Skip to main content

WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31

Verandering kom nie sonder pyn nie, en ook nie sonder dat ’n mens oor grense uitreik nie.  Daar is ’n wonderlike aanhaling van Stanley Kunitz wat dit vir my treffend uitbeeld: “The heart breaks and breaks and lives by breaking. It is necessary to go through dark and deeper dark and not to turn” (The Testing-Tree).  Hoewel hy dit meer persoonlik bedoel, dink ek dit is net so van toepassing op die kerk se lewenstyl.  Dit sê iets van die pyn asook iets van die deurdruk, die aanhou en uithou totdat God sy doel met ons bereik het.  Die donker van lyding moet getrotseer word sonder om om te draai of terug te deins, die oog gevestig op die Leidsman van die geloof wat nie net vir ons ’n voorbeeld gelaat het om na te volg nie, maar saam met ons die pad stap.

Ons gaan dié week lees oor die pyn van vervolging en ontworteling, van mense wat in die tronk gegooi word vir hulle geloof, en uitgedryf word weg van hulle eie omgewing … en in die proses sin en betekenis vind in die uitreik met die evangelie. En die eenvoudige boodskap aan ons is dat verandering nie op ’n ander manier kom nie en dat ons net moet aanhou en moedhou en vashou aan die Een wat met ons saamgaan, die Here Jesus deur die werking van Sy Gees.

Let op hoe ’n mens aan die einde van die vorige gedeelte – hoofstuk 1-6:7 – kon sien hoe daar in die gemeente van Jerusalem twee hoofgroepe vorm aangeneem het: die Grieksprekende Joodse Christene (Helleniste) en die Aramees-Hebreeus-sprekende Joodse Christene (Jerusalemiete).  Die eerste groep, wat vermoedelik meesal uit die Hellenistiese sinagoge in Jerusalem tot bekering gekom het (Gordon Fee), is die groep wat dit regkry om grense te begin oorsteek as voorbeeld vir ander wat hulle sou navolg.  Soos hulle die leiding geneem het in die bediening van die Griekssprekende weduwees (die 7 manne het almal Griekse name), neem hulle nou ook die voortou in die volgende uitbreiding van die evangelie (Stefanus, Filippus).

Dit bly egter die Here Jesus self wat agter alles die eintlike voorloper van hierdie oorgrens beweging is, en wat self die vuurvreter vervolger Saulus in ’n vuurwarm verkondiger van die evangelie verander, soos ons in hoofstuk 9 sal sien, waarna die volgende fase van die uitbreiding ’n aanvang sou neem.  Jesus se Hemelvaart beteken dus nie dat Hy op ’n manier weg is dat Hy nie meer hier by ons betrokke is nie.  Hy het nie maar net die Bybel, die Gees en die kerk vir ons gegee om ons by te staan nie (Coenie Burger).  HY is steeds betrokke by die uitbreiding van die evangelie – soos Saulus van aangesig tot aangesig sou agterkom.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda