Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
Ek lees vandag soos ‘n speurder:
- Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
- Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
- Wat nou (aksie, met wie)?
Wat gebeur hier?
Markus begin met die goeie nuus van Jesus Christus as die Seun van God (1:1) wie se menslike natuur bevestig word deurdat Hy van Nasaret in Galilea (1:6) af gekom het. Jesus as Seun van God word ook deur die Gees wat na Hom toe neerdaal en die stem uit die hemel bevestig. Interessant dat Markus beide van die evangelie as die evangelie van Jesus Christus praat (1:1) sowel as die evangelie van God (1:14). Daaruit blyk ook die sterk klem wat hy plaas op die Goddelike karakter van Jesus Christus.
Wat beteken dit?
Jesus is God en mens
Die evangelies begrond merkwaardig genoeg almal die twee nature van Jesus Christus reg in die begin van hulle skrywes, hoewel verskillend.
- Markus, soos ek hierbo gesê het, bevestig Jesus se menslike natuur deur van Nasaret te praat en later met die stem van God wat Hom as Seun van God eien.
- Matteus begin weer met Jesus se menslike afkoms in ‘n geslagsregister (1:1 vv) waarna hy Maria se swangerskap aan die Heilige Gees koppel (1:18).
- Lukas wys ook hoe die kombinasie van die Goddelike en die menslike in Maria se swangerskap aan die Heilige Gees se werk in haar toegeskryf word (1:26 vv).
- Johannes verbind ook die Goddelike oorsprong en status van Jesus, waar hy Hom beskryf as die lig wat mense tot geloof bring, direk aan sy menswording: Hy het onder ons kom woon (1:14).
Jesus vervul die Ou Testament beloftes
Dié evangelie, hierdie goeie nuus, is dat die tyd aangebreek het (:15), en die koninkryk van God naby gekom het. ‘n Mens hoor hier Jesaja 52:7 implisiet eggo: “Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede (sjalôm) aankondig, wat die goeie tyding (tôv) bring, wat redding (jesjûa) aankondig, en vir Sion sê: ‘Jou God is Koning'”. Dit word daar as oproep gebruik om die ballinge te laat trek uit Babel, hier om die Jode aan Jesus, die Redder-God, te koppel. Let ook op na dieselfde boodskapper-teks in Nahum 1:15 (geskryf in die 7de eeu v.C. net voor die val van die Assiriërs en hulle hoofstad Ninevé in 612 v.C.) en Jesaja 40:9-11 (wat ook hoop bring vir die ballinge in Babel in die 6de eeu v.C.), sowel as Paulus wat ook hierdie teks aanhaal in Romeine 10:15.
Johannes die Doper word deur Markus as die vervulling van hierdie boodskapper-teks geteken. Jesaja 40:3 word eksplisiet aangehaal, terwyl Maleagi 3:1 (die laaste boek van die 12 kleiner profeteboeke, wat uit die tyd van Esra en Nehemia in die 5de eeu v.C, na die ballingskap dateer) as verduideliking gebruik word (sonder verwysing) om die stem te verklaar waarvan Jesaja praat. Interessant dat Maleagi die voorbereidingswerk van die boodskapper aan die koms van die Here, die Verbondsengel, koppel, die een waarna Israel met soveel vreugde uitsien. Dit laat ‘n mens onmiddelik dink aan die Eksodus 23:20 vv., waar die Here sy engel belowe as gids en beskermer deur die woestyn tot in die beloofde land, wat eintlik niemand anders as die Here self is nie (Hy het volmag en word in vers 25 met die Here God verbind).
Let ook op hoe die Johannes evangelie in sy proloog in hoofstuk 1 hierdie boodskapper gedagte van Jesaja en Maleagi inspan om Johannes die Doper se getuienis te verduidelik, waarmee Jesus – die Woord van God, die een deur wie alles tot stand gekom het, die een in wie lewe is, en daarom die lig vir die wêreld se mense is, ja, God self is – aan die orde gestel word. Hy het die teenwoordigheid van God by ons geword, net soos dit met ‘n vooraf afskaduwing in die woestyn by Moses en sy mense gebeur het. Jesus kom tabernakel by ons (die woord σκηνόω [skênoô – tent opslaan] word hier gebruik en vertaal met “onder ons kom woon” – 1:14).
Wat nou?
Die verbintenis aan die OT beloftes en die koppeling van Jesus se goddelike en menslike natuur bevestig net weer vir my dat die evangelie geloofwaardig is, en dat ek my lewe daarop kan bou. Ek bevestig in gebed my geloof in hierdie Jesus wat al vier evangelies so kragtig as die Seun van God teken.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - January 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - January 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - January 22, 2010
- Die boodskap van Markus - January 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - January 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - January 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - January 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - January 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - February 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - February 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - February 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - February 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - February 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - February 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - February 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - February 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - February 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - February 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - February 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - February 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - February 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - February 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - February 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - February 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - February 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - February 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - February 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - February 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - March 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - March 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - March 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - March 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - March 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - March 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - March 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - March 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - April 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - January 8, 2018
Jesus, Ou Testament beloftes, Twee nature
juriejurgens
Is dit nie wonderlik dat die eerste (oudste) boek van die Nuwe Testament omtrent begin met 'n aanhaling uit die laaste boek van die Ou Testament nie! En daarmee 'n brug bou wat die Heilsgeskiedenis amper sonder onderbreking verder voer – die boodskapper wat “nou” gestuur gaan word as voorbereider vir die koms van die Here in Mal.3 is Johannes!
Die dieper betekenisse is amper te veel en te diep om op te noem – die wesenlike eenheid van OT en NT, die OT wat in vurvulling gaan in die NT, die ooreenstemming van beeldspraak en metafore, ens, ens.
Mens moet net nie in die valstrik beland om te dink dat die werklikheid van Isreal en die Jodedom van Maleagi se tyd nog net so gelyk het omtrent 400 jaar later in Johannes en Jesus se tyd nie.
Chris van Wyk
Baie interessante perspektief – dit bevestig die wesenlike eenheid van die Twee Testamente. Het vandag 'n interessante gesprek gehad met 'n Messiaanse Jood wat baie onlangs tot bekering gekom het. Moes eintlik die geprek met hom in dié rigting gestuur het!