Skip to main content

WEEK 1: Lukas 1:1-4:13

Voor ons begin om te lees, ’n paar opmerkings wat meer breedvoerig in die inleidende gedeeltes hanteer word:
  • Die doel van ons reis deur Lukas en Handelinge is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg.   Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal.  Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
  • Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel.  Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
  • ! – IETS WAT JOU GETREF HET
  • ? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
  • – IETS VAN GROOT BETEKENIS
  • Onthou om kommentaar te lewer op die webtuiste en jou vrae te vra.  So leer ons almal by mekaar.
  • Die skrywer Lukas was ‘n dokter wat Paulus soms vergesel het – Kol 4:14 – die enigste “heidense” outeur in die Bybel.
  • In die evangelie van Lukas vertel hy die storie van die redding van Israel wat Jesus bring.  Hierdie verhaal is heel moontlik na die val van Jerusalem in 70 n.C. geskrywe. Hoewel dit spesifiek gerig word aan Teofilus – wat andersins onbekend is, maar waarskynlik die publikasie onderskryf het – blyk dit duidelik uit die boodskap dat dit gerig is aan Christene uit die heidense nasies.  Daarom plaas Lukas die verhaal in die konteks van die wêreldgeskiedenis (hfst. 2-3), gee hy ’n geslagsregister tot by Adam, en sluit hy die voortgaande grensoorskrydende bediening van die Gees van die begin af in (hfst. 1).  Die kerk is vir hom in die evangelie van Lukas veral die plek waar alle Jode welkom is, wat verklaar hoekom hy bv. spesifiek aandag gegee het aan die stories van vroue.
  • In die Handelinge van die apostels sit Lukas hierdie verhaal voort, waar die kerk geskets word as die plek waar mense uit alle kulture welkom is (akkulturasie), maar ook deur die evangelie verander word (inkarnasie) waarin Jesus en veral die Heilige Gees die leidende rol speel.
  • Hoofstuk 1-2 lei die verhaal in en antisipeer al die hooftemas.  Let op na:
  • Verwysings na Ou Testament beloftes
  • Jesus as die Dawidiese koning
  • Die Redding van Israel
  • Die insluiting van die heidene
  • God wat omgee vir die armes
  • Die rol van die Heilige Gees
  • Die verwagte teenstand
  • Die vreugde oor die evangelie van Jesus
  • Hoofstuk 3-4:13 verbind die bediening van Johannes die doper en Jesus.
  • Jesus word voorgestel aan Israel as ‘n gedoopte en ‘n getoetste.
  • Hy word deur sy geslagsregister, wat tot by Adam gegee word, aan die heidense sending gekoppel.

Breër inleidende artikels

Vir dié wat nog nie die inleiding gelees het nie, hier is die skakels daarheen:

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.