HEBREËRS 7:23-28

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
HEBREËRS 7:23-28
CHRISTUS EN DIE ORDE VAN MELGISEDEK
14Dit is tog baie duidelik dat ons Here uit Juda voortgespruit het, ‘n stam oor wie Moses niks in verband met priesters gesê het nie. 15Dit is nog duideliker as ‘n ander priester opstaan volgens die ewebeeld van Melgisedek 16– een wat dit nie volgens die voorskrif van ‘n menslike gebod geword het nie, maar volgens die krag van onvernietigbare lewe. 17Daar word trouens getuig:
“Jy is priester vir ewig,
volgens die orde van Melgisedek.”
18Aan die een kant is dit die opheffing van die voormalige gebod, omdat dit swak en nutteloos was 19– die wet het mos niks vervolmaak nie – maar aan die ander kant is dit die aanbreek van ‘n beter hoop, waardeur ons tot God nader.
20Wat hierdie saak betref, dit het nie sonder eedswering plaasgevind nie: Hulle het wel sonder eedswering priesters geword, 21maar Hy het dit inderdaad met eedswering geword, deur God wat vir Hom gesê het:
“Die Here het ‘n eed afgelê,
en dit sal Hom nie berou nie:
Jy is priester vir ewig.”
22Daarvolgens het Jesus ook borg van ‘n beter verbond geword.
23Boonop was daar baie ander mense wat priesters geword het, omdat die priesters deur die dood verhinder is om aan te bly; 24maar omdat Hy tot in ewigheid bly, besit Hy ‘n priesterskap wat nie tot ‘n einde kom nie. 25Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos – omdat Hy altyd leef, om ter wille van hulle in te tree.
26So ‘n hoëpriester was ook vir ons gepas: een wat heilig, onskuldig, onbevlek, afgesonder van die sondaars, en hoër as die hemele verhef is, 27wat, anders as die hoëpriesters, nie elke dag nodig het om eers ter wille van hulle eie sondes offers te bring, en daarna vir die volk nie. Want dit het Hy eens en vir altyd gedoen toe Hy Homself as ‘n offer gebring het. 28Die wet stel mense met swakhede as hoëpriesters aan,maar die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.
Teks en konteks
In hierdie hoofstuk begrond die skrywer sy aansporing tot geestelike volwassenheid in die Hoëpriesterskap van Jesus Christus. Hy doen dit op twee maniere:
- Hy beskryf die wese van Melgisedek se priesterskap – 7:1-10
- Hy stel Jesus as Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek voor – 7:11-28
Hy sal in die volgende hoofstukke drie gevolge hiervan uitspel, dat:
- Jesus die Hoëpriester van ’n beter verbond is – 8:1-13;
- Jesus ons gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien – 9:1-22;
- Jesus in die heiligdom van God verskyn ter wille van ons – 9:23-10:18.
Daarna sal hy ’n verdere appèl maak:
- dat ons self die heiligdom van God sal betree met ’n opregte hart en volle geloofsekerheid, bemoedig deur ons eie geloofsgenote – 10:19-39, sowel as dié uit die verlede – hfst. 11;
- sodat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding sal hardloop die oog gevestig op die Leidsman en Voleinder van die geloof – hfst. 12.
Sy brief-boodskap sal afsluit met ’n beskrywing van die tipe geloofsgemeenskap wat nodig is om hierdie groei na geestelike volwassenheid te ondersteun – hfst. 13.
Dit help om dié breë prentjie in gedagte te hou soos ons die twee perikope van hoofstuk 7 lees.
7:1-10 – Die wese van Melgisedek se priesterskap
Die skrywer sluit hier aan by die verhaal van Melgisedek soos ons dit in Genesis 14 aantref, maar gaan verder in sy interpretasie daarvan as wat ons in die OT aantref.
Terloops, verwysings na ’n hemelse figuur met die naam Melgisedek kom ook in ander Joodse bronne voor, bv. in een van die eskatologiese tekste uit die Dooie See rolle van Qumran (2de eeu v.C.) sowel as in die tweede boek van Henog (1ste eeu v.C.). Ander tekste uit die Joodse rabbynse tradisies verbind die naam Melgisedek weer aan Sem, die seun van Noag , wat sou beteken dat hy 465 jaar oud sou wees teen dié tyd wat hy Abraham ontmoet, as ‘n mens die Bybelse ouderdomme op sigwaarde sou neem!
Die Hebreër skrywer gaan egter sy eie onafhanklike weg op met sy interpretasie van Melgisedek aan die hand van die verhaal in Genesis 14 in hierdie perikoop en in die volgende perikoop aan die hand van Psalm 110. Hy ignoreer dus die bestaande Joodse tradisies en fokus net op die Bybelse teks met sy eie verdere interpretasie daarvan.
Om jou gedagtes te verfris: in Genesis 14:18-20 lees ons dat Abram met sy terugkoms, ná sy oorwinning oor Kedorlaomer en die konings by hom om Lot en sy mense te bevry, deur Melgisedek, die koning van Salem (Jerusalem) en priester van God die Allerhoogste, geseën is. Hy het brood en wyn gebring vir Abram en gesê: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Abram se reaksie was betekenisvol, soos die skrywer dit ook hier uitlê. Hy het vir Melgisedek ’n tiende van alles gegee. Daarmee is Melgisedek se voorrang bó die aartsvader Abraham bevestig.
Die Hebreër skrywer lê die bestaande teks in Genesis 14 egter verder uit en verduidelik benewens die verklaring van sy naam as “Koning van Geregtigheid” ook sy naam as “Koning van Salem” dit is “Koning van Vrede”. Dit is egter die volgende aansprake oor hom wat ’n mens tot stilstand laat kom: “Hy was sonder vader, sonder moeder, sonder stamboom; sy lewe was sonder begin en sonder einde.” Dit is beskrywings wat net op ’n hemelse ongeskape wese van toepassing kan wees.
Die toppunt van sy aanspraak is dat Melgisedek daarbenewens: “soortgelyk aan die Seun van God” geteken word, d.w.s. dat hy ‘n voorafskaduwing van Jesus as Seun van God is. Dit is merkwaardig! Melgisedek as ‘n gestalte uit die OT het dus in die NT ‘n realiteit in Jesus geword. Die enigmatiese misterieuse hemelse figuur Melgisedek vind vervulling in Jesus as die Seun van God.
Ons sien wel dieselfde verbande wat in die res van die NT gelê word sodat ander figure uit die OT in Jesus ‘n vervulling kry, waar Jesus bv. as die Adam (1 Kor. 15) en die Moses (Joh. 1:45; 6:14) van die NT bedeling geteken word. Die skrywer van Hebreërs gebruik dus dieselfde manier van uitleg deur Jesus as die vervulling van verskillende persone uit die OT te teken. Om die waarheid te sê, op ander plekke word Jesus selfs ook as die vervulling van institusies uit die OT, die tempeldiens, geskets, soos ons bv. in hoofstuk 9 sal sien.
Die wyse waarop hy Melgisedek met Jesus verbind is egter wel kwalitatief anders, omdat Adam en Moses sterflike skepsels was, maar Melgisedek ongeskape en onsterflik. Daar is dus ’n dieper band tussen Melgisedek en Jesus. Ek is egter versigtig om ‘n direkte identifikasie van Jesus terug na die OT figuur van Melgisedek te maak. Ek sal verseker sê Jesus is in aanhalingstekens die “Melgisedek” van die NT, soos die skrywer van Hebreërs dit sê. Ek sal egter versigtig wees om te sê Melgisedek is die Jesus van die OT. Dit sou misleidend kon wees met geen eksegetiese basis in die Bybelteks nie. Ons weet net te min van die OT figuur Melgisedek om só iets kwyt te raak.
Dat Melgisedek in die OT beduidende trekke van Jesus in die NT openbaar is egter ook waar – sy ongeskape en ewige bestaan, sy hoë koninklike en priesterlike status, sy noue verbintenis aan God, die brood en wyn wat ‘n mens aan die nagmaal laat dink, die tiendes wat aan hom gegee is – sonder dat ek daarmee hom direk met Jesus sal kan identifiseer.
Die skrywer gaan voort om die belang van Melgisedek se priesterskap uit te lê. Hy is die meerdere nie net van Abraham sowel as van almal wat uit hom voortgespruit het nie, onder andere die geslag van Levi waaruit die Joodse priesterlike geslag gestam het. Dit is belangrik om dié punt te onderstreep, want die Levitiese priesterskap kon nooit volmaaktheid bring nie. Net dié priesterskap van Melgisedek, omdat hy vir altyd priester bly.
7:11-28 – Jesus is Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek
Die skrywer vervolg met sy verbintenis van Jesus aan die orde van Melgisedek, hierdie keer in sy uitleg van Psalm 110. In dié Psalm is aan die koning van Israel nie net oorwinning oor sy vyande beloof nie, nie net die mag oor allerlei nie, maar baie spesifiek ook die priesterskap volgens die priesterorde van Melgisedek, iets wat geen aardse koning ooit kon waarmaak nie.
Hierdie Psalm se boodskap word nou Messiaans geïnterpreteer en deur die skrywer aan die Hebreërs op Jesus van toepassing gemaak, die Een wat in staat is om as koning en priester vir ewig op te tree. Jesus is daarom die Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek. Dit is ’n koninklike priesterskap. Hy tree nie net in vir ons as priester nie, maar het inderdaad mag oor die hele lewe, omdat Hy inderdaad “die krag van onvernietigbare lewe” het.
Die Levitiese priesterskap word daarmee opgehef deur die Messiaanse priesterlike koning, Jesus Christus. Hy bring ’n beter hoop op verlossing waardeur ons tot God kan nader, omdat Hy nie net die borg van ’n beter verbond geword het nie, maar ’n priesterskap besit wat nooit tot ’n einde kom nie.
“Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos – omdat Hy altyd leef om ter wille van hulle in te tree.” (vers 25).
Omdat Hy heilig is, onskuldig en onbevlek, boonop afgesonder van die sondaars en onaantasbaar hoër as die hemele verhef is, kan Hy as die volmaakte volkome versoening doen vir ons as sondaars.
Boodskap en betekenis
Ek kan aan min dinge dink wat my aan die een kant so opgewonde maak, maar aan die ander kant ook heeltemal tot rus bring, as die feit van Jesus se voorbidding vir my. Hy leef vir altyd om vir ons in te tree, om vir ons voorspraak by God te doen. Dit is die boodskap van Hebreërs.
Jesus raak ook nie moeg om dit te doen nie. Hy sal nooit ophou om dit te doen nie. Hy sal selfs ná ek dood is aangaan om vir my mense, beide my familie as my geloofsgemeenskap, sowel as vir die koms van die koninkryk in die wêreld in te tree. Watter gerusstelling. Ek kan my kommer en nood, my verwagtings en behoeftes by sy voete los. Hy leef vir altyd om vir my in te tree. Sela.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar