Skip to main content

Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed

Die tempel bly die middelpunt van hierdie fase van Jesus se bediening.  Hy lewer ’n kort stukkie kommentaar op die gawes wat mense bring (21:1-4 – die klein gawe van die arm weduwee) en ’n langer profetiese rede in 6 dele:
  • 21:5-6: die tempel sal afgebreek word in die afsienbare toekoms;
  • 21:7-19: allerlei rampe en vervolginge sal daarop volg;
  • 21:20-24: Jerusalem sal verwoes word;
  • 21:25-28: Die Seun van die mens sal terugkeer;
  • 21:29-33: Die koninkryk van God sal kom (gelykenis van die vyeboom);
  • 21:34-38: Die dissipels moet waaksaam en biddend bly.

Die profetiese rede

Dit is belangrik om die profesieë oor Jerusalem in die konteks van die eindtyd te verstaan. Sommige profesieë rondom Jerusalem is in die leeftyd van die dissipels bewaarheid.  Ander wag nog steeds om finale vervulling, waarvan die belangrikste die wederkoms is.

21:7-19

Dit tref my dat Jesus vroeër vrylating vir gevangenes verkondig het as ’n integrale deel van sy bediening (4:18), en inderdaad ook gevangenes bevry het, bv van siekte of besetenheid, maar NIE fisiese vrylating noodwendig vir Homself of sy dissipels in die vooruitsig stel nie.  Hy staan aan die vooraand van sy eie inhegtenisname (22:47 vv) en spel die pad van sy volgelinge in die profetiese rede uit as een wat baie keer juis in die gevangenis sou eindig (21:12), soos Johannes die Doper al aan die begin van sy bediening ervaar het (3:20), en Petrus, Johannes (Hand 4 en 5), Stefanus (Hand 6 en 7), Paulus, Silas (Hand 16) en nog talle ander sou ervaar hierna.

Die koninkryk kom dus nie deur prag en praal nie, en verseker nie sonder lyding en opoffering nie. Daarom is die arm weduwee se geskenk ook so belangrik, omdat sy juis uit haar gebrek vrygewig is, want dit is hoe die koninkryk kom, deur mense wat alles feil het vir God.

Sulke geleenthede is gulde geleenthede vir getuienis (21:13), en kan letterlik soms IN die gevangenis vir mense vrylating beteken (Hand 5 – bv deur engele).  Maar daarby moet ’n mens ook onthou dat Jesus se woorde nie net op letterlike bevryding dui nie, maar ook – en moontlik is dit nog belangriker – die vrylating van vergifnis en ‘n verhouding met die Here self.

21:20-24

Lukas verbind die verdrukking wat aan die kom is aan God se straf oor hierdie volk, wat Hy deur die heidennasies sal uitvoer.  Lukas gee dus ook duidelik ‘n Joodse interpretasie aan hierdie verdrukking wat direk met die verowering van Jerusalem in 66-70 nC verbind kan word.

21:25-28

Lukas praat hier van kosmiese tekens (son, maan, sterre word ontwrig) wat die wederkoms sal voorafgaan, en van die radeloosheid en angs van die mense vir die “gebulder van die see en sy vloedgolwe”(tsunamis?).  Hy bemoedig die gelowiges egter met die boodskap dat hierdie dinge eintlik ‘n teken is dat hulle verlossing naby is.  Daarom moet hulle regop staan en hulle koppe oplig!

21:29-33

Jesus gebruik dan die voorbeeld van die vyeboom se seisoenale verandering in die lente wat as teken dien dat die somer naby is, om die dissipels op die regte wyse na dié tekens te laat kyk.  “Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur,” sê Jesus.  Die natuurlikste interpretasie van “hierdie geslag” is dat dit na die Jode van Jesus se tyd verwys (vgl Mark 8:12). Dws, die profetiese rede sal in die Joodse volk van daardie tyd se leeftyd vervul word.  En dit op sigself is ‘n teken dat die Wederkoms naby is.  Maar uiteraard is daar dele wat nog wag om vervulling.

21:34-38

Jesus sluit af deur sy dissipels te waarsku teen die gevare wat beide die lekker en die sorge van die lewe inhou (onthou die gelykenis van die saaier) en moedig hulle aan om te volhard in waaksaamheid en gebed.

Let op dat die hoofstuk afsluit met ’n beskrywing van Jesus wat in ‘n ritme van lering in die tempel bedags, en stilword op die Olyfberg snags besig is, terwyl die Joodse leiers ook besig is … om sy dood te beplan (22:2).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda