Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make
Markus
Jesus-hulle gaan aan wal by Gennesaret, naby Kapernaum. Die toeloop na Hom neem steeds toe. Baie mense bring ongesteldes na Hom toe. Interessant is dat hulle vra om aan die soom van sy klere te raak, soos die vrou wat aan bloedvloeiing gely het. En elkeen wat dit gedoen het, het gesond geword. Die boonste kleed van mans van daardie tyd het vier tossels, met wit en blou toutjies gevleg, aan die soom gehad (Num 15:38-39), wat hulle moes herinner aan die wet van die Here. Die moontlikheid is sterk dat mense gedink het dat Jesus se krag daaruit gevloei het. Die fokus is egter steeds op die geloof van die mense en nie soseer op die magiese interpretasie wat hulle moontlik sou gehad het nie, soos inderdaad die geval was met die vrou.
Die Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem, heel moontlik gestuur om getuienis teen Jesus in te win, maak beswaar teen party van die dissipels wat hulle kos met ongewaste hande eet, wat in hulle oë onrein is. Die probleem met dié optrede is nie dat die was van hande ‘n goeie (of slegte) gebruik is nie, maar dat hulle dit as ‘n gebod van God voorgehou het. Jesus wys dit egter af as skynheiligheid, met ‘n aanhaling uit Jesaja 29:13, omdat die geestelike leiers in die praktyk eerder vashou aan sulke oorgelewerde gebruike, en mense so leer en daarvolgens beoordeel, maar uiteindelik glad nie die Here dien nie. Hy illustreer dit met die gebruik van korban (dit beteken offergawe), waar jy goed waarmee jy vir jou ouers kon gesorg het, vir die Here offer, en só jou verantwoordelikheid, soos die wet van God dit spesifiek uitspel, teenoor hulle kan vermy (vgl 1 Tim 5:4 waar Paulus die riglyn handhaaf om vir jou ouers te sorg). Gebruike is dus belangriker as God en sy wet.
Jesus praat weer met die menigte, hak aan by die idee dat ongewaste hande jou kan onrein maak en verduidelik met beeldspraak hoe onhoudbaar dié gedagte is. Markus vertel nie vir ons wat die skare daarvan gedink het nie, maar die dissipels het weereens verdere onderrig nodig om dié beeldspraak te verstaan. Markus maak egter die gevolgtrekking, wat in ander NT geskrifte nagevolg sou word, dat Jesus met dié beeldspraak en onderrig alle kos rein verklaar het. Die wetsriglyn word dus van ‘n blote uiterlike reëling verdiep na ‘n innerlike riglyn: dit is nie kos wat jou onrein maak nie, maar die gedagtes van jou hart.
Vergelyk die soortgelyke lering wat God vir Petrus gee met die oog op sy getuienis aan Kornelius in Handelinge 10:15. Jesus is besig om hier sekere beginsels vir die koninkryk neer te lê wat ‘n groot impak sou hê op sy eie bediening (vergelyk die gesprek met die Griekse vrou van Siro-Fenisië net hierna) en die bediening van die kerk aan heidene. Die evangelie is bedoel vir almal, en die hou van oorgelewerde Joodse gebruike sou die ontvangs van die evangelie belemmer het.
Interessant genoeg is die 1ste 6 van die lys van 12 slegte gedagtes in die meervoud en die laaste 6 in die enkelvoud wat ‘n mens nie in die vertaling kan optel nie (onkuishede, diefstalle, moorde, owerspelle, hebsugte, kwaadwillighede). Let op dat die lysie amper volledig met die tweede tafel van die wet verbind kan word:
- diefstal – Jy mag nie steel nie (8ste gebod);
- moord en kwaadwilligheid – Jy mag nie moord pleeg nie (6de gebod);
- onkuisheid, owerspel, losbandigheid – Jy mag nie egbreuk pleeg nie (7de gebod);
- bedrog, kwaadpratery – Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie (9de gebod);
- hebsug, afguns (“evil eye” – Jode het die gesegde nie met ‘n vloek geïdentifiseer nie, maar met afguns) – Jy mag nie begeer nie (10de gebod);
- Die 5de gebod – eer jou vader en jou moeder – is reeds met die korban-afwysing op die tafel gesit.
- Hoogmoed, wat volgens sommige die ergste sonde is, en ligsinnigheid (“lack of moral sense”, dws morele dwaasheid) oortree eintlik alles in die wet, dit is om jouself en jou gebruike en gedagtes hoër te ag as God se geopenbaarde wil.
Die NT het verskeie sulke lysies: Rom 1:29–31; 1 Kor 5:10–11; 2 Kor 2:20–21; Gal 5:19–21; Kol 3:5–8; 1 Tim 1:9–12; 2 Tim 3:2–5.
Matteus
Lukas het nie die drie perikope wat ons vandag lees nie. Matteus het weereens ‘n ekonomie van woorde met die eerste perikoop oor Jesus se genesings in Gennesaret, laat in die tweede perikoop die uitgebreide kommentaar van Markus oor die oorgelewerde gebruike weg, moontlik omdat sy Joodse lesers dit in elk geval sou geken het, en konsentreer op die beskrywing en afwysing van die korban-gebruik.
Die derde perikoop oor die onderrig van die dissipels hieroor verskil heelwat van Markus se weergawe, hoewel die breë hooftrekke dieselfde bly. Matteus vertel dat die dissipels opgemerk het dat die Fariseërs hulle vererg het oor Jesus se lering, en vra Hom uit daaroor. Jesus spreek dan ‘n verdoemende oordeel oor hulle as blinde leiers uit, wat geignoreer moet word. Matteus noem ook die lysie van slegte gedagtes, maar verkort dit en plaas dit in ‘n ander orde.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette
- Die drie Sinoptiese evangelies
- Die boodskap van Markus
- Markus in vergelyking met die ander evangelies
- Bybelstudie metodiek
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.”
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie?
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen?
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie
- WEEK 5 van die Bybelskool
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen
- WEEK 6 van die Bybelskool
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens
- WEEK 7 van die Bybelskool
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan
- Lees die vier evangelies en Handelinge
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar
- Jesus is die hart van die evangelie
Tags: korban, oorgelewerde gebruike, wet
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik