PSALM 111

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
PSALM 111
1Halleluja!
א ALEF
Ek wil die Here prys met my hele hart,
ב BET
in die kring van opregtes en in die byeenkoms.
ג GIMEL
2Indrukwekkend is die werke van die Here,
ד DALET
‘n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.
ה HE
3Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen,
ו WAW
en sy geregtigheid hou stand vir altyd.
ז ZAJIN
4Hy het bewerk dat sy wonders onthou word.
ח GET
Genadig en barmhartig is die Here.
ט TET
5Hy het kos gegee aan wie vir Hom ontsag het.
י JOD
Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte.
כ KAF
6Die krag van sy dade het Hy aan sy volk bekend gemaak
ל LAMED
deur die erfdeel van nasies aan hulle te gee.
מ MEM
7Die werk van sy hande is betroubaar en reg.
נ NUN
Betroubaar is al sy opdragte,
ס SAMEK
8bestendig vir altyd, vir ewig –
ע AJIN
dit word nagekom in trou en opregtheid.
פ PE
9Verlossing het Hy vir sy volk gestuur.
צ TSADE
Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf.
ק KOF
Heilig en ontsagwekkend is sy Naam.
ר RESJ
10Die begin van wysheid is ontsag vir die Here;
שׂ SIN
almal wat sy opdragte uitvoer, het goeie insig.
ת TAW
Sy lof hou vir altyd stand. (2020-vertaling)
Teks en konteks
Die Psalm 111 en 112 is akrostiese Psalms. Dit beteken elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit gee 22 reëls vir elke letter van die alfabet. Dit is ook ‘n Hallelujalied soos Psalm 112 en 113 dit ook is.
Psalm 111 en 112 kom baie ooreen in inhoud met die fokus op bv. regverdigheid, genade, barmhartigheid, en voorsienigheid. In Psalm 111 word dit as God se karakter en werk beskryf. In Psalm 112 word dit as die gelowige se karakter en werk beskryf. In Psalm 111 sê die Psalmis dat God self sal sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. In Psalm 112 word dit van die gelowige gesê: “‘n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.” In Psalm 111 is dit God wat voorsien. In Psalm 112 is dit die “goedhartige” wat uitleen en al sy sake reg bestuur.
Die twee Psalms is dus keersye van mekaar. Wat van God in die een gesê word, word van die gelowiges in die ander gesê.
Omdat die twee Psalms maklik gememoriseer kon word vanweë die alfabetiese begin, het dit dus as ‘n soort kortbegrip gefunksioneer om kinders nie net die alfabet te leer nie, maar die “ABC” van wie God is en wat Hy doen: “Groots is die werke van die Here, ‘n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.” Die volgende Psalm het hulle die “ABC” van wie gelowiges is en hoe hulle lewe, geleer.
Elke reël van die vers skets ‘n aspek van God se werk in die lewe van die volk, soms in kombinasie met ‘n ander reël. Op grond van die beklemtoning van sy werk in vers 2 en 7 kan die Psalm in twee dele gedeel word, maar dit is maar net om die boodskap op ‘n manier op te som: God se werk is Groots(111:2-6) en, God se werk is Betroubaar (111:7-10).
God se werk is Groots – 111:2-6
Die eerste deel van die Psalm fokus op die werke van die Here in terme van sy voorsiening wat uitgemond het in die gawe van die Beloofde land. In die proses het die volk sy magtige dade ervaar, sy genade en barmhartigheid, en dat Hy sy verbond met hulle in stand gehou het. Daarom prys hulle die Here met hulle hele hart in die byeenkomste van die geloofsgemeenskap, terwyl hulle bely dat die Here self sal sorg dat sy majestueuse en luisterryke dade nie vergeet sal word nie.
Onthou ook dat dié Psalm ‘n besondere betekenis vir die teruggekeerde ballinge in Jerusalem gehad het, waarin hulle eintlik op ‘n dubbele manier God se voorsiening kon vier. Hulle voorouers het die eerste Intog in Kanaän beleef, en hulle self die tweede een.
Vers 4 word in Jakobus 5:11 aangehaal en met die verhaal van Job se volharding verbind. “Kyk, ons beskou hulle wat volhard as geseënd. Julle het gehoor van Job se volharding, en julle het die Here se einddoel met hom gesien en dat die Here vol medelye en ontferming is.” (BDV).
God se werk is Betroubaar – 111:7-10
Die tweede deel van die Psalm fokus op die werke van die Here in terme van die betroubaarheid van wat Hy doen, sowel as in sy opdragte. Die BDV se vertaling is misleidend in die eerste deel van vers 7 en ek verkies die NAV se se vertaling: “Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas.” Die Hebreeuse woord ‘emet wat met “waarheid” in BDV vertaal word, kan ook met “trou” vertaal word, en die Hebreeuse woord mishpat wat met “wet” in BDV vertaal word, slaan baie eerder op “regspraak” of “geregtigheid” (justice).
Hoe dit ook al sy, die klem is op die feit dat ‘n mens nie net kan staatmaak op die werk van die Here, dat Hy genadig en barmhartig in sy voorsiening sal wees nie, maar dat jy ook kan staatmaak daarop dat dit regverdig en betroubaar sal wees. ‘n Mens kan op God staatmaak dat Hy sal optree. En jy kan staatmaak daarop dat dit die regte optrede sal wees.
Dit is vir ewig so, sê die Psalm. Almal wat dus sy opdragte uitvoer, het goeie insig. God is ook betroubaar in die wyse waarop Hy ons begelei deur sy opdragte en voorskrifte. Daarom is die wyse manier van lewe: Leef met ontsag vir God se opdragte.
Boodskap en betekenis
Die Psalm tref my in sy eenvoud en diepte.
Aan die een kant is dit só maklik en eenvoudig om die boodskap op te som en vir jouself toe te eien. God se werk is groots. God se werk is betroubaar. Loof die Here. En dít kan jy deur jou hele lewe onthou en daarop staatmaak. Dit is die ABC van jou verhouding met God.
Maar die Psalm het ‘n diepte wat verras as ‘n mens ‘n bietjie onder die oppervlak gaan rondkrap. Vers 7-8 sê ook, opgesom: God is betroubaar in sy opdragte. Die NAV sê: “Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid.” Peterson vertaal: “He manufactures truth and justice; All his products are guaranteed to last—Never out-of-date, never obsolete, rust-proof. All that he makes and does is honest and true.” (The Message)
Dit beteken dat ‘n mens God se voorskrifte ernstig kan neem, want hulle is gegee in trou en regverdigheid. Hulle is betroubaar om na te volg, want hulle dui die regte pad aan.
Dink vandag daaroor na in terme van nie net die woorde van God wat deur jou lewe vir jou van betekenis was nie, maar ook oor die Bybel as sodanig as die Woord van God.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Riaan Riekert
Goeie more Chris.
Ek lewer selde kommentaar maar ek voel vanoggend nogal gerade om jou net weereens te bedank vir die boodskappe / Bybelstudie wat so getrou uitgaan. Jou ‘sagte’ manier van verduideliking is verfrissend veral in die milieu van leeraars wat dikwels ‘n ‘veroordelende / berispende’ toon in neem. God’s rykste seën. Riaan
Chris van Wyk
Dankie, dit is bemoedigend!