Lukas 6:1-49 – Luister en Leef

Lukas beskryf Jesus se bediening in hierdie hoofstuk uit drie perspektiewe:
  • Dat Jesus die godsdienstige reëls van die sabbatdag relativeer en ondergeskik stel aan die regte verhouding met nekaar en God – 6:1-11;
  • Dat Jesus sy lewe deel met ’n aantal leiers wat Hy uitkies, wat soos ons weet, die impak van sy bediening vermenigvuldig het – 6:12-14;
  • Dat Jesus die lewe gee vir elkeen wat bereid is om te luister na sy woorde EN dit te doen – 6:15-49.

6:1-11

Let weereens op hoe die tema van honger aansluit by die ervaring wat Hy in die woestyn gehad het, en hier tot lering lei oor die sabbatdag se viering.

Dit tref my hoe Jesus die hele wyse waarop die Jode die sabbatdag vier met positiewe inhoud inklee.  Hy wys dat dit ‘n dag is vir fokus op mekaar, op noodbehoewendes, en op goeddoen. Die reëls, wat eintlik net mensgemaak is, moenie in die pad staan van onderlinge verhoudinge en omgee nie. Daarbenewens moet die fokus op goeddoen die deurslag gee, trouens nie net op die sabbatdag nie, maar elke dag.

6:12-14

Geen beweging van waarde het nog ooit ontstaan sonder dat daar nie ’n groepie dissipels was wat ingelei kon word in die boodskap en draers daarvan kon word nie.  Jesus het dit geweet en optimaal benut.  Daarom sonder Hy Homself af, bid, en kies dan twaalf wat by Hom kan leer en uiteindelik die impak van Jesus se evangelie kan vermenigvuldig.  Vergelyk ’n bespreking van die verskillende dissipellyste in die Bybel: Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge

6:15-49

Die tweede groot ding wat my vandag tref , is hoe Jesus die beginsel van goeddoen deurtrek in terme van die lewenstyl wat Hy kom vestig, en wat in die “vlakte-rede” (Lukas plaas Jesus op ‘n gelykte en nie op die berg soos Matteus nie) uitgespel word.  En in verse 17-19 wys Hy self dat goeddoen geïllustreer moet word met dade en nie net met woorde nie – daarom genees Hy ’n menigte mense.  Dit onderstreep sy lering in verse 20-49 dat “Luister in Leef moet uitmond”, soos die verhaal van die huis op die sand/rots tereg aan die einde van die vlakte-rede te kenne gee.

Let op hoe Jesus:

  • die vlakte-rede inlei met ’n prentjie van die toegewyde lewe aan God, ten spyte van die omstandighede, wat deur God geseën word teenoor die prentjie van die selfgerigte lewe, wat wel korttermyn voordele inhou, maar tot ellende lei – 6:20-26;
  • barmhartigheidselfs vir vyande – verhef tot ’n allesbepalende beginsel en dit fundeer in God se barmhartigheid – 6:27-36;
  • ’n vrygewige nie-veroordelende houding en lewenstyl aanprys, wat ironies genoeg juis lei daartoe dat ’n mens bewus van jou eie tekortkominge ander kan help – 6:37-42;
  • die bron van goeddoen in die hart van ’n mens sentreer, ’n hart wat natuurlik aan God behoort – 6:43-45;
  • en afsluit met die oproep om hierdie dinge ter harte te neem deur dit te doen – en dit aan die baie bekende prentjie van die huis op die rots teenoor die huis op die sand te illustreer.
View all posts in this series

Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: