1 JOHANNES 3:1-7

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
1 JOHANNES 3:1-7
Ons lees weer in konteks:
’n Lewe as kinders van God
2:28 En nou, kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn, en nie met sy wederkoms deur Hom in die skande gestel word nie.
29 As julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat doen wat reg is, uit Hom gebore is.
3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie. 2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, maar dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie. Wat ons weet, is dat wanneer Hy verskyn, ons soos Hy sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
3 En elkeen wat hierdie vaste hoop op Hom het, hou homself rein, net soos Hy rein is.
4 Elkeen wat sonde doen, beoefen ook wetteloosheid, want sonde is wetteloosheid.
5 Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. 6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie meer nie; elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien, en Hom nie leer ken nie.
7 Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie doen wat reg is, is regverdig, soos Hy regverdig is.
8 Wie sonde doen, is uit die Duiwel, omdat die Duiwel van die begin af sondig. Hiervoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die Duiwel te vernietig.
9 Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly, en hy kan nie meer aanhou sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is.
10 Hieraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die Duiwel is: Wie nie doen wat reg is nie, is nie uit God nie. Dieselfde geld vir iemand wat nie sy broer liefhet nie. (2020-vertaling).
Teks en konteks
Johannes het in hoofstuk 1 ons verbeelding gestimuleer met die klem op die vleesgeworde Woord, die Goddelike geheim van die Inkarnasie van die Woord in Jesus Christus. Hy het dit uitgebrei in hoofstuk 2 met die klem op die leiding van die Heilige Gees. In hoofstuk 3 wil hy ons aanmoedig om ons liefde vir God die Vader te laat oorspoel in ’n rein lewe sowel as praktiese liefde vir mekaar as geloofsgemeenskap.
Daarmee wil Johannes ons help om aan God self verbind te bly. God is na alles die geheim van die geestelike lewe. En kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief – 1 Johannes 2:28-3:10. Hy sal dit opvolg met ‘n verdere verduideliking van wat die liefde vir mekaar regtig van ons vra. Ons lê ons lewe vir mekaar af – 1 Johannes 3:11-24.
Johannes motiveer sy oproep om aan te hou om te doen wat reg is in ons teksgedeelte met vyf perspektiewe:
- Hy waarsku ons dat ons vrymoedigheid by die Here Jesus se wederkoms skade sal ly as ons beskaamd voor Hom staan oor ons gebrekkige Christelike lewe.
- Hy wys ons op Jesus se regverdige karakter wat ons moet aanspoor om te doen wat reg is. Dit sal aan ons ons kindskap bevestig.
- Hy bemoedig ons met die feit dat ons kindskap ’n bewys van God die Vader se groot liefde is. En dit is inderdaad so, dat ons God se kinders is, hoewel die presiese nuwe gestalte by die wederkoms nog ondeursigtig is.
- Dit is dié hoop wat ons aanspoor om onsself rein te hou en die sonde te vermy. Jesus het immers gekom om ons van ons sonde te verlos en ons deel van Homself te maak. Ons kan dus nie aanhou met sondig en steeds deel van Hom bly nie.
- Die onderskeid tussen dié wat van God is en dié wat van die duiwel is, word in ons lewe van reg doen sigbaar. Die Here Jesus het gekom om die werke van die duiwel te vernietig. Wie dus in Hom bly, het deel aan die verlossing van die sonde, want God se saad, sy natuur, bly in hom of haar.
Boodskap en betekenis
Die boodskap kan eintlik nie meer helder as dit gestel word nie. Kinders van God leef rein. Kinders van God doen reg. Kinders van God het mekaar lief. Dit is wat ware Christenskap behels. Enigiemand wat anders beweer, is ‘n valse profeet, ‘n wolf in skaapsklere.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 4:35-41 - June 17, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- MARKUS 10:34-45 - October 11, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar