Skip to main content

PSALM 9:8-21

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 9:8-21

Ek plaas die hele Psalm (eintlik moet ‘n mens Psalm 10 saamlees. Ek sê iets daaroor in die opmerkings).

1 Vir die musiekleier. Op “Dood van die seun”. ‘n Psalm. Van Dawid. 

א ALEF

2 Ek wil die Here prys met my hele hart; 

ek wil van al u wonderdade vertel. 

3 Ek wil bly wees en my in U verheug; 

ek wil u Naam besing, Allerhoogste. 

ב BET

4 Wanneer my vyande terugdeins, 

struikel hulle en kom hulle om vanweë u teenwoordigheid, 

5 want U het my reg in my regsaak gehandhaaf. 

U het op die troon gesit as ‘n regverdige regter. 

ג GIMEL

6 U het die nasies tereggewys, die goddeloses vernietig; 

hulle naam het U vir altyd en ewig uitgewis. 

ה HE

7 Die vyand – hulle is tot niet, puinhope vir goed. 

Die stede het U ontwortel. Die herinneringe aan hulle, dit het verdwyn. 

ו WAW

8 Die Here regeer vir ewig; Hy vestig sy troon vir die regspraak. 

9 Hý oordeel die wêreld in geregtigheid ; oor die nasies spreek Hy reg met billikheid. 

10 Die Here sal ‘n toevlugsoord wees vir die onderdrukte, ‘n toevlugsoord in tye van nood. 

11 Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, Here.

ז ZAJIN

12 Besing die Here wat in Sion regeer; maak sy dade onder die volke bekend. 

13 Want Hy wat bloedvergieting vergeld, dink aan die magteloses; Hy vergeet nie hulle hulpgeroep nie. 

ח GET

14 Wees my genadig, Here, kyk hoe my haters my verdruk – 

U wat my kan wegruk uit die poorte van die dood – 

15 sodat ek van al u lofwaardige dade kan vertel in die poorte van die dogter van Sion.

Ek wil juig oor die verlossing wat U bring. 

ט TET

16 Nasies het weggesink in die vangkuil wat hulle gemaak het; 

in daardie vangnet wat hulle gespan het, is hulle voete gevang. 

17 Die Here het Homself bekend gemaak: Hy laat reg geskied; 

goddeloses raak in hulle eie handewerk verstrik. Higgajon (musiekterm) Sela

י JOD

18 Goddeloses draai om na die doderyk , al die nasies wat God vergeet. 

כ KAF

19 Maar die behoeftiges sal nie vir altyd vergeet word nie; 

die magteloses se hoop is nie vir altyd verlore nie. 

20 Staan op, Here, mense moet nie die oorhand kry nie; laat nasies voor U teregstaan. 

21 Vervul hulle met vrees, Here; die nasies moet besef dat hulle net mense is. Sela (2020-vertaling).

Teks en konteks

Psalm 9 en 10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm omdat elke versreël van die gekombineerde twee Psalms min of meer met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Sommige letters is egter uitgelaat. Psalm 10 het ook nie ’n opskrif nie, wat ongewoon in die eerste Psalmboek is.

’n Mens noem só ’n Psalm akrosties, soos dit bv in Psalm 119 die geval is. Psalm 9 het die elf van die letters ALEF tot KAF en Psalm 10 sewe van die letters LAMED tot TAW.

Die opskrif is moeilik vertaalbaar, maar dit is waarskynlik ‘n verwysing na ‘n wysie of musiekstyl. Die Hebreeuse frase “op dood van die seun” (dws volgens ‘n bekende wysie van daardie tyd – waarskynlik word Absalom bedoel) kan ook verstaan word as “op jong vroue-stemme ” (soprane) soos dit die geval is in Psalm 46:1 en 1 Kronieke 15:20 (NAV vertaal daar met “hoë toon”).

Ek gee telkens ’n opsomming van die inhoud volgens die voorgestelde akrostiese struktuur, en opgedeel in die temas met onderafdelings.

1. God is regverdig en wreek die dood van onskuldiges

  • Psalm 9:2-3 – Met my hele hart wil ek U prys.
  • Psalm 9:4-5 – U laat reg aan my geskied.
  • Psalm 9:6-7 – Niemand dink eers meer aan die vyand nie.
  • Psalm 9:8-9 – God lewer regverdige uitsprake oor die nasies.
  • Psalm 9:10-11 – Die Here is ’n toevlug in gevaar vir dié wat Hom vertrou.
  • Psalm 9:12-13 – God wreek die dood van die onskuldiges.

2. Wees my weer genadig en gryp tog in

  • Psalm 9:14-15 – Wees my genadig en red my weer van die dood
  • Psalm 9:16-17 – God laat reg geskied deur die skuldiges met hulle eie handewerk te vang.
  • Psalm 9:18 – Die dood is jou voorland as jy aan God nie dink nie.
  • Psalm 9:19-21 – Gryp tog in, Here, dat mense U kan erken.

Boodskap en betekenis

Die Psalm nooi jou uit om dit soos volg te gebruik:

  1. Dink na oor dinge wat vir jou reg uitgewerk het weens God se ingrype in jou lewe en loof Hom daarvoor.
  2. Bid vir God se genade vir jou in moeilike omstandighede. “Be kind to me, GOD; I’ve been kicked around long enough.” (The Message – vers 13).
  3. Bid dat God sal ingryp in die dwaashede van die nasies en hulle tot erkenning van Hom sal bring.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlDankie! Waardeer.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlDankie Chris, jou uiteensetting is baie goed en help om die tye waarin ons leef beter te hanteer. Volharding en gebed.
  • Chris van Wyk on DaniëlEk is bly die pennie het vir jou gedrop. Dit is só 'n kosbare boek.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlChris, dankie vir jou studie leiding. Ek het, of die Here se redding vir my het gekom in Mei 1973. Baie geleer uit die Heilige Skrif, maar Daniël vermy, behalwe die maklike begin dele. Vir die eerste keer maak Daniel 8 ev baie sin met jou studiegids. Baie, baie dankie. Dolf
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Dankie vir die verduideliking.
  • Chris van Wyk on Openbaring 21Nee, dit is ook nie wat die teks sê nie. Dit gaan oor mense wat towerspreuke en dwelms gebruik om met geeste kontak te maak en nie dit aflê en tot bekering kom nie.
  • Chris van Wyk on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefEk hoop jy geniet dit, Elsie.
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Sekerlik kan die afleiding tog nie gemaak word dat dwelmverslaafdes nie hemel toe gaan nie?!
  • Elsie on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefDankie sien uit na die saamreis om te lees, te leer en te leef
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My voorreg.
  • Doreen Snyders on Openbaring 22Net om baie baie dankie te sê vir die wonderlike voorreg om elke dag se reis mee te maak . Dit is só insiggewend en besonders. Ek besef dit verg baie tyd en toewyding en waardeer dit opreg . Sien uit na die volgende aflewerings. Met dank. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22Ek is dankbaar.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My vreugde.
  • Albertus Van Schalkwyk on Openbaring 22Dankie Chris, ek het teen die einde van die Ou Testament eers ingeval, maar dit was (is) voorwaar sielsvereikend en het die Woord soos nooit tevore vir my oopgemaak. Bybel lees in die konteks van die tydlyn om die Drie-enige God waarlik te leer ken. Weer dankie!
  • runawayjoyous2427b27b07 on Openbaring 22Dankie Dr. Chris, vir die voorreg om saam met jou en ander gelowiges deur die Woord van God te stap. Ek het redelik laat (by Handelinge) van Bybelskool gehoor, en het begin om dit saans en soggens te lees. Ek leer so baie. Erna.