Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

JOHANNES 18:33-37

Dit is die laaste van die bydraes oor die Leesrooster 2021. Die kerkjaar eindig hiermee en Advent begin volgende week met die nuwe kerkjaar se leesrooster.

Jy kan hierna die reeks van 365 beloftes deurwerk. Jy kan ook by my huidige kronologiese leesplan inskakel. Dit is ook op Whatsapp beskikbaar.

Jy sal alle toekomstige bydraes ook op Bybelskool.com kry as jy hier ingeskryf is. Jy is ook welkom om enige ander leesprogram op my webtuiste te volg. Geniet!

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOHANNES 18:33-37

JESUS VOOR PILATUS

(Matt 27:1-2,11-14; Mark 15:1-5; Luk 23:1-5)

28Van Kajafas af het hulle Jesus na die pretorium geneem. Dit was vroegoggend. Hulle het nie self die pretorium binnegegaan nie, sodat hulle nie onrein sou word nie, maar die Pasga sou kon eet. 29Pilatus het uitgegaan na hulle toe en gevra: “Watter aanklag lê julle teen hierdie man?” 30Hulle het hom geantwoord: “As hy nie ‘n kwaaddoener was nie, sou ons hom nie aan u uitgelewer het nie.” 31Pilatus sê toe vir hulle: “Vat julle hom en oordeel hom volgens julle wet.” Die Jode sê vir hom, “Ons word nie toegelaat om iemand om die lewe te bring nie” – 32sodat die woorde wat Jesus gesê het om aan te toon watter dood Hy sou sterf, vervul sou word. 

33Pilatus het toe weer ‘n keer die pretorium binnegegaan en Jesus geroep en Hom gevra: “Is u die koning van die Jode?” 34Jesus antwoord: “Sê u dit uit u eie, of het ander mense dit oor My aan u vertel?” 35Pilatus antwoord toe: “Is ek miskien ‘n Jood? Dit is ú volk en leierpriesters wat u aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?” 36Jesus het geantwoord: “My koningskap is nie van hierdie wêreld nie. As my koningskap van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer word nie. Maar nou is my koningskap nie van hierdie wêreld nie.” 37“Is u dan tog ‘n koning?” het Pilatus gevra. Jesus antwoord hom: “U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem.” 

38Pilatus sê toe vir Hom: “Wat is waarheid?” Nadat hy dit gesê het, het hy weer na die Jode uitgegaan en vir hulle gesê: “Ek vind geen skuld in hom nie.”

Teks en konteks

Continue reading

OPENBARING 1:4b-8

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

OPENBARING 1:4b-8

PROLOOG

11Hier volg ‘n openbaring deur Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat binnekort moet gebeur. Hy het dit aan sy dienskneg Johannes duidelik gemaak deur sy engel wat Hy gestuur het. 2Dit is hy wat getuig van die woord van God, en die getuienis deur Jesus Christus – alles wat hy gesien het.

3Gelukkig is die een wat dit voorlees, en ook hulle wat die woorde van dié profesie hoor, en vashou aan dit wat daarin geskryf staan, want die bestemde tyd is naby.

GROETE EN LOFPRYSING

4Johannes,

aan die sewe gemeentes in Asië:

Genade vir julle en vrede van Hom

wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste

wat voor sy troon is;

5en van Jesus Christus,

die betroubare getuie,

die Eersgeborene uit die dood

en die heerser oor die konings van die aarde.

Aan Hom wat ons liefhet,

en ons deur sy bloed

van ons sondes verlos het,

6wat ons ‘n koninkryk gemaak het,

priesters vir God, sy Vader –

aan Hom kom die heerlikheid

en die sterkte toe,

vir ewig en ewig. Amen.

7Kyk, Hy kom met die wolke,

en elke oog sal Hom sien,

selfs hulle wat Hom deurboor het;

en al die volke op die aarde

sal oor Hom rou.

Ja, amen!

8“Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,” sê die Here God, die Almagtige. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 132:1-12 (13-18)

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 132:1-12 (13-18)

1‘n Pelgrimslied.

Dink tog, Here, aan Dawid,

aan al sy opofferings,

2hy wat teenoor die Here

‘n eed gesweer het,

‘n gelofte afgelê het

aan die Magtige van Jakob:

3“Ek sal nie ingaan in die tent

waar ek woon;

ek sal nie op my slaapbank

gaan lê nie,

4ek sal my oë nie toelaat

om te slaap,

my ooglede om in te sluimer nie,

5totdat ek vir die Here

‘n plek gevind het,

‘n woning vir die Magtige van Jakob.”

6Kyk, ons het daarvan gehoor

in Efrata,

dit gevind in die velde van Jaär.

7Laat ons sy woning binnegaan

en in aanbidding buig

voor die voetbank vir sy voete.

8Staan op, Here, gaan na u rusplek,

U en u magtige •ark.

9U priesters moet geklee wees

in •geregtigheid,

u troue volgelinge moet jubel.

10Ter wille van u dienskneg Dawid,

moet U tog nie u gesalfde wegwys nie.

11Die Here het vir Dawid

‘n betroubare eed afgelê

en Hy sal dit nie herroep nie:

“Van jou nasate sal Ek

op jou troon plaas.

12As jou seuns my verbond nakom

en my bepalings wat Ek hulle leer,

sal ook húlle seuns vir altyd

op jou troon sit.”

13Ja, die Here het Sion uitgekies;

Hy begeer dit as sy woonplek:

14“Dit is my rusplek vir altyd;

hier wil Ek woon,

want Ek begeer dit.

15Sion se voedselvoorraad

sal Ek ryklik seën;

haar behoeftiges

sal Ek met brood versadig;

16haar priesters

sal Ek met verlossing beklee

en haar troue volgelinge

sal uitbundig juig.

17Daar sal Ek vir Dawid

‘n horing laat uitgroei;

Ek het ‘n lamp gereedgemaak

vir my gesalfde.

18Sy vyande

sal Ek met skande beklee,

maar sy kroon sal op hom skitter.” (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

2 SAMUEL 23:1-7

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

2 SAMUEL 23:1-7

DAWID SE LAASTE WOORDE

1Dit is die laaste woorde van Dawid:

“Die uitspraak van Dawid,

seun van Isai,

die uitspraak van die man

wat hoog geplaas is,

die gesalfde van die God

van Jakob,

die geliefde van die liedere

van Israel.

2Die Gees van die Here spreek deur my,

sy woord is op my tong.

3“Die God van Israel het met my gepraat,

die Rots van Israel het gesê,

‘Hy wat regverdig heers onder mense,

hy wat in die vrees

van die Here heers,

4is soos die môrelig teen sonop

op ‘n wolklose oggend;

deur die helderheid

wat die reën bring,

spruit groen gras uit die aarde.’

5“Ja, is dit nie soos my huis

by God is nie?

Want Hy het ‘n ewige verbond

met my gevestig,

in alle opsigte georden

en beskerm.

Ja, al my heil en alle wense,

sal Hy dit dan nie laat uitspruit nie?

6“Maar skurke –

soos dorings word hulle almal

uitmekaar gewaai;

want mens vat nie met die hand

daaraan nie.

7Wie aan hulle raak,

het in sy hand ‘n yster,

of die steel van ‘n vegspies;

en hulle word net daar

heeltemal verbrand.” (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 13:1-8

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 13:1-8

PROFETIESE REDE: AFBREEK VAN DIE TEMPEL

(Matt 24:1-2; Luk 21:5-6)

131Toe Hy die tempelterrein verlaat, sê een van sy dissipels vir Hom: “Meester, kyk net watter indrukwekkende klippe en geboue!” 2Jesus sê toe vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal beslis nie een klip op ‘n ander gelaat word nie – alles sal afgebreek word.”

PROFETIESE REDE: BEGIN VAN DIE EINDTYD

(Matt 24:3-14; Luk 21:7-19)

3Terwyl Jesus op die Olyfberg, regoor die tempelterrein, gesit het, het Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas Hom eenkant gevra: 4“Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur, en wat sal die teken wees dat al hierdie dinge volbring sal word?”

5Jesus het hulle toe geantwoord: “Pasop dat niemand julle mislei nie. 6Baie sal in my Naam kom en sê, ‘Dit is ek!’ en hulle sal baie mense mislei. 7Wanneer julle van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik raak nie. Dit moet gebeur, maar dit is nog nie die einde nie. 8Want nasie sal teen nasie in opstand kom, en koninkryk teen koninkryk. Daar sal aardbewings op een plek ná die ander voorkom, en daar sal hongersnood wees. Hierdie dinge is die begin van die smarte.

9“Maar wat julle betref, wees op julle hoede! Hulle sal julle aan sanhedrins oorlewer, julle sal in sinagoges geslaan word en voor prokurators en konings teregstaan ter wille van My, sodat julle voor hulle kan getuig. 10En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. 11Wanneer hulle julle gevange neem en julle oorlewer, moet julle julle nie vooraf bekommer oor wat julle moet sê nie, maar wat ook al op daardie oomblik aan julle gegee word, dit moet julle sê; want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees. 12Broer sal broer aan die dood oorlewer, en ‘n vader sy kind. Kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak. 13Julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie enduit volhard, dié sal gered word.” (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda