Tag: Leesrooster 2021

JOHANNES 18:33-37

Dit is die laaste van die bydraes oor die Leesrooster 2021. Die kerkjaar eindig hiermee en Advent begin volgende week met die nuwe kerkjaar se leesrooster.

Jy kan hierna die reeks van 365 beloftes deurwerk. Jy kan ook by my huidige kronologiese leesplan inskakel. Dit is ook op Whatsapp beskikbaar.

Jy sal alle toekomstige bydraes ook op Bybelskool.com kry as jy hier ingeskryf is. Jy is ook welkom om enige ander leesprogram op my webtuiste te volg. Geniet!

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOHANNES 18:33-37

JESUS VOOR PILATUS

(Matt 27:1-2,11-14; Mark 15:1-5; Luk 23:1-5)

28Van Kajafas af het hulle Jesus na die pretorium geneem. Dit was vroegoggend. Hulle het nie self die pretorium binnegegaan nie, sodat hulle nie onrein sou word nie, maar die Pasga sou kon eet. 29Pilatus het uitgegaan na hulle toe en gevra: “Watter aanklag lê julle teen hierdie man?” 30Hulle het hom geantwoord: “As hy nie ‘n kwaaddoener was nie, sou ons hom nie aan u uitgelewer het nie.” 31Pilatus sê toe vir hulle: “Vat julle hom en oordeel hom volgens julle wet.” Die Jode sê vir hom, “Ons word nie toegelaat om iemand om die lewe te bring nie” – 32sodat die woorde wat Jesus gesê het om aan te toon watter dood Hy sou sterf, vervul sou word. 

33Pilatus het toe weer ‘n keer die pretorium binnegegaan en Jesus geroep en Hom gevra: “Is u die koning van die Jode?” 34Jesus antwoord: “Sê u dit uit u eie, of het ander mense dit oor My aan u vertel?” 35Pilatus antwoord toe: “Is ek miskien ‘n Jood? Dit is ú volk en leierpriesters wat u aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?” 36Jesus het geantwoord: “My koningskap is nie van hierdie wêreld nie. As my koningskap van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer word nie. Maar nou is my koningskap nie van hierdie wêreld nie.” 37“Is u dan tog ‘n koning?” het Pilatus gevra. Jesus antwoord hom: “U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem.” 

38Pilatus sê toe vir Hom: “Wat is waarheid?” Nadat hy dit gesê het, het hy weer na die Jode uitgegaan en vir hulle gesê: “Ek vind geen skuld in hom nie.”

Teks en konteks

Continue reading

OPENBARING 1:4b-8

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

OPENBARING 1:4b-8

PROLOOG

11Hier volg ‘n openbaring deur Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat binnekort moet gebeur. Hy het dit aan sy dienskneg Johannes duidelik gemaak deur sy engel wat Hy gestuur het. 2Dit is hy wat getuig van die woord van God, en die getuienis deur Jesus Christus – alles wat hy gesien het.

3Gelukkig is die een wat dit voorlees, en ook hulle wat die woorde van dié profesie hoor, en vashou aan dit wat daarin geskryf staan, want die bestemde tyd is naby.

GROETE EN LOFPRYSING

4Johannes,

aan die sewe gemeentes in Asië:

Genade vir julle en vrede van Hom

wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste

wat voor sy troon is;

5en van Jesus Christus,

die betroubare getuie,

die Eersgeborene uit die dood

en die heerser oor die konings van die aarde.

Aan Hom wat ons liefhet,

en ons deur sy bloed

van ons sondes verlos het,

6wat ons ‘n koninkryk gemaak het,

priesters vir God, sy Vader –

aan Hom kom die heerlikheid

en die sterkte toe,

vir ewig en ewig. Amen.

7Kyk, Hy kom met die wolke,

en elke oog sal Hom sien,

selfs hulle wat Hom deurboor het;

en al die volke op die aarde

sal oor Hom rou.

Ja, amen!

8“Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,” sê die Here God, die Almagtige. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 132:1-12 (13-18)

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 132:1-12 (13-18)

1‘n Pelgrimslied.

Dink tog, Here, aan Dawid,

aan al sy opofferings,

2hy wat teenoor die Here

‘n eed gesweer het,

‘n gelofte afgelê het

aan die Magtige van Jakob:

3“Ek sal nie ingaan in die tent

waar ek woon;

ek sal nie op my slaapbank

gaan lê nie,

4ek sal my oë nie toelaat

om te slaap,

my ooglede om in te sluimer nie,

5totdat ek vir die Here

‘n plek gevind het,

‘n woning vir die Magtige van Jakob.”

6Kyk, ons het daarvan gehoor

in Efrata,

dit gevind in die velde van Jaär.

7Laat ons sy woning binnegaan

en in aanbidding buig

voor die voetbank vir sy voete.

8Staan op, Here, gaan na u rusplek,

U en u magtige •ark.

9U priesters moet geklee wees

in •geregtigheid,

u troue volgelinge moet jubel.

10Ter wille van u dienskneg Dawid,

moet U tog nie u gesalfde wegwys nie.

11Die Here het vir Dawid

‘n betroubare eed afgelê

en Hy sal dit nie herroep nie:

“Van jou nasate sal Ek

op jou troon plaas.

12As jou seuns my verbond nakom

en my bepalings wat Ek hulle leer,

sal ook húlle seuns vir altyd

op jou troon sit.”

13Ja, die Here het Sion uitgekies;

Hy begeer dit as sy woonplek:

14“Dit is my rusplek vir altyd;

hier wil Ek woon,

want Ek begeer dit.

15Sion se voedselvoorraad

sal Ek ryklik seën;

haar behoeftiges

sal Ek met brood versadig;

16haar priesters

sal Ek met verlossing beklee

en haar troue volgelinge

sal uitbundig juig.

17Daar sal Ek vir Dawid

‘n horing laat uitgroei;

Ek het ‘n lamp gereedgemaak

vir my gesalfde.

18Sy vyande

sal Ek met skande beklee,

maar sy kroon sal op hom skitter.” (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: