Skip to main content

1 SAMUEL 2:1-10

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

1 SAMUEL 2:1-10

HANNA SE GEBED

21Hanna het gebid en gesê:

“My hart juig in die Here,

ek is sterk in die Here.

Ek maak my mond wyd oop

teenoor my vyande,

want ek verheug my in u verlossing.

2“Niemand is heilig soos die Here nie,

ja, daar is niemand buiten U nie;

daar is geen rots soos ons God nie.

3Julle moet nie verwaand bly praat nie,

nie vermetele woorde

oor julle lippe laat kom nie;

want ‘n God van kennis is die Here;

deur Hom word dade geweeg.

4“Die boë van helde is verpletter, 

maar dié wat struikel,

omgord hulleself met krag.

5Hulle wat versadig was,

verhuur hulleself vir brood,

maar hulle wat honger was,

het oorvloed.

Selfs die onvrugbare

gee geboorte aan sewe,

maar die vrou met baie seuns

kwyn weg.

6“Die Here maak dood

en Hy maak lewend;

Hy laat na die •doderyk afdaal

en Hy laat daaruit opkom.

7Die Here maak arm

en Hy maak ryk;

Hy verneder,

ook verhoog Hy.

8Hy laat armes uit die stof opstaan,

van die ashoop af

hef Hy behoeftiges op

om hulle by vooraanstaandes te laat sit

en ‘n ereplek hulle erfdeel te maak.

Ja, aan die Here behoort die fondamente

van die aarde,

Hy het die wêreld daarop geplaas.

9“Die voete van sy troue volgelinge

beskerm Hy,

maar goddeloses –

in duisternis word hulle vernietig.

“Ja, dit is nie deur krag

dat iemand seëvier nie.

10Die Here –

wie teen Hom te staan kom,

word verpletter;

oor hulle laat Hy dit dreun

uit die hemel.

Die Here spreek reg tot by

die uithoeke van die aarde.

Hy gee krag aan sy koning,

Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”

11Daarna het Elkana na Rama gegaan, na sy huis toe. Die seuntjie was egter in diens van die Here onder toesig van Eli, die priester. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Hanna se blydskap in hoofstuk 2 oor die uitkoms wat die Here gee, laat haar God beskryf as die een wat die normale orde omkeer, van wie belangrik is en wie nie. Sy verbly haar ook meer in die Here as in die uitkoms self.

Let op die motiewe in haar lied van:

  1. God wat die mindere seën en
  2. dat dit God is wat krag aan die koning skenk.

Sy sê ook: “Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad.” (1 Sam 2:9). Dit is ‘n groot troos en aanmoediging om te volhard op die pad wat die Here met jou loop – en om dit met Hom te loop, en nie volgens jou eie goeddunke nie.

Boodskap en betekenis

Die res van die verhaal in hoofstuk twee bewys eintlik die vorige punt, want Eli se seuns bewys met hulle dade dat hulle nie God se troue dienaars is nie. Maar hulle het nie met die Here rekening gehou nie soos die verhaal ontvou.

Dit is egter tragies hoe die verkeerde optrede van die priesters die mense hulle agting vir die offer aan die Here laat verloor het. En die oordeel wat God oor Eli en sy huis bring, is ‘n les vir enigeen wat ooit in hierdie besondere diens aan die Here staan.

Jy kan in die NT die loflied van Maria gaan lees, want Hanna se lied eggo in Maria s’n, soms selfs woordeliks (Luk 1:46 vv).

Let op hoe Samuel van die begin af ’n linneskouerkleed (efod) dra wat sy priesterlike status aandui, selfs al is hy nog baie jonk (1 Sam 2:18 – vgl 22:18 waar dit direk met die priesters verbind word). Hy tree natuurlik ook as profeet op. Hanna word nog verder geseën met 3 seuns en 2 dogters.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…