Die evangelies se unieke Jesus portrette

Daar is vier evangelies wat in die Nuwe Testament ingesluit is.   Hierdie vier evangelies gee aan ons ‘n verskeidenheid ryk perspektiewe op die wonder van God se verskyning in Jesus Christus aan die mensdom.  Die skakeringe van die een verhaal oor Hom – wat met ‘n verskeidenheid van nuanses en foci en beklemtonings deur die verskillende skrywers vertel word – nooi ons uit om saam te dink en saam te gesels oor die betekenis daarvan vir die lewe.

Dit is natuurlik die doel van enige besigwees met die Woord – om só te lees dat die betekenis daarvan vir jou oopgaan en dit jou lewe kan verryk en verander. En dit is wat my doel met hierdie Bybelskool is – dat die Woord ‘n huis word waarin ons woon.

Impak

Die impak hiervan is verreikend.  In die eerste plek verander dit ons eie lewe en bring dit ons in ‘n persoonlike verhouding met God en raak Hy ‘n daaglikse metgesel op ons pad.  Maar in die tweede plek het dit ‘n deurslaggewende impak op ons gemeenskapslewe met mekaar.  Soos Francois Wessels in sy lekkerlees akademies-verantwoorde en Andrew Murray-bekroonde boek sê:

Dit is juis in die saamdink wat die geheel saamhang, waarin die onderlinge verskille verduur word deur die “vashou-aan-mekaar, deur die hoog-ag-van-ander, deur saam-dra-aan-mekaar-se-laste, deur onderlinge vergifnis en versoening, deur eenheid as band van vrede te bewaar, en voortdurend afhanklik te bly bid en wag op die wyse leiding van die Heilige Gees – wat aan almal sáám gegee is” (2006, Wie was Jesus regtig? In gesprek … Oor die historiese Jesus.  Lux Verbi.BM: Wellington, p 8).

Só ‘n lees van die Woord keer ook dat ons ‘n Jesus in die evangelies probeer soek, gestroop van enige dogma, die sogenaamde “historiese Jesus”, soos deur sommige geleerdes sedert die Verligting van die 16de eeu probeer is (Reimarus, Lessing, Strauss, von Harnack) of om die evangelies ten minste te probeer stroop tot net Jesus se outentieke woorde oorbly (Jesus Seminar).

Elke evangelie gee ‘n eie Jesus-portret

Die Evangelies gee immers elkeen sy eie Jesus-portret (a.w. p 16) soos ons alreeds uit die unieke ordening van die beskikbare verhale en die nuanse verskille in die oorvertel van dié verhale in die 4 evangelies kan sien.  Die bergrede in Lukas en Matteus is bv. eerder ‘n opsomming van wat Jesus gesê het, as ‘n verbatim verslag van wat Hy gesê het.  Daarby beklemtoon Lukas bv. doelbewus die fisiese implikasie van wat Jesus gesê het: “Geseënd is julle wat arm is …” en Matteus die geestelike implikasie: “Geseënd is die arm van gees is …” wat saamhang met elkeen se onderskeie teologiese doelwit met die skryf van hulle evangelie.

Die evangelie van Johannes verskil die meeste van die ander drie sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas.  Waar die Sinoptici die gebeure rondom Jesus in die geskiedenis vasanker met datums en OT verwysings, vertel Johannes eerder die geestelike betekenis van Jesus se woorde en dade, om daarmee duidelik te maak dat dit God self is wat in Jesus mens geword het. Omdat hy sy evangelie ook ruim 20 jaar na die ander skrywe, bevat dit meer teologiese refleksie oor die betekenis van Jesus as die ander evangelies.

Maar, en dit is die wonder hiervan, dit is in die saamlees van al die verskillende perspektiewe en nuanses dat ‘n veelkleurige prentjie vorm aanneem, ‘n beeld van Jesus waarmee ons in gesprek kan tree, en met Wie ons op reis kan gaan.

En my hoop en wens en gebed vir die volgende paar weke, is dat dié Jesus in ons saamlees en saamgesels ons almal se reisgenoot sal word.

Handelinge, Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: