Markus in vergelyking met die ander evangelies
Ek het gister geskryf oor die boodskap van Markus.
Net om dit te vergelyk met die ander sinoptiese evangelies:
- Matteus (apostel?) vertel die storie van Jesus aan Joodse Christene wat ‘n verbintenis het aan die Groot Opdrag aan die heidene. Heel moontlik is dit geskrywe in Antiochië in die 70’s n.C. Die storie van Jesus van geboorte tot Groot Opdrag sluit groot blokke van sy leringe in en stel Jesus voor as die Seun van God, die Messiaanse Koning van die Jode, wie se boodskap vir alle mense bedoel is. Die kerk is vir hom die familie van God (broers en susters vir mekaar).
- Lukas (‘n dokter wat Paulus soms vergesel het – Kol 4:14 – die enigste “heidense” outeur in die Bybel) vertel die storie van die redding van Israel wat Jesus (en die Gees in Handelinge) bring. Dit is heel moontlik na die val van Jerusalem in 70 n.C. geskrywe aan Christene uit die heidense nasies. Dit word gerig aan Teofilus, andersins onbekend, wat heel moontlik die publikasie onderskryf het. Lukas plaas die verhaal in die konteks van die wêreldgeskiedenis en sluit die voortgaande bediening van die Gees in die kerk van die begin af in. Die kerk is vir hom die plek waar alle Jode welkom is, daarom word bv. spesifiek aandag gegee aan die stories van vroue.
- En natuurlik moet ons nie vergeet dat Handelinge deel twee is van Lukas, wat die storie van redding deur Jesus vertel soos dit deur die Gees en die kerk voortgesit word van Jerusalem af tot in Rome. Die kerk is vir Hom die plek waar mense uit alle kulture welkom is (akkulturasie), maar ook deur die evangelie verander word (inkarnasie). Vergelyk bv. Paulus in gesprek met die Epikureërs en Stoïsyne in Atene (Hand 17 – kyk by punt 3.3.2).
Lees hier meer oor die wyse waarop die Bybel as kanon tot stand gekom het.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - January 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - January 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - January 22, 2010
- Die boodskap van Markus - January 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - January 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - January 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - January 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - January 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - February 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - February 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - February 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - February 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - February 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - February 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - February 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - February 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - February 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - February 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - February 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - February 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - February 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - February 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - February 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - February 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - February 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - February 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - February 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - February 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - March 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - March 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - March 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - March 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - March 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - March 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - March 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - March 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - April 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - January 8, 2018
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Bybel, Bybelskool, Evangelies, Markus
Onlangse kommentaar