Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
Toneel 2: Jesus roep vir Levi, die tollenaar
In hierdie gedeelte roep Jesus ‘n volgende dissipel, Levi (ook Matteus genoem soos ons aflei uit Mark 3:18 en Matt 9:9), een van die tollenaars. Tollenaars was veragte en gehate mense, omdat hulle gewoonlik meer kommissie by die tolhek gevat het van die bevolking as wat billik en voorgeskryf was.
Let op hoe in die eerste toneel (2:1-12) die teenstand van die skrifgeleerdes gemik was teen Jesus se “lasterlike” aanspraak op vergifnis. In hierdie tweede toneel word Jesus verkwalik dat Hy hom ophou met sondaars en tollenaars, sosiale uitgeworpenes. Jesus se verduideliking van sy motivering is ‘n belangrike rigtingwyser nie net vir die verstaan van sy eie bediening nie, maar ook vir die kerk van die eeue: die fokus moet op mense wees wat die evangelie nodig het, hetsy of hulle fisies siek is, en of hulle geestelike gesondheid nodig het.
Ek moet erken, my bediening het baie keer met die binnekring van die volgelinge van Jesus te make. Maar sonder hierdie baie belangrike fokus na buite, na dié wat die dokter nodig het, en wat in elk geval in die proses deel van die binnekring van Jesus sal word soos Levi, sal my bediening nooit sy volheid bereik nie.
Matteus en Lukas
Matteus het twee interessante uitbreidings van Markus se weergawe: 1) die Fariseërs noem Jesus ‘n rabbi (leermeester) waarmee hulle impliseer dat Jesus van beter behoort te weet, en 2) Jesus haal uit Hosea 6:6 aan om sy insluiting van die tollenaars en sondaars aan God se barmhartigheid te verbind. Hy noem homself ook Matteus en nie Levi nie (sal later meer oor die name van die dissipels skrywe in hoofstuk 3).
Lukas het ook twee uitbreidings van Markus se weergawe: 1) Hy vertel dat Levi alles net so laat los om Jesus te volg, net soos met die roeping van die twee stelle broers by die viswaters, en 2) Lukas noem spesifiek dat Levi ‘n feesmaal “ter ere van Jesus” hou.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - Jan 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - Jan 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - Jan 22, 2010
- Die boodskap van Markus - Jan 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - Jan 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - Jan 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - Jan 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - Jan 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - Feb 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - Feb 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - Feb 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - Feb 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - Feb 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - Feb 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - Feb 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - Feb 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - Feb 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - Feb 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - Feb 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - Feb 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - Feb 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - Feb 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - Feb 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - Feb 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - Feb 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - Feb 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - Feb 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - Feb 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - Mar 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - Mar 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - Mar 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - Mar 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - Mar 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - Mar 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - Mar 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - Mar 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - Apr 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - Jan 8, 2018