Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword
Hier word Paulus se toespraak redelik volledig weergegee omdat hierdie tipe boodskap ’n sleutelrol gespeel het in die verspreiding van die evangelie deur die hele bekende wêreld van daardie tyd. Natuurlik het die getuienis oor Jesus op baie ander wyses ook versprei, waarin veral gewone gelowiges se vrymoedige verkondiging van Jesus ’n belangrike rol gespeel het. Maar die toesprake van Paulus en ander het die verbeelding van hele stede aangegryp en baie bygedra tot die bekendstelling van Jesus as Verlosser aan alle nasies. Dit wys net vir my hoe beide die private ruimtes – een-tot-een getuienisse – en die publieke ruimtes – groot byeenkomste – deur die Here ingespan word om die evangelie by mense uit te kry.
Let hoe Paulus in sy toespraak ’n baie sterk klem lê op die opstanding van die Verlosser as die mikpunt van die hele geskiedenis van die Godsvolk. Dit is die logiese uiteinde van God se verkiesing van sy volk (met die fokus veral op Dawid, die man na God se hart (Ps 89:21; I Sam 13:14). In hierdie Joodse konteks kontrasteer Paulus ook die verlossing deur die wet met die verlossing deur Christus en lewer ’n sterk appèl dat hulle God nie moet verag nie.
Let op hoe dit beide die Woord van God (die OT Skrifte) en die woord van God (die prediking deur die apostels) is wat geloof bewerk by die gehoor. God se Woord en ons woorde werk saam om die koninkryk te laat kom.
Die hele week daarna is daar verdere gesprekke waarin Paulus en Barnabas mense aangemoedig het om op die genade van God te bly vertrou, maar die volgende sabbatdag kom daar egter sterk teëstand van die Jode. In plaas daarvan om bly te wees dat daar soveel mense in die sinagoge bymekaar gekom het om die woord van die Here te hoor, word hulle met afguns vervul en begin hulle Paulus onderbreek in sy verwoording van die evangelie en tree baie beledigend op.
Lukas se perspektief hierop is dat aan die een kant die Jode se teëstand duidelik uitwys dat hulle die ewige lewe nie werd is nie (hulle spreek ’n oordeel oor hulleself uit!), met aan die ander kant die geloof wat onder die heidene posvat ’n bewys van God se verkiesing wat nie meer grense ken nie. God se werk word sigbaar in die keuses wat mense maak.
Soos ek op ’n ander plek hieroor skrywe: “Daarmee word as’t ware ’n historiese blik, en nie ’n dogmatiese een nie, gegee op ’n tergende teologiese probleem, naamlik hoekom Israel, die Godsvolk, die evangelie teëstaan, en die heidene dit aanvaar. Later in die brief aan die Romeine sou Paulus verder ook dogmaties hieroor reflekteer (Rom 9 – 11).” (Barnabas: 2011)
Iets wat ’n mens maklik mis in die huidige Afrikaanse vertaling, is dat Lukas van die gelowiges as dissipels praat. In vers 52 word eintlik van die “dissipels in Antiogië” gepraat (en nie van die “gelowiges in Antiogië” nie) waarmee Lukas onomwonde uitwys dat die verkondiging van die evangelie op dissipel-making uitloop (Matt 28:19) en dat geloof in Jesus in dissipelskap tot sy reg kom.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - August 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - August 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - August 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - August 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - August 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - August 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - August 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - August 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - August 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - August 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - September 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - September 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - September 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - September 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - September 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - September 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - September 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - September 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - September 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - September 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - September 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - September 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - September 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - September 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - September 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - September 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - September 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - September 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - September 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - September 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar