Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes

Ons lees vandag twee verhale: 1) dié van Saulus wat soos ’n besetene die vervolging teen die Christene aanpak en hulle in die gevangenis laat gooi, en 2) dié van Filippus wat juis besetenes verlos van hulle gevangenskap en  groot blydskap bring in Judea en Samaria.

8:1-3

Die godvresendes (vromes, godsdienstiges) waarvan Lukas hier praat was waarskynlik Jode wat simpatiek was met die lot van Stefanus en die Christene.  Dieselfde woord word gebruik om Simeon te beskryf by Jesus se geboorte (Luk 2:25) sowel as vir die Jode wat op Pinksterdag na Petrus geluister het (Hand 2:5). Daar is ook  ’n oorlewering dat Gamaliël, net soos Josef van Arimatea met Jesus gedoen het, vir Stefanus in sy eie graf laat begrawe het (de Villiers), hoewel dit nie met historiese sekerheid gesê kan word nie.

8:4-25

Die groot wonder wat egter met die vervolging gebeur, is dat die evangelie juis daardeur versprei. Dit leer ons dat in alles wat gebeur God aan die werk is en dat ons nie op die oppervlak moet reageer nie, maar dieper moet kyk na wat God doen en daaroor opgewonde word (eerder as oor die pyn van die vervolging).

Let ook op dat wonders, tekens en kragte steeds hulle bediening begelei, soos ons nou in die bediening van Filippus sien.  Die werklikheid van God en wat Hy vir mense kan beteken versprei nou oral waar die gelowiges verstrooi word deur die vervolging.  Dit is ook opmerklik dat die wonders hulle aandag vang vir die prediking, maar dat dit Christus is wat die blywende blydskap bring.  Wonders op sy eie beweeg mense normaalweg nie tot geloof nie.

Interessant is dat die apostels geroep word om die seël op die werk in Samaria te plaas, deur vir hulle te bid, en die hande op te lê, sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang, en Samaria ingesluit kan word in die Pinksterdag gebeure.

Die skerp afwysende reaksie op Simon, wat uit ‘n towenaarsagtergrond gekom het, en sy eie “toorkuns” wou aanvul met die vermoë om vir mense te bid, wys egter ook duidelik dat die apostels geen magiese kragte het nie, en ook enige persepsies dat hulle so ‘n mag sou hê in die kiem wil smoor. Hulle tree in dieselfde krag op as Jesus, en dit is Sy krag wat ook nou ten toon gestel word.

View all posts in this series

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: