Skip to main content

Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word

Hierdie twee hoofstukke vertel van Paulus se reis na Jerusalem en die gebeure wat aanleiding tot die drie hofsake sal gee wat hom uiteindelik tot in Rome sal neem.

Hoe om die Gees se woorde te interpreteer

Die rol van die Heilige Gees in hierdie gedeelte, en die wyse waarop die gelowiges Hom ervaar, is baie interessant en insiggewend vir ons eie verstaan van Hom en vir ons onderskeidingsprosesse.

  • Dat die Gees vir Paulus voorberei vir ’n pad van lyding wat vir hom wag, is duidelik, soos Paulus vir die ouderlinge van Efese in Milete reeds gesê het (20:22-24) en soos die Here Jesus self vir Ananias opdrag gegee het om vir Paulus reg aan die begin van sy roeping te sê: “Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.” (9:16) Dit was immers nie anders in die lewe van Jesus nie – Hy moes ly om die wil van God te vervul!  Lyding sou deel van die roeping van Paulus wees.  Dit was duidelik reeds reg aan die begin van sy roeping.
  • Die gelowiges in Tirus het ook hierdie boodskap van lyding van die Gees gehoor, maar wil Paulus dit spaar en raai hom aan om nie Jerusalem toe te gaan nie (21:4).  Dit sou egter Paulus se lewensroeping en die persoonlike woord van die Gees in sy lewe dwarsboom (20:2-24).  Hy kan dus nie inval met hulle goedbedoelde, maar misplaaste raad nie, en gaan, nadat hulle saamgebid het, verder op die reis, juis na Jerusalem.
  • Netso kom die profeet Agabus in Sesarea met die waarskuwing aan Paulus dat hy aan die heidene uitgelewer sal word, weereens onder leiding van die Heilige Gees (21:10-11).  Die waarskuwing is egter vir Paulus ’n bevestiging dat hy nie moet terugdeins van die lyding wat vir hom wag nie, maar juis moet volhard in sy voorneme om Jerusalem toe te gaan.  Tot Agabus se krediet volstaan hy met Paulus se reaksie op sy woord.
  • Hieruit sien ’n mens die gevaar wat altyd in geestelike onderskeiding bestaan.  ’n Mens hoor dieselfde woord van die Heilige Gees – ’n waarskuwing byvoorbeeld – maar maak afleidings daaroor in terme van ’n mens se eie denke – ’n mens moet gevaar vermy byvoorbeeld.  Paulus daarenteen doen die regte ding, en verbind die woord van die Gees aan sy lewensroeping – lyding gaan deel wees van jou pad – en loop die pad van lyding met blymoedige dapperheid.

Om vir die Jode te word soos ’n Jood

Dit is ook baie interessant om te sien dat die Joodse gelowiges Paulus sterk aanvat dat hy die boodskap wat vir die heidense gelowiges bedoel was – dat hulle nie die wet van Moses rondom die besnydenis hoef na te kom nie – ook op gelowiges uit Joodse geledere van toepassing gemaak het.  Hulle is waarskynlik verkeerd in hulle afleiding – Paulus het immers vir Timoteus laat besny, omdat sy ma ’n Jodin was (Hand 16:3 – hy het egter heeltemal tereg nie vir Titus laat besny nie, al was daar ’n aandrang daarvoor, omdat hy volledig Grieks was – Gal 2:3), maar Paulus stribbel nie teë nie.

Dit blyk dus duidelik dat die gemeente in Jerusalem  geleer het om gasvry te wees – teenoor die Griekse weduwees (Hand 6) – mense van ander nasies in te sluit en nie laste op hulle te lê nie – teenoor die gelowiges uit die heiden nasies uit die res van die wêreld (Hand 15) – maar self nie verander het, of geskuif het in hulle verstaan van die belang van die wet nie.  Hulle het byvoorbeeld Grieke aangestel om die weduwees te help ( al sewe mans het Griekse name – Hand 6:5), en nie Jode nie, en nie self die besnydenis versaak nie, maar steeds aangehang.  Hierdie gebrek aan bereidheid om self te verander het waarskynlik bygedra daartoe dat die gemeente met die groot veranderinge wat met die verwoesting van Jerusalem gekom het, in die slag gebly het.

Hoe dit ook al sy, Paulus word hier voor ’n skerp toets geplaas.  Bedoel hy werklik dat hy vir die Jode soos ’n Jood word, en is hy bereid om hom onder die wet te stel, al is hy nie meer onder die wet nie (1 Kor 9:19-23)?  En hy wys dat hy dit werklik bedoel, ter wille van die evangelie, deur hulle voorstel na te kom dat hy hom in die tempel moet gaan reinig.

Paulus spreek die volk toe en lewer sy getuienis

Dit sit egter ’n proses aan die gang wat die Joodse leiers nie in berekening gebring het nie, waarin ’n mens sien hoe God sy wil uitwerk midde-in en regdeur die menslike oorwegings van die leiers in Jerusalem.  Paulus word by die tempel gevange geneem, omdat hulle hom beskuldig dat hy ’n klomp Grieke in die tempel ingebring het en so die tempel ontheilig het.  Dat dit nie waar was nie, skeel die oproermakers min, Jode uit sy geboorteland in Asië, en die proses om Paulus in Rome uit te bring, kom op koers, al is dit dan deur geslepe en gemene mense.

Paulus gebruik die geleentheid om die volk toe te spreek en sy getuienis te lewer.  Op ’n kragtige wyse skilder hy vir hulle die werklikheid van God se ingrype in sy lewe.  Let op hoe hy van ’n werklike teenwoordigheid van Jesus self praat wat op ’n verskeidenheid wyses in sy lewe ervaar kon word.  Hulle wil egter nie daarna luister nie, en dit sit die volgende fase aan die gang, dat hy voor die Joodse Raad gebring word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders