Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (17)

  • Avatar

    Marius Snyman

    |

    Die evangelies soos dit aangebied word op jou blad is perfek,maar is dit dalk in boekie vorm beskikbaar en wat sal die kostes daaraan verbonde wees.
    Dankie.

    Reply

  • Avatar

    Louisa C

    |

    Baie dankie! Pas klaar met Johannes en besig met Markus, maar gaan beslis die riglyne nou volg. Groot waardering!

    Reply

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek is besig met onderhandelinge met ‘n uitgewer, maar dit sal nog ‘n rukkie neem voor dit beskikbaar is. Hoeveel soek julle?

    Reply

    • Avatar

      Magdel van Tonder

      |

      Baie dankie vir die Bybelstudies. Ek sal ook die gedrukte weergawe wil besit. Laat weet groot asb wanneer dit beskikbaar is.

      Reply

  • Avatar

    Jannie Lategan

    |

    Hi Chris
    Ek wil graag die lêer bestel met die 4 evangelies langs mekaar. Hoe gaan ons te werk.
    Groete
    Jannie

    Reply

      • Avatar

        Riëtta

        |

        Ek volg u riglyne en bybelskool al baie jare. Is dit moontlik dat u ook die lêer met die 4 evangelies langs mekaar, aan my beskikbaar kan stel. Koning Jesus seën u met u dienswerk.

        Reply

  • Avatar

    Bertie

    |

    Liewe Ds,
    Sal ook baie graag die boek aankoop indien beskikbaar omrede ek einde Junie met pensioen gaan sal ek dit graag wil hê.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Watter boek praat jy van? Of is dit net die Markus lêers?

      Reply

  • Avatar

    Marius Solomons

    |

    Goeie middag my roeping is evangelis wil graag al die boeke van die begin af he asseblief waar ek moet begin as n beginner dankie

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek sal begin met Matteus. Dan met die verhaal van Paulus. Al die skakels is daar. Daarna sal ek die Bybel boek vir boek deurlees. OT, NT, Psalms en Spreuke.

      Reply

  • Avatar

    Paul

    |

    Hi Chris, vele dank vir jou wonderlike werk en in-diepte ontledings, beskrywings en kruisverwysings. Sal jy groot asb ook vir my die 100 bladsye: ” E-pos my vir ‘n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat ‘n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!).” aanstuur. Christus groete, Paul

    Reply

  • Avatar

    Hannes

    |

    Goeie dag Dr van Wyk
    Is dit moontlik dat u die lêer met die 4 evangelies langs mekaar, aan my beskikbaar kan stel?
    Ek sal dit baie waardeer.
    Groete.
    Hannes

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Johanna

    |

    Die boeke van God Bybel studie.
    Baie dankie Dr Chris van Wyk hierdie studie deur u het baie vrae ook aan my beantwoord
    God seën u.
    Johanna

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek het vir jou ge-epos, Hannes. Geniet.

  • Avatar

    Hannes

    |

    Goeie dag Dr van Wyk
    Is dit moontlik dat u die lêer met die 4 evangelies langs mekaar, aan my beskikbaar kan stel?
    Ek sal dit baie waardeer.
    Groete.
    Hannes

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, dit is iets wat ‘n mens eintlik regdeur die Bybel aantref. Ons is multi-dimensioneel, en ons ervarings lê nie net op een vlak nie. Trouens, dit is hoe die werklikheid ook is. Daar is sigbare en onsigbare kante daarvan. Groete.

  • Avatar

    Petrus

    |

    Beste Chris

    Dankie.
    Met al die verklarings blyk dit dat die “doring” geestelik en fisies kon wees.
    Iets wat meeste van ons ook ervaar, maar nie wil erken en beveg soos hy wat die wil van God gedoen het, eerder as om in te gee en vals op te tree nie.
    Ons verledes val ons ons dikwels aan en laat ons skuldig voel, en daarom met ons uit Paulus se geloof leer om die aanslae die hoof te bied deur te doen waartoe God ons geroep het.
    Sterkte en seen vir jou.

  • Avatar

    charron

    |

    Dear pastor my name is charron ,i want to learn how to do bible study but don’t no how and where to start,i study about forgiveness and already wrote 2 and a half exampads full PLEASE HELP ME IM EAGER TO LEARN

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Beste Petrus

    Daardie interpretasie is ‘n gewilde een. Deur die eeue is baie ander verklarings ook gegee. Sommige dink dat die doring verwys na 1) Paulus se innerlike onrus oor die kerke (2 Kor 2:4), 2) een of ander boesemsonde, dws een waarvan hy nie ontslae kan raak nie, 3) sy teenstanders (soos die sogenaamde superapostels – 2 Kor 11:1–5), 4) ‘n fisiese kwaal (soos swak sig – soos jy dit interpreteer), 5) sy gebrekkige praatvermoë (2 Kor 10:10), of 6) demoniese opposisie – beide in die algemeen of spesifiek teen hom gemik, soos dit al voorheen die geval was (1 Tess 2:18). Al hierdie opsies lyk moontlik as ‘n mens kyk na die omstandighede in Paulus se lewe.

    Vir my is die “engel van Satan” die beste verklaring, want die doring in die vlees word direk met die “engel van Satan” verbind. Die Griekse woord, angelos, wat hier gebruik word, word meesal met “engel” vertaal wat in hierdie geval dan ‘n bose engel (van Satan) sal wees.

    Wat die demoniese interpretasie verder bevestig is dat hierdie engel van Satan hom “met die vuis slaan”. Dit kan figuurlik dui op versoekings of aanklagte van hierdie bose wese weens Paulus se antagonistiese verlede en ook moontlik ander oortredings as Christen wat hom op ‘n manier laat skuldig voel het eerder as vrygemaak in Christus. Dit kan ook fisiese pyn wees. Soos een kommentaar sê, miskien was dit werklik ‘n engel van Satan wat Paulus met die vuis geslaan het.

    Ek kies dus vir hierdie demoniese interpretasie, maar dit is ook moontlik dat angelos na ‘n menslike “boodskapper” verwys – soos die woord ook vertaal kan word – iemand, miskien ‘n dwaalleraar, wat hom baie teengestaan en seergemaak het (vergelyk Aleksander en Himeneus 1 Tim 1:20; 2 Tim 4:14 – Aleksander het Paulus se “woorde sterk teëgestaan”). Uiteraard sou sulke mense steeds in opdrag en onder leiding van die Satan opgetree het.

  • Avatar

    Petrus

    |

    Beste Chris

    Dit is lekker om na kerkdiente te luister, Bybel te lees en jou Bybelstudie stukke te lees en dan so meer gevul te word met Die Gees en openbarings.

    Ek wonder oor die volgende, want ek het al veskeie sienings hieroor gehoor tot so 2 weke gelede: Paulus se doring is die vlees kon ‘n oogsiekte wees.
    Die prediker het verwys na Galasiers 4: 12 – 16 “As dit moontlik was, sou julle julle oe uitgeruk en vir my gegee het.”
    Dit maak sin want Galasiers 6:11 vewys, “Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!” Hy was dalk bysiende en kon nie meer goed sien nie na die siekte. Daarom ook sy afhanklikheid altyd van ander soos om te wag vir Titus.
    Hy kon nie meer self lees en wannner hy skryf moes hy groot letters gebruik. Ons weet nie verseker, maar Gal. 6 bevestig vir my wat die prediker oor Gal. 4 gese het.
    Dalk weet jy dit, maar vir my het dit nou sin gemaak?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Robin – Gebed beïnvloed God se planne. Talle verhale bevestig dit, soos die een van Hiskia wat jy aanhaal. Maar, ook ‘n Abraham (Gen 18), en ‘n Lot (Gen 19) het gebid en God het geantwoord, vir hulle gegee wat hulle gevra het. Trouens, die mense van Nineve het gebid en God het van sy beplande oordeel afgesien (Jona). Daar is wel kere wat God die gebede afwys en sy planne uitvoer. So het Moses dit ervaar (Eks 32), so het Jeremia dit ervaar (Jer 7:16; 11:14; 14:11; 15:1; vgl Eseg 14:14, 20), en selfs Jesus in Getsemane moes aanvaar dat God se wil nie verander kan word nie.