Skip to main content

EFESIËRS 4:1-16

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

EFESIËRS 4:1-16

Eenheid van die kerk 

1 Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: 2 deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – 4 een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is: 5 een Here, een geloof, een doop, 6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is. 7 Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos Christus dit uitgedeel het. 8 Daarom staan daar: “Toe Hy opgevaar het na bo, het Hy krygsgevangenes weggevoer; Hy het gawes aan die mense gegee.”

9 “Hy het opgevaar” – waarop anders dui dit as dat Hy eers neergedaal het na die laer dele, die aarde? 10 Die Een wat neergedaal het, is dieselfde Een wat opgevaar het tot bo al die hemele, f sodat Hy alle dinge kon vul. 11 En Hy het sommige as apostels , ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee. 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13 totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die Seun van God , en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14 Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15 maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16 uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde. 

Teks en konteks

Paulus begin hierdie hoofstuk met ‘n frase wat baie herinner aan Filippense 1:27: “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.”

In Filippense praat Paulus van ‘n ooreenstemming met die evangelie van Jesus Christus, hier van ‘n ooreenstemming met die roeping wat hulle van God ontvang het. Die roeping het dus te make met die wyse waarop die evangelie in die wêreld tot sy reg kom.

En Paulus spel dié lewenswandel waarnatoe hulle geroep is uit in 5 aspekte:

  • beskeie,
  • vriendelik,
  • geduldig,
  • verdraagsaam en die
  • handhawing van eenheid.

Dit is die dinge waarop gefokus moet word in die proses om aan God gehoorsaam te wees.

Let op dat die eenheid vir Paulus belangriker is as die ander aspekte, en dat hy in vers 4-6 die motivering vir eenheid gee deur 7 manifestasies van die eenheid te beskrywe: daar is

  • één liggaam,
  • Gees,
  • hoop,
  • Here,
  • geloof,
  • doop,
  • God en Vader.

Daarmee gee hy ‘n Trinitariese (Gees, Here [Jesus], God [Vader]) sowel as ‘n gemeentelike begronding van eenheid (liggaam, hoop, geloof, doop).

God is een wese, al is Hy drie persone. En die geloofsgemeenskap is een, al is hulle verskillende mense en het hulle selfs verskillende rolle.

Paulus motiveer God se genadegawes met die Messiaanse interpretasie van Psalm 68:19. Dié Psalm praat van God as die oorwinnaar wat na Sion toe terugkeer en geskenke ontvang van dié wat verslaan is. Paulus praat van Christus wat neergedaal het uit die hemel na die aarde en die magte verslaan het. As verhoogde en verheerlikte Here vul Hy alles met sy teenwoordigheid en gee aan alle gelowiges genadegawes.

En let op dat die genadegawes aan almal gegee is, omdat alle gelowiges één is. Sommige gelowiges is selfs gawes – die begin van ons ampsbeskouing – in terme van hulle rolle:

  • apostels,
  • profete,
  • evangeliste,
  • herders en
  • leraars.

Die eerste 3 kategorieë van gawes was mense wat baie keer gereis het om die evangelie te bring (hoewel sommige evangeliste hulleself ook gevestig het [Hand. 21:8]), en die laaste 2 was baie keer meer gevestig in ‘n spesifieke werkkring.

Maar, hulle almal het net een doel, en dit is om die liggaam van gelowiges toe te rus vir die gebruik van hulle gawes, sodat die kerk in sy doel kan slaag, om in alle opsigte te groei na Christus toe.

Soos elkeen sy funksie vervul, bou die liggaam homself op in liefde, ’n liefde wat hom verheug in die waarheid.

Boodskap en betekenis

Eenheid in die waarheid is die kenmerk van ‘n gesonde geloof en ‘n gesonde gemeenskap van gelowiges. Elke woord in hierdie 16 verse is belangrik. Elke funksie wat elke lid van die liggaam van Christus vervul, is belangrik. En die begronding daarvan in die Drie-enige God is die fondament van hierdie groeiproses waar ons volwasse word in Christus soos ons in liefde een in die waarheid bly.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.