Skip to main content

Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes

VIR STILTETYD

Lukas 14:1, 7-14 – Beskeidenheid en gasvryheid kenmerk Jesus se dissipels

  • God het ‘n hart vir verlorenes. Ons beskeidenheid en gasvryheid is twee maniere waarop hy mense tot hulle reg laat kom in ons geselskap.  Die een het met ons denke oor onsself te make. Die ander met ons denke oor ander.
  • Nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, maar minder oor Dink daaroor na.
  • Gasvryheid beteken ook dat jy die grens na ander oorsteek en op hulle gasvryheid staatmaak. Ons moet ook bereid wees om te ontvang, nie net te gee nie.

Lukas 14:25-33 – Dissipelskap bring ons normale lojaliteite in gedrang

  • Die eise van dissipelskap kan baie keer ons normale familie lojaliteite in gedrang bring. Jesus moet te alle tye die nommer een in ons lewe wees.
  • Dit beteken dat ‘n mens die koste moet bereken, vóór jy regtig ja sê vir die pad wat die Here vir jou wys in terme van dissipelskap en die uitvoering van jou roeping.
  • Dit is nie net familiebande wat vir ons ‘n uitdaging is nie, maar ook ons besittings. Afstand doen, beteken in dié konteks om dit onder leiding van die Here se wil te hanteer.  Hy het die finale sê daaroor.

Lukas 15:1-10 – God het ’n hart vir verlorenes

Die 3 gelykenisse in hoofstuk 15 – verlore skaap, muntstuk, seun – Is van die helderste sketse van God se hart vir verlorenes in die Bybel, wat die gelykenis van God se gasvryheid nog verder neem.

Let op na die volgende:

  • Jesus vertel dié gelykenisse vir die Fariseërs en skrifgeleerdes waarmee Hy eintlik hulle eie verlorenheid ontbloot.  Hulle reageer eintlik soos die ouer broer in die gelykenis van die verlore seun.
  • Die verskil tussen die eerste 2 gelykenisse is dat in die eerste die verlore skaap se nood beklemtoon word, en in die tweede die vrou se nood ten opsigte van die verlore muntstuk beklemtoon word.  Waar die skaapboer vir die verlore skaap gaan soek, ter wille van die skaap, gaan die vrou soek vir die verlore muntstuk ter wille van haarself.  Albei teken dus kante van wie God is en hoe Hy deur ons werk in die wêreld – ter wille van ons, EN ter wille van Homself.
  • Die laaste gelykenis kombineer dié twee aspekte van God se besorgdheid oor verlorenes.  Daarom kan die gelykenis van die verlore seun net so goed as die gelykenis van die wagtende vader beskryf word.  Want dit is nie net die nood van die verlore seun wat beskryf word nie, ook die nood van die wagtende vader.

VIR BYBELSKOOL

Jesus gebruik weereens ‘n sieke, hierdie keer ‘n man wat aan water (watersug of dropsy in Engels) gely het, om die Fariseërs se verdraaide siening van die sabbatdag uit te daag (14:1-6).

Hy gaan verder en leer hulle deur 2 gelykenisse van beskeidenheid (14:7-11) en gasvryheid (14:12-14) – albei karaktereienskappe wat hulle gekort het – en wys in ‘n 3de gelykenis hoe hierdie oproep in God se gasvryheid teenoor mense, sy hart vir verlorenes, begrond is, die gelykenis van die groot maaltyd (14:15-24).

Lukas sluit die hoofstuk af met Jesus wat die eise van dissipelskap uitspel (14:25-33) en hulle met die gelykenis van die kragtelose sout oproep tot gehoorsaamheid (14:34-35).

Die 3 gelykenisse in hoofstuk 15 – verlore skaap, muntstuk, seun – Is van die helderste sketse van God se hart vir verlorenes in die Bybel, wat die gelykenis van God se gasvryheid nog verder neem.

Let op na die volgende:

  • Jesus vertel dié gelykenisse vir die Fariseërs en skrifgeleerdes waarmee Hy eintlik hulle eie verlorenheid ontbloot.  Hulle reageer eintlik soos die ouer broer in die gelykenis van die verlore seun.
  • Die verskil tussen die eerste 2 gelykenisse is dat in die eerste die verlore skaap se nood beklemtoon word, en in die tweede die vrou se nood ten opsigte van die verlore muntstuk beklemtoon word.  Waar die skaapboer vir die verlore skaap gaan soek, ter wille van die skaap, gaan die vrou soek vir die verlore muntstuk ter wille van haarself.  Albei teken dus kante van wie God is en hoe Hy deur ons werk in die wêreld – ter wille van ons, EN ter wille van Homself.
  • Die laaste gelykenis kombineer dié twee aspekte van God se besorgdheid oor verlorenes.  Daarom kan die gelykenis van die verlore seun net so goed as die gelykenis van die wagtende vader beskryf word.  Want dit is nie net die nood van die verlore seun wat beskryf word nie, ook die nood van die wagtende vader.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar