PSALM 1

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
PSALM 1
1Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddeloses volg,
nie op die pad van sondaars gaan staan
en nie in die byeenkoms van spotters sit nie,
2maar wat vreugde vind in die wet van die Here
en sy wet dag en nag mymerend prewel.
3So iemand sal wees soos ‘n boom geplant langs watervore,
wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie.
Alles wat hy aanpak, gedy.
4So is die goddeloses nie;
inteendeel, hulle is soos kaf wat die wind wegwaai.
5Daarom sal goddeloses nie kan opstaan tydens die regspraak,
of sondaars in die byeenkoms van regverdiges nie.
6Ja, die Here dra sorg vir die pad van regverdiges,
maar die pad van goddeloses loop dood.
Teks en konteks
Psalm 1 lei die hele Psalmboek in. Die redakteurs het dit hier geplaas waarskynlik omdat hier twee groepe mense gekontrasteer word, wat telkens in die res van die Psalmboek genoem sal word: die regverdiges (1:5,6) en die goddeloses (1:1,4,5,6). In wese is dit die kern van die Psalms (en die Bybel) se boodskap:
- Die sin van die lewe word in die regte verhouding met God gevind.
- Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe.
Let op hoe die Psalm die impak uitspel wat regverdiges en goddeloses se onderskeie lewenstyle (1:1-2) op hulle ervarings (1:3-4) en bestemming het (1:5-6). Die pad wat jy kies in hierdie lewe het gevolge. Saam met God is daar vreugde en voorspoed – jy is soos ’n boom by standhoudende water. Sonder God is daar verydeling en ondergang – jy is soos kaf in die wind.
Dit laat ’n mens dink aan Jesus se tipering van twee paaie in Matt 7:13–14. Die een is ’n poort na die verderf, die ander die poort na die lewe.
Geseënd is die regverdiges
Die Psalm begin met die Hebreeuse woord gelukkig/geseënd (ʾǎš∙rê) wat vertaal is met “dit gaan goed met” en pas dit toe op die een wat kies om die raad van die goddeloses te vermy en liewer die woord van die Here te oordink en na te volg. Die oorspronklike woord herinner ons onmiddellik aan die Saligsprekings van Jesus in Matt 5:3. Trouens dieselfde woord word in die Griekse vertaling van Psalm 1:1 (LXX) gebruik as in Jesus se uitsprake in die NT: makarios – gelukkig of geseënd.
Die goddeloses word met twee ander woorde getipeer: sondaars en ligsinniges (of spotters). Dit is mense wat kies om God nie te gehoorsaam nie (sondaars), en trouens geen respek vir Hom of ’n verantwoorde lewe wys nie (ligsinniges). Soos Elwell dit stel, dit gaan goed met iemand wat “the corrosive influence of the cynical” vermy, “taking pleasure instead in every revelation of the mind and will of God, feeding his mental life on the divine Word”.
Die fokus van die regverdiges is die woord (tôwrâh) van God, waarmee veral na die wet (tien gebooie sowel as die eerste 5 boeke van die Bybel, die Pentateug) verwys word, die riglyne vir die lewe. Hierdie doelbewuste keuse vir die woorde en weë van God is die wyse pad na voorspoed in die teenwoordigheid van God.
Die Psalmis gebruik die woord mediteer as hy oor die besig-wees met die Woord skrywe, wat in die NAV vertaal is met oordink. Hierdie tipe meditasie is fluisterend of hardop gedoen.
Die metafoor van die boom herinner ’n mens aan die boom van lewe in die tuin van Eden. Ook Jeremia gebruik die metafoor in soortgelyke taal om die regverdige te beskryf (Jer 17:8) en die goddelose met ’n droë bossie in die woestyn te vergelyk.
Die verwysing na die goddelose wat hom nie kan handhaaf voor die Here nie, antisipeer die vraag in Psalm 15:1: “Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here” en Psalm 24:3: “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan?” Dit is net dié wat na sy wil vra (24:6 – Hom soek) en onberispelik wandel (15:2). Dit is kennelik nie waar van die goddelose nie.
Die Here ken die pad van die regverdiges
Die frase in vers 6: “die Here lei die regverdiges op hulle pad” is eintlik ’n vertaling van die volgende Hebreeuse frase: “die Here ken die pad van die regverdiges”. Die NIV vertaal dit met: “the Lord watches over the way of the righteous” op voetspoor van Dahood wat aangedui het dat die woord ken ook in die betekenis van beskerm gebruik kan word (Craigie).
Let op dat die Psalm nie sê dat die regverdigheid van die regverdiges die basis vir hulle voorspoed is nie, maar die feit dat God met hulle in verhouding is, dat Hy hulle ken, dat Hy hulle beskerm. Hulle bestemming is die gevolg van God se beskerming.
Paulus verwys na dieselfde gedagte in Galasiërs 4:9, waar hy skryf dat Christene vreugde moet vind nie soseer in die feit dat hulle God ken nie, maar dat God hulle ken: “Daar was ’n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode. Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls?” Daarom bid hy dat Christus self in hulle gestalte sal kry, eerder as wette en reëls, juis omdat God met hulle in verhouding getree het, en hulle ken.
Boodskap en betekenis
TT Cloete verwoord dié Psalm só:
1. Gelukkig hy wat slegte raad vermy
wat op ‘n goddelose pad hom lei,
en met die spotters sit hy ook nie saam nie;
geen plan word met ligsinniges beraam nie.
Die Here sien hom in Sy goedheid aan.
Dit gaan met almal goed wat so bestaan.
2. Die Here is dié goedgesind
wat altyd in sy woord hul vreugde vind:
Wie dit oordink , soos sap vloei in die bome
geplant langs sterk en helder waterstrome,
hul dra hul vrug gereeld op hulle tyd
en ken geen droogte of onvrugbaarheid.
3. Die goddelose word verstrooi soos kaf.
Gewis sal God hom oordeel en hom straf.
By die regverdiges kan hy nie kom nie;
waar hul vergader , is geen plek vir hom nie.
Die Here lei dié wat na Hom verlang.
Die goddelose pad bring ondergang.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021