Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping

Toe die Joodse leiers nie slaag in hul poging om die evangelie te stuit deur vervolging nie, besluit die Joodse koning, Herodes, om tot die stryd toe te tree en laat van die gemeentelede vang, vermoor een van die twee “manne van die donder”, Jakobus (Mark 3:17 – die bynaam wat Jesus hulle gegee het!), en laat Petrus in die tronk opsluit. Let op dat dit twee van die eerste vier geroepe dissipels van Jesus is (Luk 5:1-11). ‘n Geweldige aanslag dus op die leierskap van die jong gemeente in Jerusalem.

Dit gebeur weereens op die Paasfees, soos ’n paar jaar tevore met Jesus se kruisdood, die fees van die ongesuurde brood. Herodes wou net na die Paasfees vir Petrus om die lewe laat bring, soos die geval met Jesus was wat op die eerste dag van die Paasfees tereggestel is. Hy wou dus die leier, Petrus, wat begin het om die pas aan te gee vir die oorgrens beweging van die evangelie, se mond snoer, soos die Jode dit met Jesus probeer doen het, en nie daarin kon slaag nie.

Herodes en die 16 soldate wat Petrus in die tronk bewaak, is egter nie bestand teen die gebede van die gemeente en die engel van die Here (Jesus se Godsnaam!) nie, en Petrus word bevry en as  bevestiging van God se seën op hulle werk, vir hulle terug gegee.

Die verlossing uit die tronk en die aankoms van Petrus by die gelowiges word met baie detail beskrywe om ons van die werklikheid van die gebeure te oortuig.  Selfs die diensmeisie, Rodé, se naam word genoem, wat Petrus aanvanklik nie inlaat by die gemeentebyeenkoms nie, waarskynlik weens haar verbouereerdheid.

Dit leer ons dat die gebede van die regverdiges – let op die kontras met Herodes se onregverdigheid –groot krag het wanneer dit gefokus word op God se wil in sulke situasies. En onthou dat Barnabas en Saulus ook in daardie tyd daar was en saam gebid het.  Die gemeenskap van gelowiges oor gemeentegrense heen is deel van hierdie wonderlike bevestiging van God se verlossing en ingrype in die geestelike en politieke werklikheid.

Die engel van die Here se werk is egter nog nie klaar nie, en toe Herodes as god vereer word in die interaksie met die afvaardiging van Tirus en Sidon, tree God in en laat hom sterwe, ‘n paar jaar na die dood van Sy Seun (Josefus sê in 44 nC).  Dit is nogal ’n verontrustende gebeure.  Dit laat my dink aan die gesegde: die wiele van geregtigheid draai stadig, maar verseker.  God laat nie met Hom mors nie, en tree op om Sy naam te beskerm en Sy wil te laat geskied.  Dit is ook ’n duidelike aanduiding dat ’n mens nie God se lankmoedigheid moet onderskat nie of veral nie as swakheid of traagheid om op te tree, moet interpreteer nie.  Waar Sy eer in gedrang gebring word, tree Hy op.

Lukas sluit die deel van sy verhaal af met sy herhalende opmerking dat die woord van die Here verder versprei het en veld gewen het. Die tafel is gedek vir die volgende uitbreiding van die koninkryk wat van Antiogië af sou kom.

View all posts in this series

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: