Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge

Daar is heelwat onderlinge verskille in die onderskeie lyste van die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge.  Ek gee hier die 4 lyste wat ons in die Bybel het in ‘n tabel met ‘n paar opmerkings daaroor daaronder.

Markus 3:16-19

Matteus 10:2-4

Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek

Lukas 6:14-16

Hulle was

Handelinge 1:13

Dit was

  1. Petrus, soos Hy Simon genoem het,
  2. Jakobus seun van Sebedeus, en
  3. Johannes die broer van Jakobus vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder”—
  4. Andreas,
  5. Filippus,
  6. Bartolomeus,
  7. Matteus,
  8. Tomas,
  9. Jakobus seun van Alfeus,
  10. Taddeus,
  11. Simon die Kananeër, en
  12. Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
  1. Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer
  2. Andreas;
  3. Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer
  4. Johannes;
  5. Filippus en
  6. Bartolomeus;
  7. Tomas en
  8. Matteus die tollenaar;
  9. Jakobus seun van Alfeus, en
  10. Taddeus;
  11. Simon die Kananeër, en
  12. Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
  1. Simon, wat Hy ook Petrus genoem het, en sy broer
  2. Andreas,
  3. Jakobus en
  4. Johannes,
  5. Filippus en
  6. Bartolomeus,
  7. Matteus en
  8. Tomas,
  9. Jakobus seun van Alfeus,
  10. Simon die Seloot,
  11. Judas seun van Jakobus, en
  12. Judas Iskariot wat die verraaier geword het.
  1. Petrus en
  2. Johannes,
  3. Jakobus en
  4. Andreas,
  5. Filippus en
  6. Tomas,
  7. Bartolomeus en
  8. Matteus,
  9. Jakobus seun van Alfeus,
  10. Simon die Seloot en
  11. Judas seun van Jakobus.
  • Petrus (Simon) is altyd eerste op die lys, met sy broer Andreas (Griekse naam) wat in Matteus en Lukas telkens 2de geplaas word, en in Markus en Handelinge 4de.
  • Die twee broers Jakobus en Johannes word telkens saam gegroepeer: 2de en 3de in Markus se lys, omgekeerd 3de en 2de in Lukas se lys in Handelinge, en 3de en 4de in Matteus en Lukas se onderskeie evangelies.
  • Filippus (Griekse naam) is 5de op al 4 lyste.
  • Bartolomeus (“seun van Tolomeus”, waarskynlik dieselfde man wat Natanael genoem word in Johannes 1:45; 21:2) is 6de op die evangelies se lyste, maar 7de op Handelinge s’n.
  • Matteus (waarskynlik Levi) word 7de geplaas by Markus en Lukas en 8ste by Matteus en Handelinge.
  • Tomas (ook Didimus – “Tweeling” – genoem in Joh 11:16; 20:24; 21:2) is 6de op Handelinge se lys, 7de op Matteus s’n, en 8ste by Markus en Lukas.
  • Jakobus, seun van Alfeus, soms (ten onregte) vereenselwig met Levi, wat ook die seun van Alfeus genoem word,  is 9de op al 4 lyste.
  • Taddeus word 10de genoem by Markus en Matteus (sommige tekste het “Lebbeus, wat genoem word Taddeus”) en 11de met (waarskynlik) sy naam Judas, seun van Jakobus, by Lukas in sy evangelie en in Handelinge (vgl Joh 14:22).
  • Simon, die Kananeër (die Hebreeuse woord vir fanatikus in Markus en Matteus) en Seloot (die Griekse woord vir fanatikus in Lukas in die evangelie en in Handelinge), word 10de in Lukas se evangelie en in Handelinge genoem en 11de in Markus en Matteus.
  • Judas Iskariot (die naam Iskariot beteken: “man van Kariot”, ‘n dorpie in die Suide van Judea – volgens Groenewald moontlik die enigste een uit Judea behalwe Jesus self) word telkens 12de en laaste genoem in die evangelies, en in Handelinge natuurlik uitgelaat na sy dood.
View all posts in this series

Apostels


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • Vinie Furstenberg

    Dit gryp my altyd diep in die hart om te dink dat Andreas tevrede was om in sy broer Petrus se skaduwee te staan, ten spyte van die feit dat hy eintlik eerste vir Jesus gesien en gevolg het en toe dadelik sy broer gaan soek het om hom na Jesus toe te bring! (Joh 1:41 en 42) Petrus word die rots, die hoofrolspeler, die naam bo aan elke lys! Laat my net weer besef dat die Here self besluit wie moet dalk net agter die skerms werk! Wat `n rolmodel is Andreas nie! Hy het rustig voortgegaan met dit wat die Here wel aan hom toevertrou het.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: