PSALM 24

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
PSALM 24
1 Van Dawid. ‘n Psalm.
Aan die Here behoort die aarde
en die volheid daarvan,
die wêreld en dié wat daarin woon,
2 want Hy het dit op oseane gegrond
en op strome gevestig.
3 Wie mag teen die berg
van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom staan?
4 Die mens met skoon hande
en ‘n rein hart
wat nie na nietigheid hunker
en nie sweer by wat vals is nie,
5 sal seën ontvang van die Here
en geregtigheid van die God
wat hom red –
6 dit is die geslag wat na Hom soek,
hulle wat u teenwoordigheid opsoek,
dit is Jakob. Sela
7 Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig julleself op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
8 Wie is hierdie roemryke Koning?
Die Here, magtig en heldhaftig,
die Here, heldhaftig in die stryd.
9 Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
10 Wie is Hy,
hierdie roemryke Koning?
Die Here, Heerser oor alle magte,
Hý is die roemryke Koning. Sela (2020-vertaling).
Teks en konteks
Hierdie Psalm word ten nouste met die ark verbind en is daarom soos Psalm 15 met die tempel verbind. Die twee Psalms vorm die buitenste konsentriese sirkel rondom Psalm 19 se verheerliking van God se stem in die Skepping en in sy Woord.
Die ark van die Here het ‘n besondere geskiedenis. Nie net het dit die sigbare teenwoordigheid van die Here in die woestyn voorgestel nie. Nie net het dit ‘n plek in die heiligdom gehad, in die Allerheiligste deel, nie. Nee, dit was ook die sigbare teenwoordigheid van die Here as Israel geveg het.
In die tyd van Dawid het die ark ‘n rusplek in Jerusalem gekry by die aanvang van sy regering (2 Sam 6). Hier het dit dan gestaan, behalwe as dit tydens ’n oorlog saam met die leër geneem is (2 Sam 11). Elke keer as hulle dan weer terugkom van die oorlog af, het hulle die ark op feestelike wyse in die stad ingeneem (2 Sam 6:5,13).
Blykbaar is hierdie Psalm op twee maniere gebruik met betrekking tot die ark.
- Eerstens is dit gesing op die eerste dag van die week, om die feit dat die ark ‘n rusplek in Jerusalem gekry het, te vier.
- En tweedens is dit gesing tydens die optog, wanneer die leërs terugkom van die oorlog af, en hulle die oorwinning kom vier.
Dit is dus ‘n Psalm vir die tot-rus-kom, vir die tuiskoms van die ark, sowel as die viering van God se voortdurende teenwoordigheid by sy volk.
Die Psalm is ook herhaaldelik by die tempel opgevoer.
- In so ’n opvoering het die mense aan die buitekant van die tempelpoort uitgeroep dat die poort moet oopgaan sodat die magtige Koning kan ingaan.
- Dan het die priesters aan die binnekant gevra: “wie is hierdie magtige Koning?” en
- die mense buite het geantwoord: “Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.”
- Dan het die tempelpoort oopgegaan as simbool dat die Here nou by sy mense is.
Die boodskap van die Psalm is daarom tweërlei. Aan die een kant bevestig dit aan die gemeenskap van Israel dat: alles behoort aan die Here. Aan die ander kant verseker dit die mense wat in Sy teenwoordigheid wil lewe: dié God seën sy mense.
- Let op hoe die fokus in die Psalm spring na die berg van die Here, die Sionsberg, waarheen die ark nou sy terugkeer maak.
- En die vraag word van binne af vir almal gevra, “Wie mag die berg van die Here opgaan, en en wie mag in sy heiligdom gaan staan?”
- En die antwoord kom deur die singende skare: “Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.”
- En dan bely hulle saam: “So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.”
- Dit is die erfenis van mense wat na God se wil vra en Hom dien, dit is hulle wat die ware nageslag van Jakob is en in God se teenwoordigheid mag ingaan.
Soos die gemeente die tempel ingestap het, het hulle gesing en selfs die eeue-oue poorte van die tempel opgeroep om saam te sing en aan die magtige Koning eer te bewys. Hy is sterk en geweldig. Hy is die oorwinnaar in elke stryd. Dit dui duidelik op beide Dawid en die Here self.
Hierdie Psalm is ‘n wonderlike motivering. God seën sy mense, Hy bring vir hulle vrede en Hy bring vir hulle rus. Soos Jesus hierna sou sê: Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal vir julle rus gee (Matt 11:25).
Maar daar is ook ‘n verdere boodskap wat eintlik die hoogtepunt van die Psalm is. Die Psalmis laat die fokus weer terugspring na die Here self, want Hý is die eintlike koning van Israel. Dit is Hý wat die oorwinning gegee het, en dit is Hý wat geloof moet word. En soos die ark dan ingedra is in die tent wat daarvoor opgerig is, en dit in die heiligdom neergesit is, kom Israel tot rus. God is hier, en ons is hier, veilig, vertroos, versorg.
Boodskap en betekenis
Hierdie is ’n Psalm vir tot rus kom by God. Soos die ark in Jerusalem tot rus gekom het in die tempel. Stel jouself gerus met die boodskap dat alles aan God behoort en dat Hy sy mense seën. Ook vir jou.
Die Psalm het ‘n besonder betekenis vir ‘n familie in ons gemeente. In die laaste ure van ‘n besondere man in ons gemeente, het sy familie hierdie Psalm gelees, waarna hy: “Amen, Amen” geroep het, vertel het dat hy die Here Jesus sien en toe gesterf het.
Ek kon nie anders om te wonder of dit nie hierdie keer hy was wat by die hemelse deur gekom het, en daar van binne-af gevra is, wie is daar, en hy kon antwoord, dit is U kind, Here. En die deur het vir hom oopgegaan en daar het hy sy rusplek gekry. Laat sy ervaring jou inspireer om jou lewe só te lewe dat jy ook op dieselfde manier in die hemel verwelkom word.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021