Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
Let weereens op hoe Stefanus se bediening met die woorde wonders en tekens beskryf word, net soos nou al ’n refrein in die boek Handelinge geword het. Dit getuig van die werklikheid van God se werk in die lewe van Sy dissipels.
Dit tref my egter dat die Jode wel kan sien dat die Here werk – die verlamde man is genees, en hulle sê self dat Stefanus se gesig soos dié van ‘n engel is – maar hulle kies om die werklikheid (van God) te ignoreer, erger nog, hom te stenig daaroor. Hoe siende blind kan ’n mens nie wees nie! Maar, wat hulle vir die tweede keer regkry, is om die volk teen die ontluikende Christelike beweging te laat draai. Die eerste keer was met die kruisiging van Jesus. Hier is dit met die steniging van Stefanus.
In ‘n verstommende goeie oorsig oor die geskiedenis van die volk Israel van Abraham en Moses (met verstommende ooreenkomste met Jesus se eie bediening) se dae af tot by Salomo en die tempel, wys Stefanus aan die Jode uit hoe hulle nou, soos deur die eeue, hulle eie geskiedenis verontagsaam het. Hy vat veral hulle misplaaste vertroue op die tempel aan in plaas daarvan om op God self te vertrou. Dit is een van die redes waarom Jesus voorspel het dat die tempel vernietig sou word, omdat dit die geleentheid sou skep dat die ware aanbidding van God ’n kans sou kry, iets wat baie maklik verlore gegaan het in die amperse verafgoding van die tempel onder die Jode.
Maar sy skerp teregwysing – wat ook die langste toespraak in Handelinge is – lei tot sy steniging. Sy laaste woorde eggo Jesus s’n aan die kruis. Let op hoe Lukas beskryf hoe die Jode hulle ore toedruk en Stefanus stenig – dit is ’n grusame simbool van hulle wrede weerstand ten spyte daarvan dat hulle die wonders en tekens nie kan ontken nie. Die tragiese episode eindig met die bekendstelling van Saulus wat nog ‘n groot rol sou speel in die ontvouende verhaal van die evangelie, hoewel hy hier nog aan die kant van die Joodse Raad optree.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - August 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - August 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - August 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - August 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - August 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - August 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - August 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - August 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - August 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - August 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - September 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - September 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - September 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - September 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - September 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - September 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - September 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - September 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - September 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - September 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - September 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - September 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - September 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - September 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - September 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - September 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - September 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - September 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - September 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - September 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Jurgens
Chris
Praat bietjie met my oor Handelinge 7:51 oor die weersaan van die Heiloige Gees. Het jy al daaroor geskryf?
Geniet die lewe!
Chris van Wyk
Stefanus verwys waarskynlik met “weerstaan die Heilige Gees” na Jesaja 63:10 waar die profeet die volk verwyt dat hulle in die woestyn die woorde van die Heilige Gees verontagsaam het en nie nagevolg het nie. In die volgende verse verwys Stefanus ook na die vaders wat in hulle opstandigheid die profete doodgemaak het wat deur die Heilige Gees gepraat het. Ironies genoeg is dit dan presies wat met Stefanus gebeur. Hulle weerstaan die Heilige Gees en maak hom dood.