Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig
4:1-22
Dit is egter nie die geval met die Joodse leiers nie. Hulle reageer met onthutste woede en sluit die apostels op. Wanneer die apostels egter vir hulle verduidelik met Wie se krag hulle die wonders en tekens doen, en hulle nie juis kan ontken dat daar iets wonderliks gebeur het nie, probeer hulle die impak daarvan omseil deur hulle te dreig om nie verder in die Naam van Jesus te preek en werk nie.
Die Joodse leiers is ook verbaas met die vrymoedigheid van die apostels omdat die apostels ongeleerd en eenvoudig (die Griekse woord is idiotes) was. Lukas verbind hierdie vrymoedigheid egter aan die werk van die Heilige Gees, iets wat ons weer sal sien in die gesamentlike gebed na hierdie episode.
Let weer op hoe die Woord ‘n konstante metgesel bly in hulle verwoording van hulle geloof teenoor die Joodse Raad, en in hulle verwerking van wat gebeur het in hulle gebede in die volgende perikoop van hoofstuk 4.
4:22-31
Nadat die apostels vrygelaat is, vergader die gemeente eendragtig en bid, ironies genoeg, vir nog meer vrymoedigheid en die Gees se vervulling gee hulle presies dit. Let op hoe hulle die gebeure in die stad Jerusalem verbind aan wat Dawid lank tevore in Psalm 2 geskryf het, en dit deel van hulle gebed maak, dat God sal optree in situasie waarin hulle hul nou bevind, ’n tipe situasie wat Hy reeds lank tevore “voorspel” het. Hulle vra ook dat die tekens en wonders sal voortgaan, net soseer soos die vrymoedigheid waarmee hulle die boodskap van die evangelie verkondig.
4:32-37
Wat my veral tref, is dat hulle nie net in vrymoedigheid groei na buite toe nie, maar ook in vrygewigheid na binne toe. Hulle het die bande van vrees vir teenstand van buite afgegooi, maar ook die vreesagtigheid rondom hulle besittings en die behoud daarvan. ’n Groter passie het hulle beetgepak as die passie om oorlewing en sekuriteit. Hulle passie is om die Naam van Jesus oral te verkondig en heilig te lewe en heling te bring vir mense, alle mense.
Ons lees hier die eerste keer van Barnabas wat met sy eie vrygewigheid hierdie proses aangevuur het en die gemeente in staat gestel het om sy werk behoorlik te kan doen, ook die werk oor grense heen wat na die vervolging sou begin gebeur. Barnabas sal hierna ’n groot rol speel in die gasvrye intrek van Saulus, toe niemand van hom iets wou weet nie, sowel as in die bearbeiding van die gemeente van Antiogië wat sou lei tot die uitkringende invloed van die evangelie deur die sendingreise.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - Aug 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - Aug 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - Aug 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - Aug 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - Aug 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - Aug 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - Aug 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - Aug 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - Aug 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - Aug 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - Sep 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - Sep 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - Sep 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - Sep 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - Sep 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - Sep 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - Sep 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - Sep 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - Sep 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - Sep 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - Sep 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - Sep 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - Sep 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - Sep 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - Sep 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - Sep 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - Sep 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - Sep 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - Sep 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - Sep 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016