Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.

Ek lees steeds soos ‘n vakleerling:

  • Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
  • Wat moet ek hiermee doen?

Markus

Let op hoe vinnig en doelgerig die verloop van die verhaal steeds vertel word.  Jesus gaan reguit na die sinagoge toe.  Op daardie oomblik manifesteer ‘n bose gees. Jesus spreek hom skerp aan en dryf hom uit.  En dit was nie lank nie of daar is oral oor Hom gepraat.  Na dié sinagoge is die skare saam met Hom reguit na Simon-hulle se huis.  Hulle vertel Hom dadelik van Simon se skoonma se siekte.  En Jesus genees haar onmiddellik.

Let op hoe Jesus se prediking sy genesing voorafgaan.  Genesing is ‘n uitvloeisel van sy prediking en bewys die krag en gesag daarvan.

“Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag!  Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.”

Jesus se lering (didagé) is vir Markus baie belangrik.  Hy noem hom 12 keer ‘n Leraar (bv. 5:35 – Jesus is ook die enigste wat dié titel in Markus het), praat gereeld van sy lering (bv. 2:2 – praat oor sy boodskap) of lerende aktiwiteit (vv. 4:1).

Dit sê vir my, dat ek Hom maar kan glo, dat sy woorde met gesag kom en die wêreld heeltemal verander.  Ek kan my lewe op Hom bou.

Dat die bose geeste (letterlik: onrein geeste – algemene benaming vir duiwels in Jesus se tyd) Jesus by sy menslike en Goddelik (vgl. 2 Kon 4:9 waar Elisa ook so genoem word – dit staan ook in kontras met die onrein geeste) name noem, het te make met die bygeloof van daardie tyd waar jy mag sou kry oor iemand as jy sy volle name gebruik.  Dit het egter geen effek op Jesus nie.  Inteendeel, Hy het mag en gesag oor die bose geeste, en beveel hulle sonder enige besweringsformules of ander rituele om stil te bly en uit die man te gaan.

Let ook op hoe ‘n skare mense Jesus begin volg, sodat Hy gou nie meer openlik in ‘n dorp kon kom nie en buite in die veld moes bly (1:45).

Kapernaum, ‘n groot en besige stad aan die See van Galilea, word die sentrum vanwaar Jesus opereer (2:1; 3:20; Matt 4:13).

Die ander evangelies

Die besetene van Kapernaum

Net Lukas vertel ook die eerste verhaal van die besetene in Kapernaum en nie Matteus nie.  Volgens Lukas het Jesus gereeld daar opgetree.  Die uitdryf van die duiwel volg die klassieke patroon: ontmoeting (1:23), verdediging (1:24), opdrag om uit te gaan (1:25), uitdrywing (1:26), reaksie van die omstanders (1:27).

Die genesing van Petrus se skoonma

Die verhaal vertoon ook die klassieke patroon van ‘n genesingsverhaal: situasie en beskrywing van die siekte (1:29-30), genesing (1:31a,b), bewys van genesing (1:31c).  Die detail van hierdie kortste genesingsverhaal in die evangelies verskil effens.  Markus en Matteus vertel dat Jesus die skoonma se hand geneem het, Markus dat Hy haar ook regop gehelp het, en Lukas weer dat Hy slegs aan die koppenent van die bed gaan staan het en die koors bestraf het.  Dit beïnvloed egter nie die betekenis van die verhaal nie.  Dat sy onmiddellik opstaan en hulle bedien, soos die gasvryheidsgebruike van die tyd vereis het, bewys dat sy volledig gesond geraak het.  Interessant is dat koors as sodanig as ‘n siekte in daardie tyd gereken is.

Sinagoges

Byna alle dorpies in Israel het sinagoges gehad wat nie net gedien het as plekke van aanbidding nie maar ook as skole.  Die gebruik dateer uit die tyd van Esra (ongeveer 450 v.C.).  In die week is seuns in die wet en die Joodse godsdiens onderrig (dogters kon dit nie bywoon nie) en op die sabbat is die Woord aan die gemeenskap verkondig.  Omdat elke sinagoge nie hulle eie rabbi gehad het nie, is besoekende rabbis gevra om te preek.  Dit is waarom Jesus en later ook Paulus so geredelik toegang tot die Joodse gemeenskappe gehad het (vgl Hand 13:35).

View all posts in this series

Lering, Sinagoges


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • Hier klop Matteus die ander twee evangeliste vir bondigheid, – en kry dit reg om al die aandag op Jesus te vestig:- Jesus kom in die huis: Jesus sien die vrou is siek; Jesus genees haar; sy bedien vir Jesus. (Die ander se sy het “hulle” bedien)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: