Skip to main content

WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31

Ons begin hierdie week aan die laaste hoofstuk in die verhaal van die evangelie van Jesus Christus lees wat ons van Jerusalem tot in die hartjie van die hoofstad van die Romeinse ryk neem.  Paulus word verhoor deur dieselfde 3 trubinale as Jesus:
  • die Joodse Sanhedrin (Hand 22 – soos in Luk 22)
  • die Romeinse goewerneur (Hand 25 – soos in Luk 23)], en
  • een van die Herodes konings (Hand 25 – soos in Luk 23 – in hierdie geval Julius Markus Agrippa)

Die resultaat is dat Paulus op ’n nuwe reis gaan, dié keer na Rome toe, waarmee die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.  Daarmee word bevestig dat die goeie nuus van God se redding vir alle mense is:

  • in vervulling van die belofte aan Abraham: “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” (Gen 12:2-3 – vgl Hand 3:25) en
  • as ’n sentrale aspek van die visie van die profete dat die evangelie vir “al die heiden nasies”  sal wees (Amos 9:11-12 – vgl Hand 15:17).

Let op dat Lukas – soos in sy evangelie met Jesus – beklemtoon dat die beskuldigings teen Paulus en die kerk van alle waarheid ontbloot was.  Drie keer word hy onskuldig bevind van enige verkeerde optrede teen Rome en die Romeinse ryk, iets wat uiteindelik in die guns sou tel van die verspreiding van die Christendom, hoewel dit nie ‘n lang vervolging van die vroeë kerk sou uitsluit nie (Hand 22:29; 23:26-30; 26:32).

Die verhaal van die beskerming van skipbreuk herinner ons ook daaraan dat die evangelie se verspreiding fundamenteel God se werk is.  Soos Gordon Fee sê: “we are constantly reminded that the gospel is God’s thing in the world – salvation for all through Jesus Christ and the Spirit.”[1]

Die boek sluit af met die opmerking dat Paulus ‘n volle twee jaar lank met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering die koninkryk van God kon verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer het (Hand 28:30-31).

 


[1] How to read the Bible Book by Book, 303.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda