Die gebruik van Levitikus in die Nuwe Testament

https://brobaer.files.wordpress.com/2013/11/3d20brazen20altar.jpg
https://brobaer.files.wordpress.com/2013/11/3d20brazen20altar.jpg

Ek het begin om my voor te berei vir my studie oor die eerste sewe boeke van die Bybel.  Dit is ‘n fassinerende reis.  Hier is ‘n voorsmakie oor die betekenis van die boek Levitikus.

Daar is sewe betekenisvolle gebruike van Levitikus in die Nuwe Testament.  Dit was immers deel van die Bybel wat die NT gelowiges gebruik het, die LXX, die Griekse vertaling van die OT (my inligting onder andere gebaseer op John Hartley se kommentaar op Levitikus):

  1. Die inligting oor die offerkultus in Levitikus is onontbeerlik om die plaasvervangende sterwe van Jesus Christus aan die kruis van Golgota te kan verstaan.  Die perspektief wat dit gee op sonde en versoening is noodsaaklik om die behoefte aan en betekenis van Jesus se soendood te kan verstaan.  Kyk bv. na Romeine 3:21-28.
  2. Volgens die NT is Jesus die hoëpriester by uitnemendheid.  So spel die skrywer van die Hebreërbrief dit uit in sewe hoofstukke: 3-5 en 7-10. Levitikus gee daarvoor ’n noodsaaklike onderbou.
  3. In die verlengde hiervan word elke gelowige in ’n priesterlike rol geteken, beide in dié bedeling (1 Pet. 2:9) as in die toekomstige (Openb. 20:6).  Levitikus gee ’n noodsaaklike onderbou vir ons verstaan van wat dit alles behels, veral die opdrag om heilig te lewe in alle verhoudinge.
  4. Die riglyne wat Levitikus gee vir die geloofsgemeenskap om te verstaan hoe hulle God kan en behoort te nader en aanbid, is eweneens ’n belangrike onderbou van ons verstaan van die hemelse heiligdom binne die konteks van die Nuwe Verbond, soos Hebreërs dit duidelik maak.
  5. Die oproep in Levitikus om heilig te wees soos God heilig is, word eweneens helder verwoord en toegepas in die NT.  ’n Mens sien dit by Jesus in die Bergrede (Matt. 5:48), by Petrus in sy eerste brief (1 Pet. 1:15-17), trouens dit is die onderbou van sy hele brief, en in die gereelde beskrywing van gelowiges as “heiliges” (kyk in die Grieks in Hand. 9:13, 32;  Rom. 8:27; 12:13; Ef. 2:19).  Jesus het wel weggedoen met die wette oor rituele reinheid (Mark. 7:14-23; Matt. 15:10-20), maar daardeur eintlik nog ’n groter appèl gemaak op gelowiges om heilig te lewe in alles wat hulle doen, vanuit ’n hart wat rein is.
  6. Gelowiges moet dus steeds in alle verhoudinge heilig optree.  Die beginsels wat Levitikus vir ons daaroor leer, bly steeds van krag – in terme van sonde, afgodery, ongeoorloofde seksuele verhoudings, moord, en towery.  Paulus gebruik die Levitikus konsepte van rein/onrein om moraliteit in die nuwe bedeling te beskrywe.  Hy gebruik veral die woord akatharsia – onreinheid – om die tipe onsedelikheid wat gelowiges moet vermy, te beskrywe: Rom. 1:24-25; 6:19; 2 Kor. 7:1; 12:21; Ef. 4:17-19; 5:3,5; 1 Tess. 4:7.  Ook Johannes skryf daaroor: 1 Joh. 1:7,9.  Hierdie reiningsproses gebeur deur die woorde van Jesus (Joh. 15:3; Ef. 5:26).  Die doel vir elke gelowiges is om ’n rein hart voor God te hê (Matt. 5:8; 1 Tim. 1:5; 2 Tim. 2:22).
  7. Die beskrywing van die Heilige Gees in die NT steun ook swaar op die onderbou wat Levitikus gee.  In 2 Korintiërs 6 word elke gelowige, en in Efesiërs 2 die hele geloofsgemeenskap, beskrywe as ‘n tempel van die Heilige Gees.  In Korinte word die inwonende Gees gebruik as motivering waarom enige seksuele losbandigheid vermy moet word.  In Efesiërs word die eenheid wat die Gees gee gebruik as motivering vir die kerk om die onderlinge band te koester sodat ons saam ‘n heilige tempel vir die Here kan wees.  Daarom moedig Paulus die gelowiges in Tessalonika aan om nie die Heilige Gees te weerstaan nie en alles te toets, te behou wat goed is, en weg te  bly van alles wat sleg is (1 Tess. 5:19).  Hy moedig die gelowiges in Efese aan om onsedelikheid, onreinheid en gierigheid te vermy, omdat dit die Heilige Gees bedroef (Ef. 4-5).  Die oproep aan die Romeine om hulleself as ‘n heilige offer aan God te gee, word gebaseer op die heilige verhoudingslewe waarvan Levitikus 18 skrywe (Rom. 12:1-2).  En daar is meer!

Die OT – en baie spesifiek ook Levitikus – is steeds die Woord van God.  Daarsonder kan jy die sleutel uitsprake wat die NT maak oor Jesus, die Heilige Gees, en die geloofsgemeenskap se lewe in hierdie wêreld nie na behore verstaan nie.

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Ek is n lidmaat by AGS op Despatch en is betrokke by ons opleiding en is op soek na n studie kurses wat fokus op die nuwe testament evangelies wat ons kan aanbied vir lidmate.
    Ek sal waardeur as u my miskien hiermee kan help.
    Baie dankie.
    Marius

    • Hi Marius – julle kan dit op die Internet doen. Begin by Markus wat ‘n vergelykende lees van Markus, Matteus, en Lukas is, met twee stukkies uit Johannes wat met Markus verband hou. E-pos my vir ‘n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat ‘n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!). Lees dan Matteus, Lukas-Handelinge, en uiteindelik Johannes. Dit behoort julle ‘n tydjie besig te hou!

  • Ek sal daarvan hou indien u vir my die lering oor did boek Levitikus kan epos.
    Ek begin nou Levitikus te lees om meer duidelikheid te kry oor my lewe in YaHshua

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: