WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31

Ons begin hierdie week aan die laaste hoofstuk in die verhaal van die evangelie van Jesus Christus lees wat ons van Jerusalem tot in die hartjie van die hoofstad van die Romeinse ryk neem.  Paulus word verhoor deur dieselfde 3 trubinale as Jesus:
  • die Joodse Sanhedrin (Hand 22 – soos in Luk 22)
  • die Romeinse goewerneur (Hand 25 – soos in Luk 23)], en
  • een van die Herodes konings (Hand 25 – soos in Luk 23 – in hierdie geval Julius Markus Agrippa)

Die resultaat is dat Paulus op ’n nuwe reis gaan, dié keer na Rome toe, waarmee die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.  Daarmee word bevestig dat die goeie nuus van God se redding vir alle mense is:

  • in vervulling van die belofte aan Abraham: “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” (Gen 12:2-3 – vgl Hand 3:25) en
  • as ’n sentrale aspek van die visie van die profete dat die evangelie vir “al die heiden nasies”  sal wees (Amos 9:11-12 – vgl Hand 15:17).

Let op dat Lukas – soos in sy evangelie met Jesus – beklemtoon dat die beskuldigings teen Paulus en die kerk van alle waarheid ontbloot was.  Drie keer word hy onskuldig bevind van enige verkeerde optrede teen Rome en die Romeinse ryk, iets wat uiteindelik in die guns sou tel van die verspreiding van die Christendom, hoewel dit nie ‘n lang vervolging van die vroeë kerk sou uitsluit nie (Hand 22:29; 23:26-30; 26:32).

Die verhaal van die beskerming van skipbreuk herinner ons ook daaraan dat die evangelie se verspreiding fundamenteel God se werk is.  Soos Gordon Fee sê: “we are constantly reminded that the gospel is God’s thing in the world – salvation for all through Jesus Christ and the Spirit.”[1]

Die boek sluit af met die opmerking dat Paulus ‘n volle twee jaar lank met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering die koninkryk van God kon verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer het (Hand 28:30-31).

 


[1] How to read the Bible Book by Book, 303.

View all posts in this series

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: