Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag
5:1-11
Dit illustreer iets van God se heiligheid wat ons vandag nie na waarde skat nie. Ons dink dat sy geduld met ons swakhede gelyk is aan ’n oorsien- en laat-maar-staan houding. Oral waar Hy regtig gedien word, en die koninkryk in Sy krag kom, word die standaard vir die gelowiges gelig, juis omdat hulle nader aan Hom leef en daarom met groter verantwoordelikheid en ontsag moet lewe vir wat God wil en doen. Niemand lieg vir God en kom uiteindelik daarmee weg nie.
Hierdie heiligheid is egter nie ’n afsonderingsaksie soos ons meer male daaroor dink nie. Dit is eerder ’n spesifieke manier van leef, ’n leef as kinders van die lig, waarin daar in ons eie en die gemeenskap se lewe nie vir die duisternis plek is nie. Die woord heilig kan daarom beter verstaan word as “om te straal” of “om te skitter” van God se karakter van heiligheid en heerlikheid.
5:12-16
Daarmee saam het die apostels ‘n groot wonderwerk en genesingsbediening begin opbou. Die wonders en tekens bediening word voortgesit. Die helende krag wat van hierdie heilige skitterende gemeenskap uitstraal verander mense se lewens radikaal. Aan die een kant lei die gebeure rondom Ananias en Saffira tot heling vir mense en tot ’n toename in geloof. Aan die ander kant neem die vrees en respek vir die dissipels toe onder dié wie se lewens eintlik ontbloot word deur die lig van God.
5:17-42
En dit is juis omdat hulle lewens die lig van God nie kan verdra nie, dat hulle vrees in ’n toenemende konflik en teëstand oorspoel, en ’n grootskaalse vervolging uitbreek. En let op, dit gebeur in die konteks van ‘n kerk wat groei in heiligheid en heling, ‘n kerk wat na binne en na buite met integriteit en impak lewe, maar wat onder die skoot kom van mense wat die duisternis liewer het as die lig.
Dit tref my hoe vervolging, soos hier, baie keer met afguns te make het, een van die oersondes van die mens.
Die Here gryp egter in en verlos sy mense uit die tronk en hulle sit hul bediening voort. Dit is opmerklik hoe die Joodse Raad reageer op die wonder van God se verlossing. Hulle is ontsteld oor hulle gesag uitgedaag word (Petrus-hulle verontagsaam hulle verbod op prediking) en hulle beeld voor die volk benadeel word (deurdat die dissipels die Joodse Raad en volk verantwoordelik hou vir Jesus se dood). Hulle mis so die betekenis van wat hier gebeur, dat God aan die werk is, en dat Hy hulle eintlik uitnooi tot bekering en nuwe lewe.
Gamaliël bring vir ‘n tyd ‘n bietjie redelikheid, wat die dissipels nog ‘n klein tydjie gee om voort te gaan met hulle bediening.
6:1-7
Die vrygewigheid wat in die gemeente posgevat het, en deur Barnabas gestimuleer is, versprei ook na die Griekse weduwees. Let op dat die gemeente begin besef dat daar sekere strukture nodig is, en dat dinge nie maar net op ‘n spontane manier gehanteer kan word nie. 7 manne word gekies om na die versorging om te sien.
Lukas beëindig die eerste fase van sy verhaal met die bekende frase: “Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem” waarna die evangelie oor sy eerste grense gaan begin spoel op pad om die wêreld te verower.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - August 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - August 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - August 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - August 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - August 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - August 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - August 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - August 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - August 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - August 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - September 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - September 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - September 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - September 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - September 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - September 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - September 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - September 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - September 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - September 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - September 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - September 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - September 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - September 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - September 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - September 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - September 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - September 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - September 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - September 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016