Bybelstudie metodiek
Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief (Eenvoudige luistersiklus of Lectio Divina bv.) van aard.
Julle kan self kies hoe julle wil lees met enige van die vorige metodes.
Hier is egter nog vier metodes vir die avontuurlikes onder julle wat ek by Adele Calhoun raakgelees het. Sy stel 4 metodes vir Bybelstudie voor (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief:
- Lees soos ‘n Kunstenaar
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
- Lees soos ‘n Speurder
- Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
- Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
- Wat nou (aksie, met wie)?
- Lees soos ‘n Skatkisjagter
- Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
- Wat moet ek hiermee doen?
- Lees soos ‘n Vakleerling
- Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het. En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met Jesus in die lewe onderneem.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette
- Die drie Sinoptiese evangelies
- Die boodskap van Markus
- Markus in vergelyking met die ander evangelies
- Bybelstudie metodiek
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.”
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie?
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen?
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie
- WEEK 5 van die Bybelskool
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen
- WEEK 6 van die Bybelskool
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens
- WEEK 7 van die Bybelskool
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan
- Lees die vier evangelies en Handelinge
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar
- Jesus is die hart van die evangelie
Tags: Bybel, Bybelskool, Bybelstudie, Bybelstudie metodes
Trackback from your site.
ROmario
| #
Ek vind julle bybelstudie metodes interesant en baie prakties.Ek hou baie daarvan.
Reply