Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede

Hierdie gedeelte gaan oor die vervulling van die belofte aan Sagaria, en sy profesie daarna oor die Verlosser  en sy Voorloper.

1:57-66

Let op hoe die wonder wat God doen ’n uitkringende effek het.  Wat in die privaatheid van die tempel aangekondig is, gekoester is deur Elisabet en die naby familie, het hier met die geboorte van Johannes ’n publieke effek op die bure, die gemeenskap en selfs in die wyer landstreek van Judea.   Johannes se geboorte lei dus tot groot vreugde en ontsag in die publiek vir wat God doen.  Die wonders van God is bedoel as publieke tekens van sy goedheid en mag.

Dit tref my hoe Lukas skryf dat dit duidelik was dat die Here by hom was, iets wat na Pinksterdag eintlik elke kind van God se deel kan wees.

1:67-80

Sagaria kom aan die woord en profeteer onder leiding van die Heilige Gees:

  • oor die Verlosser wat volgens die belofte die volk weer vroom (heilig) en opreg (regverdig) en sonder vrees vir hulle vyande sal laat lewe, en
  • oor die Voorloper, Johannes (die naam beteken God is genadig), wat die pad vir Hom sal voorberei, interessant genoeg om hulle deur vergifnis en die lig wat Hy gee op die pad van vrede te laat loop.

Dit laat my besef dat daar ‘n unieke pad is wat Jesus vir elkeen van ons het, waar ons in die lig lewe wat Hy oor ons pad gooi.  En dat dit ons strewe moet wees om alles wat ons doen doelbewus in Sy lig te bring.  Vrede het nie in die eerste plek te make met die afwesigheid van stryd nie, maar het te make met die bewussyn dat ons in God se wil (lig) lewe.  God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede.

Johannes het grootgeword en is geestelik versterk (bekragtig deur/in die g[G]ees – dit kan geestelik of Geestelik verstaan word).  Maar let op, dat sy openbare bediening eers gebeur op die tyd wat God bepaal.  Daar is vir hierdie Voorloper ’n tyd van voorbereiding nodig soos dit ook was met heelwat ander Godsfigure, Moses en Dawid in die OT, en in die NT Jesus en Paulus.

My oorheersende indruk van die eerste hoofstuk is die leidende rol wat God deur sy Heilige Gees speel in die praktyk en roeping van elkeen van die gelowiges se lewens. En Jesus word voor sy geboorte al die Lig genoem wat die pad wat ons loop, sal bepaal. Jesus is die anatolê, die hemelse lig, wat – soos Johannes ook in sy evangelie se proloog, hfst. 1, sal skryf – alles verander.

View all posts in this series

Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • Ek het so `n bietjie meer oor Lukas se agtergrond gelees, en sy belewenes van God se werke wat hom gemotiveer het om onderhoude met die dissiepels en Maria te voer oor Jesus. Dit motiveer my net meer om te weet dat God in beheer is en kragtig deur mense werk, werk wat groter as mense se begrip is. Dis werke wat ALLA mense insluit, ook vir my.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: