘n skaap wat ter slagting gebring word,
soos ‘n ooi wat voor haar skeerders stom is.
Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
8 Ná onderdrukking en ‘n vonnis
is hy weggeneem;
en sy lot, wie dink daaroor na?
Ja, hy is afgesny van die land van die lewendes;
vanweë die oortreding van sy volk
het die slae hom getref.
9 Hulle het vir hom sy graf
by goddeloses gegee,
en by ‘n ryke was hy in sy dood,
alhoewel hy nie geweld gepleeg het,
en bedrog nie in sy mond was nie.
10 Maar die Here het verkies
om hom te verbrysel;
Hy het hom siek gemaak.
As sy lewe dien as ‘n skuldoffer,
sal hy ‘n nageslag sien en lank leef.
Wat die Here wil hê,
sal deur sy hand suksesvol wees.
11 Ná die swaarkry wat hy beleef het,
sal hy sien;
hy sal versadig wees aan sy kennis.
“My dienskneg sal hom
as ‘n regverdige betoon aan baie,
en hulle sondeskuld –
hy sal dit op hom laai.
12 Daarom sal Ek aan hom
‘n deel gee onder baie;
en met magtiges sal hy buit verdeel,
omdat hy sy lewe
blootgestel het aan die dood,
en by oortreders gereken is.
Hy het egter die sonde
van baie gedra;
vir oortreders het hy ingetree. (2020-vertaling).
Teks en konteks
Ons maak baie moeilik vrede met lyding. Veral ons eie lyding of die lyding van mense na aan ons. Tog is daar iets fassinerend in die lyding van ‘n besondere mens of ‘n leier. En ons weet uit die geskiedenis dat daar ongelooflike krag sit in die lyding van iemand wat nie vir die opoffering van die lyding terugdeins nie, en selfs bereid is om sy of haar lewe vir ‘n saak op te offer, ten spyte van die koste daarvan. Sulke verhale van vasberadenheid onder lyding het die potensiaal om mense tot groter hoogtes te inspireer as wat verhale van voorspoed en suksesse het. Dink aan verhale uit die vorige eeu: Ghandi, moeder Theresa, Mandela. Hulle het met groot persoonlike opoffering hulle aan hulle lewenstaak gewy. En baie mense is daardeur geïnspireer.
En dit is die krag van hierdie verhaal van die lydende dienaar van die Here. Tog is dit juis iets wat volgens Jesaja vir baie mense verborge sal wees, dat hulle die hand van die Here nie daarin sal raaksien nie. Baie mense sal ontsteld wees oor sy voorkoms en konings sal sprakeloos wees oor hom, omdat hulle sy rol nie sal kan kleinkry nie. Terloops, Jesaja 52:13 se “verhewe wees” kan ook vertaal word met “wys wees” wat beter in die konteks inpas.
Maar dit is juis in hierdie onaansienlike, veragte en verstote mens wat God sy krag ten toon sal stel, die transformasie van lyding, siektes, oortredings en sondes. Deur Hom sal God vrede vir ons bring en ons van ons eie pad bekeer na Sy pad toe.
Wat spesifiek besonders van hierdie dienaar is, is dat hy die hoogste prys betaal – “afgesny uit die land van die lewendes … graf gekry by goddeloses” – (Jes 53:8-10a) EN daarna nog lank sal lewe (Jes 53:10b-11).
Op ‘n verskuilde manier voorspel dit die opstanding uit die dood van hierdie dienaar van die Here. En God aanvaar sy skuldoffer (Jes 53:10 – vgl Lev 5:14-6:7 waar die offer selfs vir onopsetlike sondes voorgeskryf word) as ‘n losprys vir baie.
Let ook op dat die dienaar in stille vertroue sy lyding tegemoet stap (Jes 53:7) terwyl hy vir oortreders bid (Jes 53:12). Dit laat ‘n mens onmiddellik dink aan Jesaja 30 waar stil wees, vertroue en gebed die gelowige respons op groot uitdagings is.
Geen wonder dat die Here hierdie offer so hoog aanslaan, trouens aan Hom die ereplek gee onder die grotes en magtiges (Jes 53:12). Want die geduld in lyding dra groot vrug.
Boodskap en betekenis
Die Nuwe Testament maak daarom hierdie woorde van Jesaja op vele plekke van toepassing op Jesus, omdat die skrywers in sy lewe die vervulling van hierdie gedeelte gesien het: Jes 53:1 in Joh 12:38; Jes 53:4 in Matt 8:17; Jes 53:7-8 in Hand 8:32-33; Jes 53:9 in 1 Pet 2:22. Inderdaad, Jesus self het ‘n vers hieruit op Homself van toepassing gemaak aan die kruis: Jes 53:12 in Luk 22:37.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021