Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
Die prentjie wat baie van ons van hom het, is dat hy merendeels in Jerusalem gestasioneer was, soos ons dit eintlik van die ander apostels ook dink. Dit is egter nie van almal waar nie. Lukas sê hier dat Petrus baie rondgereis het, soos ‘n mens mos eintlik van ‘n apostel sou verwag, dat hulle nie net een gemeente sou bedien nie, maar ‘n hele aantal, om so die uitbreiding en vestiging van die evangelie te kan begelei. Trouens, Petrus dink ook homself dat hy vir die nasies geroep is (Hand 15:7; vgl ook Hand 8:14). Ook Johannes het grense oorgesteek, en later in Efese gewerk, vanwaar hy na die eiland Patmos verban is, en die Openbaring ontvang en neergepen het.
Die Here gebruik hier vir Petrus om ‘n verlamde, Eneas, te genees en ‘n dooie, Tabita (Dorkas) uit die dood op te wek. Let op hoe hierdie wonders telkens ‘n teken van God se grootheid is, en tot geloof lei onder dié wat dit aanskou of daarvan hoor. Soos Jesus dit gedoen het (Mark 5:40), stuur Petrus in die geval van Tabita almal uit, voordat sy genees word. Die wonder het ook ‘n groot effek op die gemeente, dws die gelowiges self, nie net op die buitestaanders nie. God ontferm Hom nie net oor die buitestaanders nie, maar ook Sy eie mense.
Dat Petrus hier by ‘n leerlooier gebly het, is baie betekenisvol in die lig van die gebeure met Kornelius wat in die volgende hoofstuk vertel word. Leerlooiers was deur die Jode as onrein beskou, wat beteken dat Petrus alreeds eintlik ‘n grens begin oorsteek het na mense wat met “onrein” dinge besig is. Hierna sou hy die grens oorsteek na mense wat deur die Jode as “onrein” beskou is.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - August 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - August 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - August 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - August 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - August 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - August 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - August 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - August 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - August 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - August 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - September 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - September 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - September 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - September 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - September 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - September 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - September 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - September 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - September 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - September 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - September 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - September 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - September 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - September 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - September 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - September 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - September 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - September 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - September 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - September 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016