Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus

Markus

Markus begin sy verhaal van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, met die optrede van Johannes die Doper.  Hy verduidelik met die twee aanhalings uit Maleagi 3:1 en Jesaja 40:3 (uit die Griekse vertaling van die OT wat effens verskil van die Hebreeuse oorspronklike wat sê: “Maak vir die Here ‘n pad in die woestyn.”) dat Johannes die Doper die pad vir die Here kom regmaak het. Daarmee verbind hy Johannes die Doper met die Ou Testament Messias verwagting.

Sy boodskap was kort en kragtig:

  1. Die mense van Judea en Jerusalem moes hulle bekeer, en laat doop sodat God hulle sondes kon vergewe.
  2. Die Een wat na hom kom, is sy meerdere, omdat Hy nie met water sal doop nie, maar met die Heilige Gees.

Dit sê vir my:

Die evangelie gaan nie om allerhande goed op die periferie nie.  Die hart van die evangelie is opgesluit in die lewe en boodskap van Jesus Christus self.

Matteus en Lukas

Matteus brei in 3:1-12 hierop uit deur Johannes se gesprek met baie van die Fariseërs en Sadduseërs wat hulle laat doop het, te vertel, waar hy hulle waarsku dat hulle vrugte moet dra wat by die bekering pas, en nie op hulle Abrahamitiese afkoms moet staatmaak nie.

Lukas brei nog verder hierop uit in 3:1-9, 15-17 deur die prediking van Johannes die Doper histories te plaas, en dit aan die woord van God wat tot Johannes gekom het, toe te skryf.  Hy haal Jesaja meer volledig aan en spel die vrugte van bekering uit vir gewone mense, tollenaars, en soldate.  Lukas haal Johannes, soos Markus, aan in die skerp onderskeid wat hy tussen sy eie bediening en dié van die Een wat kom, tref maar brei meer uit oor wat met die koms van die Heilige Gees sal gebeur, wat onder andere oordeel sal insluit.  Lukas se weergawe sluit af met die mededeling dat Johannes ook vir Herodes aangespreek het, en dat dié hom in die tronk opgesluit het.

Johannes

Die evangelie van Johannes vertel ook die verhaal van Johannes die Doper, een van die enkele kere wat Johannes ooreenkom met die ander drie evangelie-verhale, behalwe vir die lydingsgeskiedenis.  Johannes, die dissipel, brei uit op die onderskeid tussen Johannes die Doper se bediening en die Christus, en plaas dit in ‘n gesprek tussen hom en die priesters en Leviete.  Hy gebruik ook Jes 40:3 as bewysplaas vir Johannes die Doper se bediening.

Vergelyking

Die indruk wat ‘n mens van Markus se verhaal van Johannes die Doper kry, in die vergelyking met die ander drie evangelies, is dat hy net die sentrale punt van Johannes die Doper se bediening wil vertel: die noodsaak van bekering en die te wagte doop met die Heilige Gees, om by die hart van sy verhaal uit te kom, die evangelie van Jesus Christus.

Johannes die Doper word deur Jesus (9:13) met Elia verbind, soos voorspel is in Maleagi 4:5.  Johannes het aangetrek soos Elia (2 Kon 1:8) en ander profete (Sag13:4).

View all posts in this series

Ou Testament beloftes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • As ek mag bylas, ek lees in n kommentaar dat Vers 4 vergelyk kan word met n verwagting onder die Jode dat daar n grootskaalse bekering sal gebeur voordat die Messias sou kom volgens Jer 31:34

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: