Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.”
Ek lees steeds soos ‘n kunstenaar:
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
Markus
Dit tref my hoe die smeking van die melaatse man die deernis van Jesus ontlok – let op hoe Hy vat aan die man – en Hy hom genees; ook die geloof van die melaatse man wat volledig aanvaar dat Jesus kan genees – Hy moet net wil, in sy verstaan daarvan. Hoe pragtig ontmoet Jesus hom nie op daardie punt deur te sê: “Ek wil. Word gesond.”
Ek dink ons het nodig om weer te begin glo soos die melaatse. Dit sal ons met oorgawe laat vra vir genesing totdat ons hoor wat Jesus wil. Die feit dat Hy soms nee sê, moet ons nie by voorbaat kleingelowig laat nie. Guelich sê hieroor:
“By addressing Jesus at the level of his will rather than his ability, the supplicant believingly acknowledges that Jesus’ ability or power (δύνασαι) correlates with his will (σέλῃς). Thus, his request arises out of his confidence rather than doubt in Jesus’ ability to heal him.”
Dit is tragies dat die skrifgeleerdes en Fariseërs nie hulle eie tradisies geglo het nie. Hulle het geglo dat net God melaatses kan genees – net Mirjam en Naäman is in die OT genees. Maar hulle ignoreer hierdie onomwonde bewys dat Jesus doen wat net God kan doen, en dus God moet wees. Jesus toon respek vir die tradisies van die Jode deur die melaatse na die priesters te stuur vir die reiningingshandeling, maar word verguis deur die Joodse leiers ten spyte van die duidelike getuienis dat God teenwoordig is in Sy werk.
Ek besef dat ek ook maklik in dieselfde strik van die Fariseërs kan val, deur een ding teoreties te bely, maar in die praktyk ‘n ander uit te leef. God kan vandag nog genees. En ek wil met net soveel kinderlike vertroue soos die melaatse man vir die Here sê: “As U wil, kan U my gesond maak.”
Die ander evangelies
Matteus (8:1-4) plaas die verhaal aan die begin van ‘n reeks genesingsverhale, maar vertel nie die gevolg van die man se “verbode” getuienis nie, soos wel die geval is in Markus en Lukas (5:12-16). Interessant dat Lukas Jesus se reaksie op die toestroming na Hom as gevolg van die nuus wat oor Hom versprei is, beskryf as ‘n opsoek van stilte en afsondering saam met gebed. Dit leer my dat effektiewe bediening altyd met stilte en afsondering en gebed gekombineer moet word.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette
- Die drie Sinoptiese evangelies
- Die boodskap van Markus
- Markus in vergelyking met die ander evangelies
- Bybelstudie metodiek
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.”
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie?
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen?
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie
- WEEK 5 van die Bybelskool
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen
- WEEK 6 van die Bybelskool
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens
- WEEK 7 van die Bybelskool
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan
- Lees die vier evangelies en Handelinge
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar
- Jesus is die hart van die evangelie
Tags: Geloof, Genesing, Vertroue
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik