Skip to main content

Riglyne vir die lees van Handelinge

Let op vir die volgende aksente van Lukas in Handelinge:

Let op vir die volgende aksente van Lukas in Handelinge:

Die verhaal is steeds oor Jesus, soos die inleiding in hoofstuk 1-2 aandui.

  • Lukas verwys terug na Johannes die Doper, die krag van die Heilige Gees en die hemelvaart.  Die implikasie is duidelik: die bediening van Jesus moet voortgesit word deur die getuienis van Jesus se volgelinge.
  • Groot toesprake word regdeur Handelinge gespasieer, deur Petrus, Stefanus en Paulus wat telkens die essensie van Jesus aan die wêreld-gehoor getuig.

Daar is ‘n onlosmaaklike verband tussen Jesus en die Gees – en die Gees is uiteindelik verantwoordelik vir elke groot draaipunt in die verhaal.

  • Soos Jesus die Gees as gawe van die Vader ontvang het vir sy bediening, so is die Gees nou die gawe van Jesus aan die kerk om sy bediening van redding voort te sit (2:33).  Jesus die draer van die Gees, doop nou met die Gees sodat ander die gawe van die Gees kan ontvang.

Die evangelie is God se saak – en niks kan dit verhinder nie!

  • Niemand kan God se redding keer nie –
  • nie die Joodse leiers nie (5:39 “as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie”);
  • nie die ongelowige Jode nie (9:1 “Saulus het soos ‘n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here te dreig”);
  • nie die kerk in Jerusalem nie (11:17 “Wie was ek dan om God te probeer verhinder?” sê Petrus oor die bekering van Kornelius);
  • nie die sekulêre leiers nie (12:23 “Herodes is deur wurms verteer” soos ook deur Josephus beskrywe);
  • nie die Judaïseerders in die kerk nie (15:10 ”Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel …?”);
  • nie die godsdienstige en sekulêre teenstand van die Grieke nie (hfst. 16 – die stadsbestuur in Filippi en hfst. 19 – die godsdienstige handelaars in Efese);
  • nie skipbreuk of slange nie (hfst. 27-28).
  • Daarom sluit die boek af met die opmerking dat Paulus ‘n volle twee jaar lank met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering die koninkryk van God kon verkondig en die mense ales oor die Here Jesus Christus geleer het!

Die evangelie versprei horisontaal na die heidene – dié wat deur die Joodse eksklusiwiteit gemarginaliseer is (anders as in die eerste verhaal waar die vertikale impak van die evangelie op alle Jode vertel word).

  • Die Jode bly uiteraard steeds ontvangers van die goeie nuus.
  • Die sinagoges bly ook die primêre plek van waar af die evangelie versprei is.
  • Paulus pleit tot aan die einde van die verhaal by Jode om tot inkeer te kom.

Die kerk word al hoe meer saamgestel uit gelowiges uit die heidense volke – terwyl die Jode in die diaspora en die Joodse leiers in Jerusalem die teenstand aanvuur.

Die “ons” in die verhaal in 16:10-17 (Troas) en weer in 20:5 (Troas) tot in 21:19 (Jerusalem) en dan weer by 27:1-28:16 (van Sesarea tot in Rome).  Dit is Lukas as ooggetuie wat hier skryf en die detail is volop en lewendig (moontlik ‘n joernaal?).

Handelinge, Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar