Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes

Vandag lees ons die verhale van die begin van Jesus se bediening.  Ons fokus meer op die breë lyne as in die eksegetiese detail van elke vers.  In die blote lees van die opskrifte van elke gedeelte, kan ’n mens alreeds ’n goeie idee kry van wat Jesus se bediening ingehou het:
  • 4:14-15 – Jesus tree op in Galilea (Mark 1:14-15; Matt 4:12-17)
  • 4:16-30 – Jesus tree op in Nasaret en word daar verdryf (Mark 6:1-6; Matt 13:53-58)
  • 4:31-37 – Jesus genees die besetene in Kapernaum (Mark 1:21-28)
  • 4:38-41 – Jesus genees Petrus se skoonmoeder (Mark 1:29-34; Matt 8:14-17)
  • 4:42-44 – Jesus preek op ander plattelandse plekke (Mark 1:35-39)
  • 5:1-11 – Jesus roep sy eerste dissipels (Mark 1:16-20; Matt 4:18-22)
  • 5:12-16 – Jesus genees ’n melaatse (Mark 1:40-45; Matt 8:1-4)
  • 5:17-26 – Jesus genees ’n verlamde man (Mark 2:1-12; Matt 9:1-8)
  • 5:27-32 – Jesus roep Levi (Matteus) die tollenaar as dissipel (Mark 2:13-17; Matt 9:9-13)
  • 5:33-39 – Jesus plaas vas in perspektief (Mark 2:18-22; Matt 9:14-17)

Die volgende aspekte van sy bediening staan vir my uit:

Jesus tree op in die krag van die Heilige Gees

Waar Lukas na Jesus as “vol van die Heilige Gees” verwys net voor Hy die woestyn in is, skets Lukas die begin van Jesus se bediening as in die “krag van die Heilige Gees” (4:14-15).  Dit is nogal vir my betekenisvol, soos ek gister al geskryf het.  Niks van betekenis gebeur sonder die werk van die Heilige Gees nie.

Die toetsing in die woestyn vorm Jesus se bedieningsfokus

’n Sleutel insig wat vir my begin oopgaan, is hoe deurslaggewend die versoekingsgebeure in die woestyn in werklikheid is.  Ek het gister al iets daaroor geskryf, maar in die lees van hoofstuk 4 en 5 besef ek net hoe belangrik dit was dat Jesus deur die Gees in die woestyn ingelei is.  Dit was juis in hierdie versoekingsgebeure – waarvan net ’n paar fasette vir ons weergegee is met die drie groot versoekings waarvoor die duiwel Jesus gestel het – dat Jesus se bedieningsfokus gevorm is.

Telkens kan ’n mens die ervarings in die woestyn as’t ware geëggo sien in die woorde en optredes van Jesus, sommige duidelik, en ander meer vaagweg:

  • Met die optrede in Nasaret (4:16-30) verwys Jesus na ‘n hongersnood in Israel se geskiedenis – iets wat Hy so pas nou proefondervindelik in die woestyn ervaar het.   En Hy spel uit – in ’n duidelike sinspeling op sy eie bediening – dat Elia na ‘n weduwee in Sarfat gestuur is, en nie na iemand in Israel nie.  Die boodskap is duidelik – Jesus is geroep om ’n impak te maak ver buite die grense nie net van sy tuisdorp nie, maar ook van sy tuisland.
  • Die weiering van Jesus (4:42-44) om in een plek vasgevang te word, selfs op groot aandrang van die plaaslike mense, en te begin om ook ander dorpe te besoek, demonstreer dat sy visie inderdaad is om die koninkryke van die wêreld te verower, maar nie op die eenvoudige kortpad-manier wat die duiwel Hom aangebied het nie.  Dorpie vir dorpie sal die evangelie die koninkryk laat kom.
  • En ’n mens sou uit die weiering van Jesus om van die tempel af te spring, kon dink wonderwerke is per definisie uit.  Maar gelukkig nie!  Op verskillende wyses demonstreer Jesus God se mag, in genesings en bevrydings, sowel as ‘n wonderlike visvangs waarmee Hy sy dissipels inkatrol om Hom te volg.

Ek worstel nog met die vraag hoe hierdie pad van Jesus deur die versoekings in die woestyn verband hou met Jesus wat ons dan juis leer bid: “en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose” – maar daaroor ’n ander dag.

Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes

Jesus kondig daarna sy bediening in Nasaret aan as die evangelie aan armes, gevangenes, blindes, en onderdruktes (Jes 58:6; 61:1-2 – die kern van Jesus se roeping) – en wys in die praktyk dat dit beteken dat Hy mense van siektes, onreinheid en boosheid genees (4:31 en verder).   Lukas dink hier waarskynlik aan fisiese armes, maar ’n mens kan uiteraard ook dink aan geestelike armes en blindes ensomeer, vier wie Jesus inderdaad ook gekom het.

Jesus vermenigvuldig sy impak deur dissipels te versamel

En om Jesus in sy bediening by te staan – en natuurlik later die werk verder te neem – roep Hy 12 dissipels (5:1-11).

Jesus neem tyd om te bid

Dit tref my ook hoe Jesus dit nodig gevind het om Hom “altyd weer” in eensame plekke af te sonder om te bid (5:16).  Daarsonder sou sy bediening ook nie die trefkrag gehad het wat ons so inspireer nie.

View all posts in this series

Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: