Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk

Ek sit my leeswerk voort as ‘n Speurder:

  • Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
  • Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
  • Wat nou (aksie, met wie)?

In vyf tonele van 2:1-3:6 word Jesus se bediening verder beskryf.  Let op hoe die teenstand van die godsdienstige leiers telkens daarmee gekontrasteer word.

Toneel 1: Jesus genees ‘n verlamde man

In die eerste toneel praat Jesus weereens oor sy boodskap (logos) met die skare wat by sy huis (waarskynlik Petrus s’n)  in Kapernaüm saamdrom.  Let op hoe Jesus se eerste reaksie op die geloof van die vriende van die verlamde man is om sy sondes te vergewe.  Dit is eers as die skrifgeleerdes sy vermoë om sondes te vergewe bevraagteken dat Hy die verlamde man genees as bewys daarvan.  Dit wys onomwonde dat vergifnis en genesing eintlik een saak is vir God, die koms van sy koninkryk wat alles verander.

Dit is hartseer dat hierdie Godsbewys die skrifgeleerdes egter ook nie tot geloof beweeg nie, soos ook die geval was met die genesing van die melaatse.  Tog praat Jesus steeds in taal wat hulle sou kon verstaan – as hulle die moeite wou doen – deur na Homself te verwys as die “Seun van die mens” (vgl Dan 7:13 waar Hy wat ewig lewe die koninkryk aan die seun van die mens oorhandig om oor alles te regeer – Jesus doen dit 14 keer in Markus, bv. Mark 2:10,28; 14:41,62).

Dit is ook insiggewend dat die geloof van die vier vriende gewys word deur hulle optrede om die verlamde man deur die dak by Jesus uit te bring.  In die genesingsverhale van Markus word geloof meesal verbind met een of ander optrede of aksie om by Jesus uit te kom, soos Geulich sê:

“Faith denoted an attitude expressed in conduct.”

My geloof moet ook in my gedrag uitgedruk word!

Matteus en Lukas

Matteus vertel net die buitelyne van die verhaal, terwyl Lukas uitbrei oor die skrifgeleerdes, veral van waar hulle orals gekom het.  In Lukas se weergawe prys die man ook God.

View all posts in this series

Gedrag, Geloof, Genesing


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Pastoor, baie dankie. Ek het nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Vanaand het Vader my voorwaar op hierdie pad gesit. Net weereens ‘n bewys van God wat die opregte hart hoor: My gebed voor aanvang van vanaand se studie was dat Vader asseblief sal help met die studie. Hy weet mos ek sukkel om met Dr Heyns se Dogmatiek saam te werk.
    Vrae:
    In Markus 1:4 Verwys Johannes na Jesus as God of na God die Vader?
    Mar 1:10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ‘n duif op Hom neerdaal. HET NET JESUS DIT GESIEN, en dalk dit aan die mense vertel of hoe dan?
    Tot later dan
    Jesus liefde
    Linda

    • Ek is bly dit beteken vir jou iets!
      Mark. 1:4: Johannes verwys hier in die algemeen na God, nie na Jesus toe nie.
      Mark. 1:10: Ons het hier verskillende weergawes van dieselfde gebeure in die evangelies. Markus en Matteus (Matt. 3:16) beklemtoon dat Jesus die Gees gesien het. Lukas vertel dat die Gees sigbaar neergedaal het, nie wie dit kon sien nie (Luk. 3:22). Johannes vertel vir ons dat Johannes die Doper ook die Gees sien neerdaal het (Joh. 1:32).
      As ons dit saamvat, het Jesus en Johannes die Doper die Gees se neerdaling gesien en daarvan vertel. Daar is ook ‘n skraal moontlikheid dat ander dit gesien het. Die werking van die Gees in Jesus se lewe was egter vir almal sigbaar.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: