WEEK 1: Lukas 1:1-4:13
Voor ons begin om te lees, ’n paar opmerkings wat meer breedvoerig in die inleidende gedeeltes hanteer word:
- Die doel van ons reis deur Lukas en Handelinge is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg. Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal. Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
- Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
- ! – IETS WAT JOU GETREF HET
- ? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
- ↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
- Onthou om kommentaar te lewer op die webtuiste en jou vrae te vra. So leer ons almal by mekaar.
- Die skrywer Lukas was ‘n dokter wat Paulus soms vergesel het – Kol 4:14 – die enigste “heidense” outeur in die Bybel.
- In die evangelie van Lukas vertel hy die storie van die redding van Israel wat Jesus bring. Hierdie verhaal is heel moontlik na die val van Jerusalem in 70 n.C. geskrywe. Hoewel dit spesifiek gerig word aan Teofilus – wat andersins onbekend is, maar waarskynlik die publikasie onderskryf het – blyk dit duidelik uit die boodskap dat dit gerig is aan Christene uit die heidense nasies. Daarom plaas Lukas die verhaal in die konteks van die wêreldgeskiedenis (hfst. 2-3), gee hy ’n geslagsregister tot by Adam, en sluit hy die voortgaande grensoorskrydende bediening van die Gees van die begin af in (hfst. 1). Die kerk is vir hom in die evangelie van Lukas veral die plek waar alle Jode welkom is, wat verklaar hoekom hy bv. spesifiek aandag gegee het aan die stories van vroue.
- In die Handelinge van die apostels sit Lukas hierdie verhaal voort, waar die kerk geskets word as die plek waar mense uit alle kulture welkom is (akkulturasie), maar ook deur die evangelie verander word (inkarnasie) waarin Jesus en veral die Heilige Gees die leidende rol speel.
- Hoofstuk 1-2 lei die verhaal in en antisipeer al die hooftemas. Let op na:
- Verwysings na Ou Testament beloftes
- Jesus as die Dawidiese koning
- Die Redding van Israel
- Die insluiting van die heidene
- God wat omgee vir die armes
- Die rol van die Heilige Gees
- Die verwagte teenstand
- Die vreugde oor die evangelie van Jesus
- Hoofstuk 3-4:13 verbind die bediening van Johannes die doper en Jesus.
- Jesus word voorgestel aan Israel as ‘n gedoopte en ‘n getoetste.
- Hy word deur sy geslagsregister, wat tot by Adam gegee word, aan die heidense sending gekoppel.
Breër inleidende artikels
Vir dié wat nog nie die inleiding gelees het nie, hier is die skakels daarheen:
- Lees Lukas-Handelinge deur saam met my
- Fokus op die betekenis van die Skrifgedeeltes
- Lukas-Handelinge se leesplan
- Die evangelies se unieke Jesus portrette
- Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies
- Oorsig van Lukas
- Riglyne vir die lees van Lukas
- Oorsig van Handelinge
- Riglyne vir die lees van Handelinge
- Inligting oor die streke waar die evangelie verkondig is
- Kulture
View all posts in this series
- WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 - Jul 21, 2011
- Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe
- Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede - Jul 22, 2011
- Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here - Jul 25, 2011
- Lukas 3:1-38 – Jesus is familie van alle mense - Jul 26, 2011
- Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets - Jul 27, 2011
- WEEK 2: Lukas 4:14-9:50 - Jul 28, 2011
- Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes
- Lukas 6:1-49 – Luister en Leef - Jul 29, 2011
- Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief - Aug 1, 2011
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed - Aug 2, 2011
- Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het - Aug 3, 2011
- WEEK 3: Lukas 9:51-19:44 - Aug 4, 2011
- Lukas 9:51-11:54 – Gefokus op God en die naaste
- Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar - Aug 5, 2011
- Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes - Aug 8, 2011
- Lukas 16:1-17:37 – Dissipels leef met integriteit en genade - Aug 9, 2011
- Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord - Aug 10, 2011
- WEEK 4: Lukas 19:45-24:53 - Aug 11, 2011
- Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid
- Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed - Aug 12, 2011
- Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons - Aug 15, 2011
- Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges - Aug 16, 2011
- Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan - Aug 17, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016
- Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het - Mar 21, 2017
- Die koninkryk van God is soos suurdeeg - Feb 27, 2019
- Droom – Doel – Doen - Apr 3, 2019
Johann Viljee
Ek vra net:
Verwys Maleagi 4:5-6 en Lukas 1:17 nie na die tienduisende kinders in SA (en reg oor die wereld) wat na hul biologiese ouers soek nie. In ‘n mindere maat soek die ouers ook na hul biologiese kinders?
Chris van Wyk
Hi – In die eerste plek verwys dit na die versoening wat in families binne die geloofsgemeenskap sal kom, dat ouers saam met hulle kinders die Here sal dien. Dit sluit natuurlik in die tweede plek versoening in binne families wat uitmekaar geruk is deur watter krisis ook al, ook in dié gevalle waarna jy verwys.