Voor ons begin om te lees, ’n paar opmerkings wat meer breedvoerig in die inleidende gedeeltes hanteer word:
Die doel van ons reis deur Lukas en Handelinge is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg. Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal. Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
! – IETS WAT JOU GETREF HET
? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
Onthou om kommentaar te lewer op die webtuiste en jou vrae te vra. So leer ons almal by mekaar.
die belofte van twee groot Godsmanne, Johannes die Doper, en Jesus die Verlosser (1:1-38),
die reaksie daarop van twee groot Godsvroue, Maria en Elisabet (1:39-56) wat gekontrasteer word met die reaksie van Elisabet se man Sagaria (1:5-25) en
die geboorte van Johannes die Doper waarop sy pa se tong loskom en hy uitbars in lof aan God en ’n profesie oor beide Johannes en Jesus (1:57-80).
Hierdie gedeelte gaan oor die vervulling van die belofte aan Sagaria, en sy profesie daarna oor die Verlosser en sy Voorloper.
1:57-66
Let op hoe die wonder wat God doen ’n uitkringende effek het. Wat in die privaatheid van die tempel aangekondig is, gekoester is deur Elisabet en die naby familie, het hier met die geboorte van Johannes ’n publieke effek op die bure, die gemeenskap en selfs in die wyer landstreek van Judea. Johannes se geboorte lei dus tot groot vreugde en ontsag in die publiek vir wat God doen. Die wonders van God is bedoel as publieke tekens van sy goedheid en mag.
Nadat Lukas in hoofstuk 1 verhale vertel het wat nie in die ander evangelies voorkom nie – verhale wat sentreer om die aankondigings rondom Johannes en Jesus en die reaksies wat dit by Maria, Elisabet en Sagaria uitlok – sluit hy in hoofstuk 2 dieselfde verhaal as Matteus (1:18-25) oor die geboorte van Jesus in. Die res van die hoofstuk is daarna weer eie verhale, wat nie in die ander evangelies voorkom nie.
2:1-7
Lukas verbind die verhale van die Verlosser aan die gebeure op die wêreldfront ter wille van die konteks daarvan. Hy noem keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië, eersgenoemde omdat Palestina deel van die Romeinse ryk was, en laasgenoemde omdat hy waarskynlik die hele Palestynse gebied se volkstelling gereël het (volgens sommige historici was Quirenius Varus toe goewerneur, met Sirenius waarskynlik ’n militêre veldheer wat Varus bygestaan het) . Die volkstelling het ongeveer in 7-6 vC plaasgevind, wat dan ook Jesus se geboortedatum moes wees.
Vandag se leeswerk handel oor 1) die prediking van Johannes die Doper, 2) die doop van Jesus en 3) die geslagsregistervan Jesus. Al vier evangelies vertel iets oor Johannes die Doper se bediening. Al drie sinoptiese evangelies vertel van die doop van Jesus (Johannes nie). Net Matteus het ook ’n geslagsregister vir Jesus, hoewel Lukas verskil van sy aanbieding daarvan.
3:1-20
Lukas plaas – anders as die ander evangelies – die prediking van Johannes die Doper binne sy historiese konteks wat nie net die politieke bestel van die Romeine en Jode – Tiberius, Pilatus, Herodes (seun van die een wat dood is by Johannes en Jesus se geboorte), Filippus en Lisanias – betrek nie, maar ook die godsdienstige – Annas en Kajafas as hoëpriesters. Dit is die 15de regeringsjaar van Tiberius, dws 27 nC.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar