Skip to main content

2 SAMUEL 5:1-5, 9-10

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

2 SAMUEL 5:1-5, 9-10

Dawid koning oor die hele Israel 

1 Al die stamme van Israel het na Dawid in Hebron gekom en gesê: “Hier is ons – ons is u bloedfamilie. 2 Selfs in die verlede, toe Saul oor ons koning was, was u die een wat Israel se veldtogte gelei het. Die Here het vir u gesê, ‘Jy sal herder wees van my volk Israel, en jy sal ‘n leier word oor Israel.’ ” 3 Toe al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom het, het koning Dawid voor die Here ‘n verbond met hulle gesluit in Hebron; en hulle het Dawid as koning gesalf oor Israel. 4 Dawid was dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar lank regeer. 5 In Hebron was hy koning oor Juda sewe jaar en ses maande lank, en in Jerusalem was hy koning oor die hele Israel en Juda drie-en-dertig jaar lank. 

Inname van Jerusalem 

6 Die koning en sy manne het na Jerusalem gegaan, na die Jebusiete wat in dié gebied gewoon het. Die Jebusiete het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier inkom nie! Selfs blindes en kreupeles sal jou afweer deur te sê, ‘Dawid sal hier nie inkom nie!’ ”7 En tog het Dawid die vesting van Sion, dit is die Stad van Dawid, ingeneem. 8 Dawid het daardie dag gesê: “Elkeen wat die Jebusiete wil verslaan, moet deur die watertonnel kruip om die kreupeles en blindes by te kom, hulle wat veragtelik is vir Dawid.” Daarom word daar gesê: “’n Blinde en ‘n kreupele mag nie die huis binnekom nie.” 

9 Dawid het in die vesting gaan woon en dit die Stad van Dawid genoem. Dawid het rondom bouwerke opgerig, van die terrasse af na binne. 10 Dawid het al hoe sterker geword. Die Here, die God van alle magte, was met hom.

11 Hiram, die koning van Tirus, het gesante na Dawid gestuur, asook sederhout, skrynwerkers en klipmesselaars. Hulle het vir Dawid ‘n paleis gebou. 12 Dawid het besef dat die Here hom as koning oor Israel gevestig het en dat die Here sy koningskap aansien gegee het ter wille van sy volk Israel. 13 Dawid het nog byvroue en vroue uit Jerusalem geneem nadat hy uit Hebron daar aangekom het. Daar is toe vir Dawid nog seuns en dogters gebore. 14 Dit is die name van die kinders wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sammua, j Sobab, Natan en Salomo; 15 Jibgar, Elisua, Nefeg en Jafia; 16 Elisama, Eljada en Elifelet. 

Teks en konteks

God se keuse van Dawid as koning word nou ook deur die hele volk erken: “Hier is ons – ons is u bloedfamilie (u eie mense).” Let op hoe Dawid se koningskap verbind word aan herderskap en charismatiese leierskap (dit is wat die woordjie nagid wat hier gebruik word, beteken).

Ook al die leiers van Israel sluit met hom voor die Here ‘n verdrag. Die lang en stormagtige pad na die troon is voltooi.

Vers 8 is moeilik om te verstaan. Die verwysing na die watertonnel kan beteken dat Dawid dit gebruik het om in die stad in te kom. Die verwysing na die blindes en kreupeles word moontlik sarkasties gebruik.

Die keuse van Jerusalem was briljant. Nie net was dit neutrale grond tussen Juda en Benjamin nie, maar dit was ook ‘n strategiese plek wat maklik verdedig kon word. Geen wonder dat dit steeds vandag die hoofstad van Israel is nie. Daarmee het Dawid polities die volk verenig, sodat daar nie ‘n stryd kon wees oor watter stam belangriker as ander sou wees nie.

Boodskap en betekenis

Die erkenning van Dawid se koningskap wentel om twee belangrike aspekte van leierskap:

  • om om te gee soos ‘n herder vir mense,
  • en deur die Gees en sy gawes leiding te gee.

Dit bly selfs vandag nog fundamentele eienskappe van leierskap, soos ons dit ook in die lewe van Jesus raaksien. Die Goeie Herder (Joh 10) en die Leidsman (en Voleinder) van die geloof (Hebr 12).

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.