WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7
Hy fokus hier op die redding wat Jesus bring aan die wêreld, van Jerusalem af (hfst. 1) tot in Rome (hfst. 28). En ons leer hier dat die goeie nuus van God se redding vir beide Jode en heidene is. Soos ons ook gaan agterkom, is hierdie redding God se saak en niks kan dit keer nie, hoewel dit steeds, soos in die evangelie van Lukas deur sommige met woede verwerp sal word.
Verfris net weer jou geheue deur die oorsig oor Handelinge en die riglyne vir die leeswerk te lees.
Die groot prentjie is as volg:
- Handelinge 1-12 vertel van die verspreiding van die evangelie: dit begin in die stad Jerusalem en versprei na die platteland in Judea.
- Handelinge 13-20 is ‘n reisverhaal: Barnabas en Paulus neem die evangelie na Asië en Paulus na Europa saam met ’n hele aantal ander gelowiges.
- Handelinge 21-28 vertel van die verhoor van Paulus wat die evangelie tot in Rome laat versprei: Paulus verskyn voor dieselfde drie tribunale as Jesus (die Joodse Sanhedrin [Luk 22/Hand 22], die Romeinse goewerneur [Luk 23/Hand 25], en een van die Herodes konings [Luk 23/Hand 25 {Julius Markus Agrippa}]) – die resultaat is dat die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.
Ons lees die boek in 6 weke deur wat korrespondeer met die 6 dele van Handelinge, op grond van Lukas se opsommende opmerkings in 6:7, 9:31, 12:24, 16:5 en 19:20. Elke keer skep Lukas daarmee ‘n pouse voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, eties, en/of polities:
Let op vir die volgende aksente van Lukas in Handelinge:
- Die verhaal is steeds oor Jesus, soos die inleiding in hoofstuk 1-2 aandui.
- Daar is ‘n onlosmaaklike verband tussen Jesus en die Gees – en die Gees is uiteindelik verantwoordelik vir elke groot draaipunt in die verhaal.
- Die evangelie is God se saak – en niks kan dit verhinder nie!
- Die evangelie versprei horisontaal na die heidene – dié wat deur die Joodse eksklusiwiteit gemarginaliseer is (anders as in die eerste verhaal waar die vertikale impak van die evangelie op alle Jode vertel word).
- Die kerk word al hoe meer saamgestel uit gelowiges uit die heidense volke – terwyl die Jode in die diaspora (verstrooiing na die ballingskap) en die Joodse leiers in Jerusalem die teenstand aanvuur.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - Aug 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - Aug 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - Aug 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - Aug 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - Aug 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - Aug 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - Aug 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - Aug 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - Aug 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - Aug 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - Sep 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - Sep 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - Sep 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - Sep 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - Sep 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - Sep 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - Sep 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - Sep 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - Sep 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - Sep 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - Sep 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - Sep 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - Sep 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - Sep 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - Sep 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - Sep 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - Sep 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - Sep 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - Sep 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - Sep 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016