Skip to main content

Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar

Markus

Jesus se lering oor die gevaar van afvalligheid word voortgesit met die unieke uitdrukking:  “Elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout  gesout word”, wat vertaal word met “Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.”  Die Jode sou weet dat dit die gebruik was om alle offers te sout (Lev 2:13; Eseg 43:24).  Hier word die offeraar egter ook met vuur gesout.  Jesus gebruik dus die beeld om na die lyding en loutering van die dissipels te verwys (1 Pet 1:7; 4:12 – vgl ook Matt 3:11) as hulle regtig getrou aan Hom wil bly. Let ook op hoe die beeld van vuur terugverwys na die vuur van Gehenna in die vorige perikoop.  Dit is óf die vuur van die hel óf die vuur van loutering – dié een is ewig, die ander tydelik.

Maar tog moet die dissipels ook sout wees.  En soos die sout van die Dooie See soms sy soutgehalte verloor het, moet hulle waak daarteen om nie bv. deur te wonder wie nou die belangrikste sal wees nie, in onvrede met mekaar te lewe nie en hulle effektiwiteit te verloor nie.  Jesus roep sy mense daarmee op om soos sout te wees, lewe te gee in die wêreld, en met mekaar in vrede te lewe.

Dit loop uit op die lering van ‘n verdere gevaar, die gevaar van egskeiding.  Jesus is op pad na Judea oorkant die Jordaan en leer weereens die skares sowel as die Fariseërs, wat hom hierdie keer op die proef probeer stel met die vraag na egskeiding.  Hy sou nooit weer na Galilea terugkeer nie.  Jesus verwys eers na hulle brondokument, Moses se wet, en verklaar Moses se toegewing rondom ‘n egskeidingsbrief as iets wat God toegelaat het weens die hardheid van hulle harte.  Eintlik het Moses se reëling die vrou beskerm sodat daar nie vanweë allerlei onbelangrike sake tot egskeiding oorgegaan kon word  nie.

Van die skepping af geld egter die reël dat wie God saamgevoeg het, nie deur ‘n mens geskei mag word nie met verwysing na Gen 1:27 en 2:24.  Jesus verklaar die kwessie oor egskeiding hiermee as ‘n geestelike saak, en nie net ‘n wetlike soos die Jode daarmee gehandel het nie.  Waar die soeklig in lyding geval het op getrouheid in die vuur van beproewing, val die soeklig hier op lojaliteit in die huwelik.  Vrouens mag nie soos ‘n besitting gereken word, wat jy met ‘n transaksie in of uit jou lewe gereël het nie, maar as ‘n lewensmaat.  Met hierdie uitspraak verklaar hy egter ook implisiet dat Herodes ook skuldig is aan egbreuk, soos Johannes die Doper ook gedoen het en met sy lewe daarvoor geboet het.  En dit is deur Herodes se gebied waardeur hy waarskynlik op dié stadium reis, en laat ‘n mens wonder in watter mate dit later ‘n rol gespeel het in die afwysende houding van Herodes en sy volgelinge met Jesus se verhoor.  (Jesus noem hom ‘n jakkals in Lukas 13.)

Weereens is daar ‘n private gesprek van die dissipels met Jesus in die huis waarin hy nie net egbreuk deur mans  afkeur nie, maar ook egbreuk wat deur vrouens gepleeg word.  Dit was immers in Joodse geledere die geval dat normaalweg net die mans van hulle vrouens kon skei en nie baie min andersom, hoewel die Grieke en Romeine ander reëlings gehad het.  Maar, omdat dit bekend was dat Herodias, anders as die Joodse gebruik, van haar man geskei het, sluit Jesus vroue ook nou in sy egskeidingsreëling.

Hierdie kompromielose siening van Jesus moet gesien word in die lig van 1) die skeppingswil van God wat mense gemaak het om lewensmaats vir mekaar te wees, en 2) die hoë standaard wat Hy van sy dissipels verwag, om net so lojaal aan mekaar te wees in die huwelik as wat hulle aan God self is.  Daarin hoor mens alreeds die opsomming van die wet weerklink, om God en jou naaste soos jouself lief te hê, dws ook jou maat.

Weer word kindertjies ingebring in die teenwoordigheid van Jesus, hierdie keer deur die skare, wat wou hê dat Hy hulle aanraak.  Die dissipels het met die mense daaroor geraas, maar Jesus was verontwaardig en gesê dat kindertjies na Hom toe mag kom, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.  Daarby verseker Hy almal teenwoordig dat die koninkryk van God soos ‘n kindjie ontvang moet word.  Vertroue op God eerder as groot insig was vir Hom belangrik.  Hy het sy arms om hulle gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.  (Vergelyk die evangelie van Thomas 22 vir ‘n gnostiese mistiese parallel.)

Matteus en Lukas

Matteus voeg die frase by dat die sout niks werd word as dit verslaan is, dws sy krag verloor het.  Dit word buite weggegooi en word vertrap.  Lukas brei daarop uit en sê dat dit nie eers bruikbaar is vir die grond of vir die mishoop nie, en voeg die veelseggende frase by: “Wie ore het om te hoor, moet luister!”

Matteus en Lukas plaas die gesprek oor die egskeiding in die konteks van die Bergrede/Vlakterede, met Lukas wat net ‘n kort verwysing daarheen het, maar wel  ‘n ekstra gevolg van egskeiding uitspel, dat iemand wat met ‘n geskeide vrou trou, ook egbreuk pleeg.  Matteus bly by Markus se motivering, maar lê dit ook uit met ‘n ekstra gevolg van egskeiding, dat die vrou met wie ‘n man egskei, behalwe waar sy owerspel gepleeg het, deur die man se aksies as egbreker gereken sal word.

Hoewel die orde van die vertelling verskil met Markus se weergawe, is die detail min of meer dieselfde, met onder andere die klem op die rol van owerspel wat bygevoeg word, waar Markus nie daaroor praat nie

Die verhaal van Jesus wat die kindertjies seën word effens korter vertel deur Matteus en Lukas, met Matteus wat ook byvoeg dat die mense die kindertjies na Jesus gebring het dat Hy vir hulle kan bid.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

getrouheid, lojaliteit, Markus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda