JOHANNES 6:35, 41-51

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
JOHANNES 6:35, 41-51
Ek gee weereens die fokusteks in sy breër konteks
JESUS DIE BROOD VAN DIE LEWE
22Die volgende dag het die skare wat oorkant die see bly staan het, agtergekom dat daar, behalwe dié een, geen ander skuit was nie, en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die boot gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het. 23Daar het egter vanaf Tiberias bote aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het nadat die Here die seëngebed uitgespreek het. 24Toe die skare sien dat Jesus nie daar is nie, en ook nie sy dissipels nie, het hulle self in die skuite geklim en na Kapernaum gevaar op soek na Jesus. 25Toe hulle Hom aan die oorkant van die see aantref, het hulle vir Hom gevra: “Rabbi, wanneer het u hier aangekom?” 26Jesus het hulle geantwoord: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Julle soek My, nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. 27Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat hou tot in die ewige lewe. Dit sal die Seun van die Mens vir julle gee, want op Hom het God die Vader sy seël geplaas.” 28Hulle het Hom gevra: “Wat moet ons doen sodat ons die werke kan verrig wat God wil hê?” 29En Jesus het hulle geantwoord: “Dít is die werk van God: Dat julle glo in die Een wat Hy gestuur het.” 30Hulle sê toe vir Hom: “Watter teken sal u doen sodat ons kan sien en u glo? Wat gaan u doen? 31Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos daar geskryf staan, ‘Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet.’ ” 32Jesus sê toe vir hulle: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie – nee, my Vader gee vir julle die ware brood uit die hemel. 33Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld lewe gee.”
34Hulle sê toe vir Hom: “Here, gee ons altyd hierdie brood.”
35Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die brood van die lewe. Wie na My toe kom, sal nooit honger word nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors word nie.
36Maar Ek het vir julle gesê, ‘Julle het My gesien, en tog glo julle nie.’ 37Elkeen wat die Vader vir My gee,sal na My kom, en Ek sal die een wat na My kom, nooit verstoot nie; 38want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil uit te voer nie maar die wil van Hom wat My gestuur het. 39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie ‘n enkele een verlore sal laat gaan nie,maar hulle op die laaste dag sal opwek. 40Want dit is die wil van my Vader: Dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo die ewige lewe sal hê, en Ek sal elkeen van hulle op die laaste dag laat opstaan.”
41Toe het die Jode oor Hom gemor omdat Hy gesê het: “Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.” 42En hulle het gesê: “Is hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe kan hy nou sê, ‘Ek het uit die hemel neergedaal?’ ” 43Jesus het hulle geantwoord: “Hou op om onder mekaar te mor. 44Niemand kan na My kom as die Vader, wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan. 45In die Profete staan daar geskryf, ‘En hulle sal almal deur God onderrig word.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe. 46Nie dat iemand die Vader gesien het nie – net die Een wat van God af kom, Hy het die Vader gesien. 47Amen, amen, Ek sê vir julle: Hy wat glo, het die ewige lewe. 48Ek is die brood van die lewe. 49Julle vaders het in die woestyn die manna geëet en nogtans gesterf. 50Maar die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie, is dit: 51Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig leef. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam wat Ek gee vir die lewe van die wêreld.” (2020-vertaling)
Teks en konteks
6:22-24 Die skare is die volgende dag verwonderd dat Jesus nie meer daar is nie, terwyl die dissipels alleen weggevaar het, en daar ook nie ‘n ander skuit was waarin Jesus hulle kon volg nie. Ondertussen het daar ook mense met skuitjies van die hawe Tiberias aangekom wat die broodvermeerdering beleef het. Dit noop die skare om na Kapernaum te gaan, op soek na Jesus. Hulle kry Hom in die sinagoge (Joh 6:59).
6:25-27 Let op dat hulle Hom nie vra hoe Hy daar gekom het nie, maar wanneer. Hulle het aanvaar Hy het moontlik te voet rondom die meer geloop. Hulle het immers nie die wonderteken van die loop op die water beleef nie. Jesus antwoord nie die vraag nie, maar ontbloot hulle eintlike motivering. Dit gaan nie oor die wonderteken nie, maar oor die blote feit dat Hy vir hulle kos gegee het om te eet. Hy wil egter nie soseer in daardie behoefte van hulle voorsien nie, maar hulle ware behoefte bevredig. Die behoefte aan Homself.
Hulle soek en werk vir gewone kos, maar hulle het die kos nodig wat bly tot in die ewige lewe. Hulle moet dus raaksien dat God die Vader sy merk van goedkeuring op Hom geplaas het, Hy die Seun van die mens. Dit is immers waarvan die wondertekens getuig. Hulle moet daarom die ewige lewe uit sy hand aanvaar. Dit is hulle ware behoefte.
Interessant, dié vraag is die eerste van ses vrae en versoeke wat die res van die gesprek tussen Jesus en die skare struktureer in vers 25-58. Ter wille van die vloei van die gesprek, plaas ek hier ‘n kort opsomming:
- Vers 25 – wanneer het U hier gekom? Jesus antwoord nie die vraag nie, maar ontbloot hulle ware behoefte. Hulle soek en werk vir gewone kos, maar hulle het die kos nodig wat bly tot in die ewige lewe.
- Vers 28 – wat moet ons doen sodat ons die werke van God kan doen? Jesus antwoord dat hulle God moet toelaat om sy werk in hulle te doen om in Jesus te glo.
- Vers 30 – watter wonderteken doen u dan sodat ons kan sien en u kan glo? Wat doen u? Hulle verwys na God se gawe van die manna in die woestyn. Jesus antwoord hulle dat die Vader hulle nou iets beter gee, die ware brood uit die hemel.
- Vers 34 – gee altyd vir ons hierdie brood. Jesus verklaar dat Hy die Brood van die lewe is, maar dat dit duidelik is dat hulle nie in Hom glo nie.
- Vers 42 – is hy nie Jesus, die seun van Josef, van wie ons die vader en die moeder ken nie? Hoe sê hy nou: ‘Ek het uit die hemel afgekom’? Dit is die Joodse leiers wat toetree tot die gesprek. Jesus verklaar weer dat Hy die Brood van die lewe is, maar dat ‘n mens net in Hom kan glo as die Vader dit aan jou openbaar. Dié wat egter van hierdie brood eet, sal tot in ewigheid leef.
- Vers 52 – hoe kan hy vir ons sy vlees gee om te eet? Jesus onderstreep die boodskap aan die leiers dat Hy die Brood van die lewe is, en voeg daarby dat sy bloed die ware drank is. Dié wat sy vlees eet en sy bloed drink, beleef ‘n intieme gemeenskap met Hom, ‘n duidelike verwysing na die instelling van die nagmaal en ‘n voorspelling van sy dood aan die kruis.
6:28-29 Op die vraag na wat hulle dan moet doen sodat hulle die werke van God kan doen, antwoord Jesus dat die enigste “werk” wat hulle moet doen, is om God moet toelaat om “sy werk” in hulle te doen, dit is om in Jesus te glo, die Een wat God gestuur het om hulle met Hom te versoen.
6:30-33 Op die vraag na watter wonderteken Hy doen sodat hulle kan sien en in Hom kan glo – iets soos die manna wat hulle vaders in die woestyn ontvang het, in woorde wat herinner aan ten minste drie verwysings uit die OT – antwoord Jesus hulle dat die Vader hulle nou iets beter gee, die ware brood uit die hemel. Dit is soortgelyk aan die brood wat Moses hulle gegee het, maar tegelykertyd ook op ‘n ander vlak, want Hyself is nou die brood van God wat uit die hemel afkom en lewe aan die wêreld gee.
6:34-40 Op die versoek dat Jesus altyd vir hulle hierdie brood gee, verklaar Jesus weer dat Hy inderdaad die Brood van die lewe is. As hulle na Hom toe kom, sal hulle geestelike honger en dors gestil word. Maar, terselfdertyd is dit vir Hom duidelik dat hulle nie in Hom glo nie, want Hy het nou al verskeie kere vir hulle gewys dat Hy die Een is wat God gestuur het, sonder sukses.
Jesus verklaar dan weereens dat almal wat na Hom toe kom die lewe sal vind, want dit is waarom Hy gestuur is. Hy sal nooit iemand wat na Hom toe kom buitentoe uitwerp nie, want Hy gehoorsaam die wil van die Vader en sal vir seker sorg dat nie een van diesulkes verlore sal gaan nie. Dit is die wil van sy Vader, dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê. Jesus sal elkeen van hulle opwek op die laaste dag.
6:41-51 Die trant van die gesprek begin verander met die Joodse leiers wat nou na vore tree. Soos tevore praat Johannes van “die Jode” as hy die leiers van Jerusalem bedoel (vgl Joh 1:19). Die leiers begin mor, nie net oor wat Jesus sê nie, maar wat dit impliseer oor Homself, dat Hy die brood uit die hemel is. Daarom vra hulle, maar is Hy nie net die menslike Jesus, die een waarvan ons sy hele familie ken nie?
Die woord “mor” of “murmureer” (gonguzō in Grieks) herinner in hierdie konteks vir ons aan die Israeliete in die woestyn wat teen God in opstand gekom het oor die kos en water wat Hy vir hulle in die woestyn gegee het (Eks 17). Jesus besef dat die teenstand oplaai, maar deins nie terug vir die uitdaging daarvan nie. Hy is ook helder daaroor dat só ‘n opstandige reaksie in ‘n groter konteks gesien moet word.
Trouens, die Vader trek mense nader aan Homself deur die Seun, soos Hy dit in die woestyn met die manna gedoen het. As hulle nou in opstand kom teen God se plan, wys hulle onomwonde dat hulle geen verhouding met die Vader het nie, en sal hulle die wonder van die opstanding misloop wat God vir diegene beplan wat in Hom glo.
Jesus begrond hierdie lering van Hom op die woord van Jesaja dat alle ware gelowiges deur God geleer sal wees (Jes 54:13). Dit is sulke mense wie se ore deur sy Vader oopgemaak is om deur Jesus geleer te word. Dit is sulke mense wat na Jesus toe kom, want Hy het ‘n direkte toegang tot die Vader.
Dan rig Jesus Hom aan almal wat in Hom glo en verseker hulle dat hulle die ewige lewe het. Hy kontrasteer die effek van die manna in die woestyn met die effek wat Hy as die Brood van die lewe het. Die volk het in die woestyn gesterf, want die manna kon hulle nie red nie. Dit is anders met Jesus. Hy gee onsterflikheid in die ewige lewe deur sy eie vlees en bloed.
Boodskap en betekenis
Jesus wys die skare daarop dat hulle die gevaar loop om HOM te mis deurdat hulle fokus op die brood wat hulle honger gestil het, dws die wonderteken as sodanig en nie dit waarna die wonderteken verwys nie.
Hulle moet eerder fokus op die Wonderdoener, Jesus, en in Hom glo, want Hy kan vir hulle ewige lewe gee. Hy is die Brood wat lewe gee. Hy is die Drank wat hulle dors les. Daardeur sal hulle met Hom gemeenskap hê. En Hy sal hulle die ewige lewe gee by die laaste dag se opstanding uit die dode.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021