Ons begin hierdie week lees aan die Handelinge van die apostels, Lukas se tweede boek en vervolg op sy evangelie, gerig aan dieselfde persoon Teofilus.
Hy fokus hier op die redding wat Jesus bring aan die wêreld, van Jerusalem af (hfst. 1) tot in Rome (hfst. 28). En ons leer hier dat die goeie nuus van God se redding vir beide Jode en heidene is. Soos ons ook gaan agterkom, is hierdie redding God se saak en niks kan dit keer nie, hoewel dit steeds, soos in die evangelie van Lukas deur sommige met woede verwerp sal word.
Die verspreiding van die goeie nuus oor Jesus begin uiteraard in Jerusalem, die plek waar God Homself deur die eeue geopenbaar het. Let op hoe die fondasie van die kerk se werk verbind word aan 1) die lewe van Jesus, alles wat Hy gedoen en geleer het, 2) die lyding, sterwe en opstanding van Jesus, 3) die nuwe lewe van Jesus wat Hy met “baie onbetwisbare bewyse” aan hulle gedemonstreer het, 4) die belofte en gawe van die Heilige Gees waarsonder hulle die werk nie kan aanpak nie, 5) die beskrywing van die binnekring dissipels as apostels – dws gestuurdes, en 6) die verkiesing van ’n 12de apostel om simbolies die 12 stamme van Israel te verteenwoordig.
Let ook op dat hulle nou in huise begin bymekaarkom, die begin van die skuif van die teenwoordigheid van God nie net in die tempel nie, maar in elke huis waar Hy gedien word. Hoewel die eerste fase van hulle werk steeds gereeld by die tempel sal plaasvind, sal dit toenemend in huise wees regdeur die Romeinse ryk.
Die uitstorting van die Heilige Gees vind plaas op Pinksterdag, 50 dae na Jesus se kruisiging en opstanding op die Paasfees, en 10 dae na Sy hemelvaart. Pinksterfees was ’n Joodse oesfees (Lev 23:15-16).
Die oorweldigende vervulling van al die gelowiges met die Heilige Gees is die teken dat Hy deur hulle die hele wêreld vol gaan maak van die getuienis van Jesus, die Christus. Die vuur wat verdeel in tonge bevestig dat hierdie evangelie oorvertel moet word en die tale-wonder bevestig dat dit vir alle mense bedoel is, soos ’n mens kan sien uit die vyftien-tal nasies wat daar teenwoordig is om die wonder te aanskou en die evangelie in hulle eie taal te hoor. Hierdie tale-wonder (verstaanbaar) is dus iets anders as die gawe van tale (onverstaanbaar) wat in 1 Korintiërs 12 en 14 van vertel word.
Chris van WykonGenesis 25:19-34Ek sal navraag doen by die eienaars van die plugin wat ek gebruik om die bydraes outomaties te stuur. Is daar nog mense wat dieselfde probleem het?
DavidonGenesis 25:19-34Ek ontvan nie meer my daaglikse stukke nie?
Jemima du PreezonGenesis 23Ek het Genesis so geniet, soveel by geller, wie kon raai dat die altare wat Abraham opgerig ook betekenis het in die Bybelse Tyd. Leer geweldig met hi…
Carel SmithonGenesis 22Wat 'n awesome boodskap Chris, oor Abraham en ware dissipelskap. Dit is inderdaad op ons elkeen van toepassing. Dankie.
Chris van WykonGenesis 21Mohammed word gereken as uit die nageslag van Ismael, maar het sy eie tradisie rondom Allah geskep in die 6de eeu nC. Uit Mohammed se nalatenskap het…
ArinaonGenesis 21Ismael lei tot die Islamitiese geloof. Genesis 21:18 wil God Ismael tot n groot nasie maak - mens veronderstel dat God bedoel het n nasie wat Hom aanb…
Hannes TerblancheonWie is God? nou in kursusformaat beskikbaarGoeie middag Dr van Wyk, Ek wil bitter graag registreer vir, Wie is God? wat nou in kursusformaat beskikbaar is. Die skakel in die epos wat ek vanogge…
Sakkie BothaonWie is God? nou in kursusformaat beskikbaarChris, Baie dankie vir die reeks oor Job. Dit het vir my persoonlik geweldig baie beteken. Groete en sterkte met komende Bybelstudies.
Chris van WykonJob 38-39Daar is redelike konsensus dat die verhaal uit die tyd vóór die wet in die tydvak van die patriarge plaasvind, maar moontlik eers later in boekvorm ge…