Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets

Dit tref my vandag dat alles wat goed is, begin met die werk van die Heilige Gees in jou lewe.  Dit was ook so met Jesus. “Vol van die Heilige Gees” het Jesus van die Jordaan af gekom, om sy bediening te begin.

Maar voordat Hy sy eerste preek kan lewer of genesing kan gee, word Hy getoets soos dit die geval was met bykans alle diensknegte van die Here – Adam, Abraham, Moses, die volk Israel ensomeer.  Jesus word dus die woestyn ingelei om daar nie maar sommer net só ’n klein toetsie te ondergaan nie, maar deur die duiwel self versoek te word.  Daarna sou Hy as getoetste (ook gedoopte) mens en Seun van God sy bediening kon begin.

Dit leer my dat die pad na effektiewe bediening wel kom uit die volheid van die Gees se vervulling, maar ook volgehou moet word deur die felheid van versoeking en die uitdaging van die boosheid wat so maklik vir die waarheid aangesien kan word.

Dit is interessant hoe Jesus se 3 versoekings met van die bedes van die Ons Vader verband hou.

  • Die versoeking rondom brood hou met die bede vir ons daaglikse brood verband.
  • Die versoeking rondom aardse koninkryke hou met die bede om God se koninkryk en sy Naam verband.
  • Die versoeking rondom uitdagende optrede hou met die bede om God se wil verband.
  • In sy geheel hou die episode in die woestyn met die bede om bewaring van versoeking deur die Bose verband.

Dit antwoorde van Jesus is net so belangrik, omdat dit telkens uit Deuteronomium is, wat deel van die wetboek gevorm het, die hart van die OT.  Daaruit sien ’n mens ook dat die fout nie lê in die ding wat jy van God vra nie, maar in die motivering daarvoor (Jak 4:1-10).  ’n Versoek word met die verkeerde motivering ’n versoeking – en daarteen moet ons waak.

Dit leer my ook dat gebed en die Woord die kern van ’n standvastige bediening en lewenstyl is – die kontak met God bewaar my van die versoekings, beide in ’n aanroep van Hom in nood, en in ’n luister na Sy Woord.  ’n Mens sien hier dat die Woord reeds vir Jesus ’n huis was om in te woon – so gemaklik kon Hy die duiwel daaruit antwoord!

Terloops, Lukas ruil die orde van die laaste 2 versoekings om (’n ander orde as in Matteus), waarskynlik om die laaste versoeking wat by die tempel plaasgevind het, te beklemtoon.  Dit hang ook saam met ’n beduidende skuif wat in Lukas-Handelinge merkbaar is, dat waar die tempel nog ’n baie belangrike rol speel in Lukas en die begin van Handelinge – as die plek waar God Homself openbaar – dit in die verloop van die verhaal van Handelinge al hoe meer skuif na die huise van gelowiges – as die plek waar God Homself openbaar.  Daaroor later moontlik weer.

View all posts in this series

Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • wessel badenhorst

    ek prober verstaan wat die posisie van die duiwel is wanneer hy JESUS AL DIE AARDSE DINGE BELOWE IN RUIL VIR SY ONDERDANIGHEID ?Hy kan immers net goed belowe waarvan hy op daardie stadium die eienaar is. Is dit dan so dat hy op daardie stadium in beheer van die aardse wereld was ? Of is dit n groot leun ? ek luister graag.

    • Die duiwel was op daardie stadium die owerste (heerser) van die wêreld (Joh 12:31; 14:30; 16:11). Hy was in beheer van beide die magte in die lug sowel as van die kinders van die ongehoorsaamheid, dié mense wat nie in die Here Jesus geglo het nie (Ef 2:2). Dit is egter ‘n posisie wat Jesus ná sy opstanding en hemelvaart ingeneem het (Openb 1:5). Die duiwel kon dus dié posisie aan Jesus aanbied in die woestyn. Maar, Jesus het gekies om eerder God se pad te volg en deur sy dood aan die kruis die heersposisie terug te neem (Fil 2:5-11).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: