Lei ons nie in versoeking nie

Volgens berigte was die voorstel van die pous dat die Engelse vertaling van die sesde bede van die Ons Vader (Matt 6:13) nie moet lees: “Lead us not into temptation,” (soos in die meeste Engelse vertalings) nie, maar: “Do not let us fall into temptation.”
Daarmee kan hy die sesde bede van die Ons Vader beter harmonieer met Jakobus se duidelike lering dat God niemand versoek nie (Jak 2:12-15).
1. Die Griekse werkwoord ter sprake is eispherō. Dit beteken om te veroorsaak dat iets met iemand gebeur. Dit kan vertaal word met woorde soos: om te veroorsaak, om te laat, om te bring, om te lei (Louw-Nida).
Die Griekse selfstandige naamwoord ter sprake is peirasmos wat beteken om te probeer om iemand te laat sondig. Die woord kan vertaal word met woorde soos: versoeking en valstrik.
Saam met hierdie woord vir versoeking – wat ook valstrik kan beteken – kan jy dan vertaal: “Do not let us fall into …”.
2. ‘n Mens kan egter ‘n ander roete opgaan om die teologiese probleem op te los.
Die Griekse selfstandige naamwoord peirasmos kan in ander gevalle ook met ‘n woord soos: toetsing of vuurproef, vertaal word (Louw-Nida). Soos dit bv in 1 Petrus 4:12 vertaal word.
Jy kan dus in die Engelse vertaling die woord “testing” eerder as “temptation” gebruik. Dit gee ‘n vertaling “Do not lead us into (a time of) testing …” soos baie kommentare die sesde bede in elk geval uitlê. Dit klink ook beter op die oor, ten minste in terme van hoe mense oor God dink.
3. Maar, as jy in elk geval weet dat God niemand kan versoek nie, soos Jakobus tereg dit sê, hoef ‘n mens nie ‘n probleem met die oorspronklike Engelse of Afrikaanse vertalings te hê nie, want jy weet dit is nie in konflik met die res van die boodskap van die Skrif nie.
Dieselfde geld die vertaling van die Ons Vader volgens Lukas 11:4 wat net die eerste deel van die sesde bede weergee: “En bring ons nie in versoeking nie.” (BDV)
Die sesde bede beteken dus dat ons van God vra: “laat ons nie sondig nie”. Ons vra van God om ons digby Hom te hou, sodat ons nie afdwaal deur ons sonde nie, soos vier Afrikaanse vertalings dit weergee (NLV; DB; ABA; NTK).
Die laaste frase in die sesde bede: “red/verlos/bevry ons van die Bose,” (al die Afrikaanse vertalings) vra daarby dat God finaal met die Bose sal klaarspeel. Die Bose (ponerou) kan ook onpersoonlik verstaan word (soos ‘n hele paar vertalings dit het), maar verpersoonliking maak vir my hier beter sin weens die bepaalde lidwoord wat daarmee saam gebruik word. Dit is ook hoe dit gebruik word in Matt. 5:39 vir ‘n bose mens.
Jesus leer die dissipels nog twee keer in Getsemane om min of meer dieselfde gebed te bid.
- Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie (Matt 26:41) – Bid sodat julle nie in versoeking kom nie. (Luk 22:40)
- Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. (Luk 22:46)
Met dit in gedagte kan ‘n mens nou kyk na ‘n paar vertalings en self oordeel watter vir jou die boodskap die beste oordra.
8 Afrikaanse vertalings
- En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. (OAV)
- En laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. (NAV)
- En bring ons nie in versoeking nie, maar red ons van die Bose. (BDV)
- Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie; maar bevry ons van die greep van die Bose. (NLV)
- En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose. (ASV)
- Help ons om nooit te swig voor versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons wil verlei om verkeerde dinge te doen. (DB)
- En help ons dat niks sal gebeur wat ons sal laat sonde doen nie. Maar beskerm ons teen die duiwel. (ABA)
- Help ons om nie sonde te doen of na die duiwel te luister nie. (NTK)
8 Engelse vertalings
- And lead us not into temptation, but deliver us from evil. (KJV; RSV)
- And do not lead us into temptation, But deliver us from the evil one. (NKJV)
- And do not lead us into temptation, but deliver us from the evil one. (NET)
- And lead us not into temptation, but deliver us from the evil one. (NIV)
- And lead us not into temptation, but deliver us from evil. (ESV)
- And do not bring us into temptation, but deliver us from the evil one. (LEB)
- Keep us safe from ourselves and the Devil. (MSG)
Dit is ook uiters interessant om ‘n bietjie te kyk na hoe na versoekings in die res van die NT gekyk word, want dit help ‘n mens om die Ons Vader beter te verstaan.
Paulus leer ons dat God juis in versoeking uitkomste verskaf in 1 Korintiërs 10:13
Geen versoeking het oor julle gekom behalwe ‘n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur. (BDV)
Paulus spel ook in 1 Timoteus 6:9-12 uit dat die begeerte na rykdom ons in versoeking kan bring, en dat ons versigtig moet wees daarvoor.
Wie ryk wil wees, val in versoeking en ‘n strik van baie dwase en skadelike begeertes wat mense meesleur na ondergang en vernietiging. Want geldgierigheid is ‘n wortel van alle kwaad. Die hunkering na rykdom het sommige mense laat afdwaal van die geloof en hulle het hulleself met baie smarte deurboor. Maar jy, o mens van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na geregtigheid, vroomheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid. Hardloop die goeie wedloop van die geloof; gryp na die ewige lewe waartoe jy geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. (BDV)
Die Hebreërskrywer verwys ook na die tyd van versoeking in die woestyn waar dit juis die volk was wat God versoek (of getoets) het (Hebr 3:7-15). Hy waarsku die gelowiges dat hulle nie in dieselfde valstrik val nie.
Daarom, soos die Heilige Gees sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard soos met die opstand in die tyd van versoeking in die woestyn toe julle voorouers My versoek en beproef het nie, al het hulle my dade gesien — veertig jaar lank. Daarom het my toorn ontvlam teenoor hierdie geslag en het Ek gesê, ‘In hulle harte is hulle altyd op ‘n dwaalspoor, en my paaie wou hulle nie leer ken nie.’ Dus het Ek in my toorn gesweer, ‘In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie!’ ”Broers, waak daarteen dat nie een van julle ooit ‘n bose hart vol ongeloof kry deur van die lewende God afvallig te word nie. Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Ons het inderdaad deelgenote van Christus geword, mits ons enduit stewig bly vashou aan ons aanvanklike geloofsvertroue — soos gesê word: “Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard soos tydens die opstand nie.”
Jakobus bevestig dat ‘n mens beproewing as ‘n toets kan verstaan en verduidelik hoe versoeking iets is wat vanuit ons eie begeertes kom (Jak 2:12-15).
Geseënd is die man wat beproewing deurstaan, want as hy die toets deurstaan, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat God beloof het aan hulle wat Hom liefhet. Laat niemand wat versoek word, sê: “Ek word deur God versoek,” nie, want God kan nie deur kwaad versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie begeerte meegevoer en verlei word. Dan, wanneer die begeerte bevrug is, gee dit geboorte aan die sonde en wanneer die sonde volgroei is, gee dit geboorte aan die dood. (BDV)
Petrus bevestig God se vermoë om mense uit versoeking te red in 2 Petrus 2:9
Dan weet die Here tog baie goed om daardie mense wat ‘n toegewyde lewe lei, uit versoeking te red. (BDV)
View all posts in this series
- Bybelskool oor die evangelie volgens Matteus – begin 16 Januarie - January 4, 2014
- Inleiding op die evangelie volgens Matteus - January 16, 2014
- Matteus 1 – Die historisiteit en teologiese betekenis van Jesus se geboorte - January 17, 2014
- Matteus 2 – God stel sy herderleier, Jesus, bekend en beskerm Hom - January 20, 2014
- Matteus 3 – Jesus doop met die Heilige Gees en met vuur - January 21, 2014
- Matteus 4 – Jesus se versoeking en die begin van sy bediening - January 22, 2014
- Matteus 5 – Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid - January 23, 2014
- Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid - January 24, 2014
- Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid - January 27, 2014
- Matteus 8 – Jesus herstel gemeenskap en bevorder geloof met gesprek en genesings - January 28, 2014
- Matteus 9 – Jesus vergewe, genees en roep sondaars as gestuurdes - January 29, 2014
- Matteus 10 – Jesus motiveer en rus die twaalf dissipels toe om Sy bediening voort te sit - January 30, 2014
- Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - January 31, 2014
- Matteus 12 – Die Fariseërs neem aanstoot aan Jesus as die Groot Geneesheer - February 3, 2014
- Matteus 13 – Jesus ontmagtig die skare en bemagtig die dissipels met gelykenisse - February 4, 2014
- Matteus 14 – Jesus is die Seun van God wat voorsien en genees - February 5, 2014
- Matteus 15 – Jesus se bediening is insluitend en voorsien in baie behoeftes - February 6, 2014
- Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap - February 7, 2014
- Matteus 17 – Jesus word verheerlik as teken van sy Goddelike wese - February 10, 2014
- Matteus 18 – Jesus leer koninkrykskinders hoe hulle in verhouding met mekaar moet lewe - February 11, 2014
- Matteus 19 – Jesus spel koninkrykswaardes vir huwelike, kinders en welvaart uit - February 12, 2014
- Matteus 20 – Jesus spel koninkrykswaardes vir leiers en die geloofsgemeenskap uit - February 13, 2014
- Matteus 21 – Jesus het ’n groot impak op Jerusalem en die Joodse leiers - February 14, 2014
- Matteus 22 – Jesus is te uitgeslape vir die onbetroubare Fariseërs - February 17, 2014
- Matteus 23:1 – 24:2 – Jesus veroordeel die skynheiligheid van die skrifkenners en Fariseërs - February 18, 2014
- Matteus 24:3-51 – Jesus motiveer sy dissipels tot waaksaamheid en gereedheid, betroubaarheid en verstandigheid - February 19, 2014
- Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid - February 20, 2014
- Matteus 26 – Jesus word verwerp, verraai, verhoor en verloën - February 21, 2014
- Matteus 27 – Jesus word oorgelewer en gekruisig, sterf en word begrawe - February 24, 2014
- Matteus 28 – Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels - February 25, 2014
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Matteus 5:22 – Jy mag nie “karakter-moord” pleeg nie - July 15, 2016
- Lei ons nie in versoeking nie - July 11, 2019
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Jan Louw
Dankie vir ‘n deeglike stuk werk Chris!
Chris van Wyk
Dit bly vir my net ‘n plesier en ‘n voorreg om met die uitleg van die Bybel besig te wees. Elke nuwe vraag wat ek kry, maak vir my self nuwe betekenisse oop.
Koot
Baie dankie vir hierdie uitleg. Die manier waarop u dit doen breek nie net nuwe betekenisse oop nie maar wys ook duidelik ooreenkomste en verskille.