WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31

Verandering kom nie sonder pyn nie, en ook nie sonder dat ’n mens oor grense uitreik nie.  Daar is ’n wonderlike aanhaling van Stanley Kunitz wat dit vir my treffend uitbeeld: “The heart breaks and breaks and lives by breaking. It is necessary to go through dark and deeper dark and not to turn” (The Testing-Tree).  Hoewel hy dit meer persoonlik bedoel, dink ek dit is net so van toepassing op die kerk se lewenstyl.  Dit sê iets van die pyn asook iets van die deurdruk, die aanhou en uithou totdat God sy doel met ons bereik het.  Die donker van lyding moet getrotseer word sonder om om te draai of terug te deins, die oog gevestig op die Leidsman van die geloof wat nie net vir ons ’n voorbeeld gelaat het om na te volg nie, maar saam met ons die pad stap.

Ons gaan dié week lees oor die pyn van vervolging en ontworteling, van mense wat in die tronk gegooi word vir hulle geloof, en uitgedryf word weg van hulle eie omgewing … en in die proses sin en betekenis vind in die uitreik met die evangelie. En die eenvoudige boodskap aan ons is dat verandering nie op ’n ander manier kom nie en dat ons net moet aanhou en moedhou en vashou aan die Een wat met ons saamgaan, die Here Jesus deur die werking van Sy Gees.

Let op hoe ’n mens aan die einde van die vorige gedeelte – hoofstuk 1-6:7 – kon sien hoe daar in die gemeente van Jerusalem twee hoofgroepe vorm aangeneem het: die Grieksprekende Joodse Christene (Helleniste) en die Aramees-Hebreeus-sprekende Joodse Christene (Jerusalemiete).  Die eerste groep, wat vermoedelik meesal uit die Hellenistiese sinagoge in Jerusalem tot bekering gekom het (Gordon Fee), is die groep wat dit regkry om grense te begin oorsteek as voorbeeld vir ander wat hulle sou navolg.  Soos hulle die leiding geneem het in die bediening van die Griekssprekende weduwees (die 7 manne het almal Griekse name), neem hulle nou ook die voortou in die volgende uitbreiding van die evangelie (Stefanus, Filippus).

Dit bly egter die Here Jesus self wat agter alles die eintlike voorloper van hierdie oorgrens beweging is, en wat self die vuurvreter vervolger Saulus in ’n vuurwarm verkondiger van die evangelie verander, soos ons in hoofstuk 9 sal sien, waarna die volgende fase van die uitbreiding ’n aanvang sou neem.  Jesus se Hemelvaart beteken dus nie dat Hy op ’n manier weg is dat Hy nie meer hier by ons betrokke is nie.  Hy het nie maar net die Bybel, die Gees en die kerk vir ons gegee om ons by te staan nie (Coenie Burger).  HY is steeds betrokke by die uitbreiding van die evangelie – soos Saulus van aangesig tot aangesig sou agterkom.

View all posts in this series

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: