2 KORINTIËRS 12:2-10

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
2 KORINTIËRS 12:2-10
Paulus se gesigte en openbarings
1 As daar dan geroem moet word, is dit nie voordelig nie; maar ek kom nou by gesigte en openbarings van die Here.
2 Ek weet van ‘n man in Christus wat veertien jaar gelede tot in die derde hemel weggeruk is – of dit in die liggaam of buite die liggaam is, weet ek nie, God weet dit. 3 Ek weet ook van so ‘n man – of dit met die liggaam of sonder die liggaam was, weet ek nie, God weet dit – 4 dat hy weggeruk is tot in die paradys, en onuitspreekbare woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag noem nie. 5 Op so iemand sal ek my beroem, maar op myself sal ek my nie beroem nie, behalwe oor my swakhede. 6 As ek my wel daarop wil beroem, sal ek nie dwaas wees nie, want ek sal die waarheid praat. Maar ek weerhou my daarvan, sodat niemand meer aan my sal toedig as wat hy van my sien of by my hoor nie, 7 selfs met inagneming van die buitengewone aard van my openbarings. Daarom, om te keer dat ek opgeblase word, en sodat ek nie hoogmoedig mag word nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van Satan, om my met die vuis te slaan. 8 Hieroor het ek die Here drie maal gesmeek dat dit van my moet wyk. 9 Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut. 10 Ter wille van Christus verheug ek my in swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede; want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk.
11 Ek het soos ‘n dwaas opgetree! Julle het my daartoe gedwing, want ek moes eintlik deur julle aanbeveel gewees het, omdat ek geensins agtergestaan het by die sogenaamde super-apostels nie, al is ek ook niks. 12 Dit wat ‘n apostel kenmerk, is inderdaad by julle verrig, met alle volharding, met tekens en wonders en kragtige dade. 13 In watter opsig is julle dan swakker behandel as die ander gemeentes , behalwe dat ek nie vir julle ‘n geldelike las was nie? Vergewe my tog hierdie onreg!
Teks en konteks
Paulus brei hier uit oor die paradoks van sy ervaringe, verbluffende hoogtepunte en uitmergelende laagtepunte en weer oor sy besorgdheid oor die Korintiërs wat hy met die metafoor van ‘n ouer teenoor kinders uitdruk (2 Kor 12:11-21). Dit lyk op die oog af asof Paulus van ‘n ander persoon as hyself praat in vers 2-4. Dit is egter waarskynlik dat Paulus hier oor homself in die derde persoon skryf, en wel om die volgende redes:
- Hy is besig om sy apostoliese gesag te verdedig, en dit sou nie sin maak om oor iemand anders se gesigte en openbarings te skryf nie.
- Ons lees op ‘n paar ander plekke van gesigte wat hy gehad het (vgl Hand 9:3; 16:9; 22:17; 27:24; Gal 1:12).
- Vers 6 is ‘n verskuilde aanduiding dat dit wel hy is: “al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat”.
- Hy wil nie eintlik oor iets praat waaroor hulle nie ‘n oordeel sal kan uitspreek nie, maar nou dwing hulle hom om dwaas te wees, om die aansprake van die valse apostels te troef.
Dit wil voorkom asof die derde hemel en die paradys dieselfde plek is, dit is, die plek waar hy in die teenwoordigheid van God kon wees.
Die doring in sy vlees is al met baie siektes verbind (bv. ‘n oogsiekte op voetspoor van Gal 4:13-15, wat vertel dat hy siek geword het, en hulle met hom deernis gehad het, en “as dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het”), maar dit bly eintlik ‘n onopgeloste raaisel.
Wat dit ook al was, die oorsprong daarvan was ‘n engel van Satan. God het dit toegelaat om hoogmoed in sy lewe teen te werk.
Boodskap en betekenis
Paulus se beskrywing van God se krag wat tot sy volle werking kom wanneer ons swak is, is nie net ‘n goeie beskrywing van die lewe van ‘n apostel nie, maar ook ‘n bemoediging vir elkeen wat op een of ander stadium in sy lewe ontberinge ly in die navolging van Jesus.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021