WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5
Ons lees hierdie week die gebeure van die vierde fase van die uitbreiding van die evangelie oor grense heen. Waar die evangelie 1) aanvanklik Jerusalem stormenderhand verower het – 1:1-6:7, 2) versprei het na Judea en Samaria, hoewel net na Jode en Samaritane (dieselfde voorvaders) toe – 6:8-9:31, 3) oor die Joodse grense gebars het na heidene in die breër Judese gebied – 9:32-12:24, stuur die Heilige Gees die leiers van die kerk nou na Asië (Turkye) toe – 12:25-16:5, waarna 5) Europa – 16:6-19:20 en 6) Rome aan die beurt sou kom – 19:21-28:30. Die wêreld is al meer in die visier van die Gees en die kerk.
’n Belangrike wending gebeur reg aan die begin van hierdie 4de fase, met Antiogië wat die sentrum van hierdie nuwe ontwikkeling word, steeds natuurlik in ’n noue verband met die gemeente in Jerusalem, wat steeds ook ingetrek word wanneer belangrike beleidsbesluite geneem moet word (hfst. 15).
’n Verdere ontwikkeling is dat waar Barnabas aanvanklik die toon aangee in hierdie evangeliese uitreik, Paulus (Saulus is die Hebreeuse weergawe van sy naam, en Paulus die Italiaans-Romeinse weergawe) al hoe sterker op die voorgrond tree en aan die einde van hierdie fase die primêre leier word wat die evangelie na Europa en Rome neem.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - Aug 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - Aug 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - Aug 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - Aug 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - Aug 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - Aug 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - Aug 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - Aug 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - Aug 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - Aug 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - Sep 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - Sep 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - Sep 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - Sep 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - Sep 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - Sep 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - Sep 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - Sep 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - Sep 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - Sep 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - Sep 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - Sep 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - Sep 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - Sep 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - Sep 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - Sep 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - Sep 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - Sep 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - Sep 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - Sep 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016